praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 17. May 2012

Bygewerk op:04:37:53 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus 'Occupy' die kleinhuisie!

'Occupy' die kleinhuisie!

E-pos Afdruk PDF

’n  Sjinese student hoop om ’n  heldin vir vroue regoor die wêreld te word deur ’n 'Occupy' of besettingsbeweging van haar eie te loods – in die mans se toilette.

Lie Tiengtieng het opskrifte gemaak toe sy en 20 ander vroue in ’n  manstoilet in die suidelike stad van Ghoeangzjoe ingemarsjeer het met kleurvolle plakkate wat aandring vir ewe lang wagtye vir albei geslagte.

Nou is sy van plan om haar protesoptrede na die hoofstad, Beijing, waar Sjina se leiers volgende maand sal vergader vir die land se jaarlikse vergadering van die rubberstempelparlement, te neem.

“Ons wil hê senior amptenare moet kennis neem van die vraagstuk,” het sy vir AFP gesê. “Dit is ’n  gewigtige kwessie vir baie vroue. Gedurende die protes in Ghoeangzjoe het ons lukrake peilings gedoen en gevind die meeste mense ondersteun ons.”

Plaaslike media het na die protes berig dat provinsiale owerhede in Ghoeangzjoe gereageer het deur in te stem om die getal vrouetoilette met 50 persent te verhoog – ’n onderneming, sê Lie, wat landswyd geneem moet word.

Die vraagstuk het ’n  debat op die internet ontketen, hoewel nie almal ewe beïndruk is deur die protes nie.

“Die  Amerikaners beset Wallstraat, die Sjinese beset toilette. Dit is ’n  groot verskil,” het een woernaler onder die naam Hoeasjoe Zian geskryf.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: