praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 17. May 2012

Bygewerk op:04:37:53 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Praag op jou selfoon!

Praag op jou selfoon!

E-pos Afdruk PDF

Praag het nog 'n nuutjie: die webblad op jou selfoon! Tot dusver het webblaaie baie stadig op selfone afgelaai weens foto's en  allerlei elemente wat internetbladsye groot en lomp maak.

Danksy nuwe tegnologie wat ons so pas toegepas het, "weet" die Praagwebwerf nou as mens dit vanaf 'n selfoon besoek en haal dit  outomaties alle foto's en onnodige element wat die aflaai en lees stadiger maak af. Die resultaat is 'n leesbare nuus- en kommentaarblad. Sien Praag se nuus te eniger tyd op enige plek direk op jou selfoon! In 'n vergadering of lesingsaal, in die dokterswagkamer, net waar jy wil.

Dit werk natuurlik die beste op fone met groter skerms soos PDA's, maar selfs op 'n normale of klein selfoonskerm kan mens dit gemaklik lees en laai die bladsye feitlik ewe vinnig as op 'n rekenaar af.

Die Praagnuusblad bevat kort en bondige nuusberigte en langer rubriekartikels omdat die blad hom posisioneer vir die samevloeiing van tegnologie met nuus, vermaak, epos en kommunikasie wat toenemend op selfone plaasvind en nie meer op rekenaars nie.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: