‘n IT-deskundige van die lugredery British Airways het Donderdag in ‘n Britse hof verskyn nadat hy daarvan aangekla is daarvan dat hy ‘n selfmoordbomaanval beplan het.
Die 30-jarige Rajib Karim, oorspronklik van Bangladesh, word van drie oortredings aangekla.
Die klagtes spruit voort uit 'n selfmoordbomaanvalsplan wat hy glo wou uitgevoer het.
Hy word daarvan aangekla dat hy in Brittanje gaan woon het, sodoende ‘n paspoort bekom het en werk by British Airways gekry het as deel van die komplot.
Staatsaanklaers beweer dat hy inligting oor sy werk met ander gedeel het.
Hy het ook glo geld ingesamel en aan terroristiese groepe oorsee gestuur.
Hy sal later die maand weer in die hof verskyn.
| < Vorige | Volgende > |
|---|








