Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Naamsveranderings kom in Kaapstad

Naamsveranderings kom in Kaapstad

E-pos Afdruk PDF
Naamsveranderings vóór die komende munisipale verkiesings in die Moederstad is amptelik Woensdag op die maandelikse stadsraadsvergadering aangekondig deur Dan Plato. 

Die DA gaan die naamsveranderingsproses in Kaapstad steun, ten spyte van groot teenkanting uit Afrikanergeledere.

Peter Gabriel, ANC-hoofsweep in die stadsraad, het aan Plato, burgemeester, gevra wanneer straatname gaan verander.

Plato wil die veranderings glo finaliseer voor die plaaslike verkiesings. "Ons weet presies in watter rigting ons gaan," het hy aan die Burger gesê.

Alhoewel Plato meen die kwessie moet nie "as 'n speelbal van verkiesingspolitiek gebruik word nie", het hy 'n spesiale taakspan onder leiding van Owen Kinahan aangestel om die koste van die naamsveranderinge sowel as die rol wat die publiek gaan speel, te ondersoek.

Van die voorstelle sluit in dat Andries Pretoriusstraat verander word na Orangestraat, Coen Steytlerlaan na Walter Sisululaan, De Waal-rylaan na Phillip Kgosana-rylaan, D.F. Malanstraat na David Poole-straat, Frans Conradie-rylaan na Acrestraat, Hans Strijdomlaan na Albert Luthuli-laan, Hendrik Verwoerd-rylaan na Beyers Naudé-rylaan, Hertzog Boulevard na Nelson Mandela Boulevard, Jan Smutsstraat in Athlone na Dullah Omar-rylaan en Jan Smutsrylaan in Simonstad na Fred Carneson-rylaan, Oswald Pirowstraat na Christiaan Barnard-rylaan en Nico Malanstraat na David Rabkinstraat.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: