Jy is hier: Motors

Motors

McLaren maak dit 1 en 2 in Kanada

E-pos Afdruk PDF

Lewis HamiltonDie Britse renjaer Lewis Hamilton het die voortou geneem in die F1-bestuurderskampioenskap tydens sy oorwinning op die  Gilles Villeneuve-renbaan in Montreal, Kanada.

McLaren het ook die voortou geneem in die vervaardigerstryd nadat Hamilton se spanmaat en huidige wêreldkampioen Jenson Button tweede oor die wenstreep gejaag het. Ferrari se Fernando Alonso moes met ‘n derde plek tevrede wees nadat die McLarens regte spoed getoon het tydens die wedren. Die twee RedBulls van Webber en Vettel was onderskeidelik  vierde en vyfde. Webber, wat die voorloper op die bestuurderspunteleer was, is nou deur beide Hamilton en Button verbygesteek. Die volledige uitslae van die Kanadese F1 Grand Prix is soos volg:

Pleknr.

 

Bestuurder

Span

Rondtes

Tyd/Uit

Wegsp

Punte

1

2

Lewis Hamilton

McLaren-Mercedes

70

1:33:53.456

1

25

2

1

Jenson Button

McLaren-Mercedes

70

+2.2 sek

4

18

3

8

Fernando Alonso

Ferrari

70

+9.2 sek

3

15

4

5

Sebastian Vettel

RBR-Renault

70

+37.8 sek

2

12

5

6

Mark Webber

RBR-Renault

70

+39.2 sek

7

10

6

4

Nico Rosberg

Mercedes GP

70

+56.0 sek

10

8

7

11

Robert Kubica

Renault

70

+57.3 sek

8

6

8

16

Sebastien Buemi

STR-Ferrari

69

+1 Rondte

15

4

9

15

Vitantonio Liuzzi

Force India-Mercedes

69

+1 Rondte

5

2

10

14

Adrian Sutil

Force India-Mercedes

69

+1 Rondte

9

1

11

3

Michael Schumacher

Mercedes GP

69

+1 Rondte

13

 

12

17

Jaime Alguersuari

STR-Ferrari

69

+1 Rondte

16

 

13

10

Nico Hulkenberg

Williams-Cosworth

69

+1 Rondte

12

 

14

9

Rubens Barrichello

Williams-Cosworth

69

+1 Rondte

11

 

15

7

Felipe Massa

Ferrari

69

+1 Rondte

6

 

16

19

Heikki Kovalainen

Lotus-Cosworth

68

+2 Rondtes

19

 

17

12

Vitaly Petrov

Renault

68

+2 Rondtes

14

 

18

20

Karun Chandhok

HRT-Cosworth

66

+4 Rondtes

24

 

19

25

Lucas di Grassi

Virgin-Cosworth

65

+5 Rondtes

23

 

Uit

24

Timo Glock

Virgin-Cosworth

50

+20 Rondte

21

 

Uit

18

Jarno Trulli

Lotus-Cosworth

42

+28 Rondte

20

 

Uit

22

Pedro de la Rosa

BMW Sauber-Ferrari

30

+40 Rondte

17

 

Uit

21

Bruno Senna

HRT-Cosworth

13

+57 Rondte

22

 

Uit

23

Kamui Kobayashi

BMW Sauber-Ferrari

1

+69 Rondte

18

 

 

Die voledige punte stand van die bestuurders en die spanne is soos volg;

Pos

Span

Punte

1

McLaren-Mercedes

215

2

RBR-Renault

193

3

Ferrari

161

4

Mercedes GP

108

5

Renault

79

6

Force India-Mercedes

35

7

STR-Ferrari

8

8

Williams-Cosworth

8

9

BMW Sauber-Ferrari

1

10

Lotus-Cosworth

0

11

HRT-Cosworth

0

12

Virgin-Cosworth

0

 

Pos

Bestuurder

Land

Span

Punte

1

Lewis Hamilton

Britanje

McLaren-Mercedes

109

2

Jenson Button

Britanje

McLaren-Mercedes

106

3

Mark Webber

Aust

RBR-Renault

103

4

Fernando Alonso

Spanje

Ferrari

94

5

Sebastian Vettel

Duitsl

RBR-Renault

90

6

Nico Rosberg

Duitsl

Mercedes GP

74

7

Robert Kubica

Pole

Renault

73

8

Felipe Massa

Brazilie

Ferrari

67

9

Michael Schumacher

Duitsl

Mercedes GP

34

10

Adrian Sutil

Duitsl

Force India-Mercedes

23

11

Vitantonio Liuzzi

Italie

Force India-Mercedes

12

12

Rubens Barrichello

Brazilie

Williams-Cosworth

7

13

Vitaly Petrov

Rusland

Renault

6

14

Sebastien Buemi

Switserl

STR-Ferrari

5

15

Jaime Alguersuari

Spanje

STR-Ferrari

3

16

Kamui Kobayashi

Japan

BMW Sauber-Ferrari

1

17

Nico Hulkenberg

Duitsl

Williams-Cosworth

1

18

Pedro de la Rosa

Spanje

BMW Sauber-Ferrari

0

19

Heikki Kovalainen

Finland

Lotus-Cosworth

0

20

Karun Chandhok

Indie

HRT-Cosworth

0

21

Lucas di Grassi

Brazilie

Virgin-Cosworth

0

22

Jarno Trulli

Italie

Lotus-Cosworth

0

23

Bruno Senna

Brazilie

HRT-Cosworth

0

24

Timo Glock

Duitsl

Virgin-Cosworth

0

Die volgende wedren is die Europese Grand Prix in Valençia, Spanje op die 27ste Junie.

Laas Opdateer op Woensdag, 16 Junie 2010 08:54

Die naweek van die Bulle!

E-pos Afdruk PDF
Mark WebberAs jy ‘n Bul-ondersteuner is, was die afgelope twee weke sekerlik van die aangenaamste weke van jou lewe. Plaaslik praat ons natuurlik van die Blou Bulle, maar in die res van die wêreld is dit die F1 Rooi Bulle wat die plek aan flarde jaag.

Die Red Bull-span van Sebastian Vettel en Mark Webber het dié jaar sover eenvoudig oorheers. Nie net hulle hulle al talle male eerste en tweede op die wegspringblokke beland nie, maar aan die ander kant van die baan op die podium ook.

Sondag se Monaco Grand Prix was soos elke tweede jaar ‘n groot skouspel,  dit is nou van die baan af. Op die befaamde straatbaan het die vonke behoorlik gespat. Die wedren is male sonder tal tot stilstand gebring vir een of ander ongeluk.

Die motors lyk my is heeltemal te kragtig en vinnig vir die kort, smal straatbaan in die suide van Frankryk. Schumacher is gepenaliseer omdat hy onwettig by Alonso verbygesteek het terwyl die veiligheidsmotor nog op die baan was. Dit was natuurlik nadat Alonso  van heel agter af moes wegspring ná hy in Saterdag se laaste vry oefenrondte ‘n ongeluk gemaak het. 

Volgens Schumacher was hy reg en Mercedes het ‘n appèl teen die penalisering van Schummie aanhangig gemaak. As mens daaraan dink dat albei die Red Bulls, sowel as Robert Kubica wat derde geëindig het,  Renault-enjins in hulle motors het was dit werklik Renault se seisoen tot dusver. Alonso se spanmaat Massa in die ander Ferrari het vierde geëindig en Alonso self 7de nadat hy die baan aan die brand gery het in die eerste helfte van die wedren. Hamilton in sy Mclaren was 5de en sy Britse spanmaat en huidigw wêreldkampioen Button, moes handdoek ingooi nadat sy Mclaren oorverhit het tydens een van die veigheidsmotors se tydjie op die baan.

Die finale uitslag van die 2010 Monaco Grand Prix lyk soos volg en die punteleer vir die spanne sowel as die bestuurders lyk so:

Posisie

Bestuurder

Span

Rondtes

Tyd/Uit

Wegspring

Punte

1

Mark Webber

RBR-Renault

78

Winner

1

25

2

Sebastian Vettel

RBR-Renault

78

+0.4 sek

3

18

3

Robert Kubica

Renault

78

+1.6 sek

2

15

4

Felipe Massa

Ferrari

78

+2.6 sek

4

12

5

Lewis Hamilton

McLaren-Mercedes

78

+4.3 sek

5

10

6

Michael Schumacher

Mercedes GP

78

+5.7 sek

7

8

7

Fernando Alonso

Ferrari

78

+6.3 sek

24

6

8

Nico Rosberg

Mercedes GP

78

+6.6 sek

6

4

9

Adrian Sutil

Force India-Mercedes

78

+6.9 sek

12

2

10

Vitantonio Liuzzi

Force India-Mercedes

78

+7.3 sek

10

1

11

Sebastien Buemi

STR-Ferrari

78

+8.1 sek

13

 

12

Jaime Alguersuari

STR-Ferrari

78

+9.1 sek

17

 

13

Vitaly Petrov

Renault

73

+5 Rondtes

14

 

 

Karun Chandhok

HRT-Cosworth

70

Ongeluk

23

 

 

Jarno Trulli

Lotus-Cosworth

70

Ongeluk

19

 

 

Heikki Kovalainen

Lotus-Cosworth

58

Stuur

18

 

14

Bruno Senna

HRT-Cosworth

58

+20 Rondtes

22

 

 

Rubens Barrichello

Williams-Cosworth

30

Ongeluk

9

 

 

Kamui Kobayashi

BMW Sauber-Ferrari

26

Ratkas

16

 

 

Lucas di Grassi

Virgin-Cosworth

25

Wiel probleem

21

 

 

Timo Glock

Virgin-Cosworth

22

Agter Veering

20

 

 

Pedro de la Rosa

BMW Sauber-Ferrari

21

Hidrolies

15

 

 

Jenson Button

McLaren-Mercedes

2

Enjin

8

 

 

Nico Hulkenberg

Williams-Cosworth

0

Ongeluk

11

 

 

Pos

Span

Punte

1

RBR-Renault

156

2

Ferrari

136

3

McLaren-Mercedes

129

4

Mercedes GP

78

5

Renault

65

6

Force India-Mercedes

30

7

Williams-Cosworth

8

8

STR-Ferrari

4

9

BMW Sauber-Ferrari

0

10

Lotus-Cosworth

0

11

HRT-Cosworth

0

12

Virgin-Cosworth

0

Pos

Bestuurder

Afkoms

Span

Punte

1

Mark Webber

Australie

RBR-Renault

78

2

Sebastian Vettel

Duits

RBR-Renault

78

3

Fernando Alonso

Spaans

Ferrari

75

4

Jenson Button

Brits

McLaren-Mercedes

70

5

Felipe Massa

Braziliaan

Ferrari

61

6

Robert Kubica

Pools

Renault

59

7

Lewis Hamilton

Brits

McLaren-Mercedes

59

8

Nico Rosberg

Duits

Mercedes GP

56

9

Michael Schumacher

Duits

Mercedes GP

22

10

Adrian Sutil

Duits

Force India-Mercedes

20

11

Vitantonio Liuzzi

Italiaans

Force India-Mercedes

10

12

Rubens Barrichello

Braziliaan

Williams-Cosworth

7

13

Vitaly Petrov

Russies

Renault

6

14

Jaime Alguersuari

Spaans

STR-Ferrari

3

15

Sebastien Buemi

Switsers

STR-Ferrari

1

16

Nico Hulkenberg

Duits

Williams-Cosworth

1

17

Pedro de la Rosa

Spaans

BMW Sauber-Ferrari

0

18

Kamui Kobayashi

Japanees

BMW Sauber-Ferrari

0

19

Heikki Kovalainen

Fin

Lotus-Cosworth

0

20

Karun Chandhok

Indiaan

HRT-Cosworth

0

21

Lucas di Grassi

Braziliaan

Virgin-Cosworth

0

22

Jarno Trulli

Italiaans

Lotus-Cosworth

0

23

Bruno Senna

Braziliaan

HRT-Cosworth

0

24

Timo Glock

Duits

Virgin-Cosworth

0

 

Laas Opdateer op Maandag, 17 Mei 2010 09:52

Dit is hoe dit moet wees!

E-pos Afdruk PDF

Mercedes-Benz A-klasDink ’n mens aan Mercedes-Benz, dan sien jy groot lomp karre vir oumense, maar die teendeel is egter in 2010 van die moderne Mercedesse waar.

Daar is werklik ’n rasegte Mercedes vir elke segment of smaak beskikbaar. Die ongelooflike is dat elke Mercedes wat by ’n handelaar se deure uit ry werklik soliede kwaliteitmotors is net soos dit ’n ware Mercedes betaam. Van die heel goedkoopste A180 tot by die duurste SL65 AMG Black Series is die bougehalte dieselfde. Baie keer kom 'n mens teë dat die goedkoper modelle van ’n sekere vervaardiger se boukwaliteit of toerusting veel te wense oorlaat. Ons het die A180  CVT onder hande gehad. Die motor is nou wel die kleinste Mercedes beskikbaar, maar die standaardtoerusting sowel as die gevoel wat die motor bied, is werklik besonders. Baie ander vervaardigers maak motors wat heel kompeterend is en goeie gehalte en ekonomie bied, maar min het nog reggekry waarmee Mercedes met die A-klas geslaag het.

Bakwerk

Die motor is baie slim ontwerp met meer as genoeg spasie waar dit nodig is en met minimum oorhange voor en agter is daar ook nie onnodige bakwerk nie. Die motor is kort; om die waarheid te sê hy is 3,8 meter van stamper tot stamper, ’n hele 2 meter breed van spieël tot spieël en 1,6 meter hoog. Die wiele is reg op die hoeke gemonteer en die daklyn bereik sy hoogste punt waar die voorste windskerm en die dak bymekaarkom. Ons kan nie anders as om hierdie ontwerp as briljant te beskryf nie. Die gevolg is baie spasie binne-in die motor, die voorste sitposisie is hoog, maar nie ongemaklik nie, die agterste passasiers het werklik meer as genoeg been-, skouer- en kopruimte. Vergelyk die spasie in die A-klas met ander motors in sy segment soos die VW Golf  6 wat tans Suid-Afrika se motor van die jaar is en jou mond sal oopval. Dit is nie asof die Golf ongemaklik of klein is nie, maar die Benz doen dit net soveel beter. Die Golf is 4,2 meter lank; tog is die binneruim nie naastenby so ruim soos dié van die A-klas nie. Rondomsig vanuit die bestuurdersitplek is ook puik. Die groot glasoppervlaktes rondom die A-klas maak parkering en veral truparkering baie maklik.

Binneruim en toerusting

In egte Mercedes-styl is daar hope standaardtoerusting en ons toetsmotor was in die “Elegance”-pakket uitgedos. Daar is drie afwerkingspakkette beskikbaar op elke modelreeks in die Mercedes-Benz-stal. “Classic” is die gewone afwerking met niks wat blink of fyn is nie, “Avantgarde” is die sportiewe afwerking met meer sportiewe sierwiele, alluminium en koolstofafwerking en dan die “Elegance” wat ’n meer luukse tydlose afwerking met hout en chroom insluit. Die Elegance sluit ook 16-duim fynspeeksierwiele in wat die motor net nog meer spesiaal laat voorkom. Die binneruim van ons toetsmotor was uitgevat in ’n ligte roomkleur wat die motor nog groter laat voel as wat hy werklik is. Baie goeie gehalte matte en die plastiekinsetsels op die voorste paneel asook die greep op die stuurwiel is alles net soveel anders as in enige ander motor wat ons al bestuur het. Ek het werklik dieselfde gevoel wat jy in ’n E-klas of selfs ’n S-klas ervaar in hierdie motor aangetref en dit vir minder as R300 000 of anders gestel dieselfde as wat jy vir ’n Golf 6 met dieselfde spesifikasie sal betaal.  Die been- en kopruimte vir al die insittendes is uitstekend, deure maak wyd oop en die vloer is relatief laag. Die A-klas is ’n vyfdeurluikrug, met ander woorde die groot agterste deur maak ook hoog en groot oop sodat groter begasie maklik gelaai kan word. Die drumpel vanaf die pad na die begasievloer is nie te hoog soos in sommige ander luikrûe nie. Met die agterste sitplekke wat nog kan platvou ook, het die A-klas hope laairuim vir groot stukke begasie. Die daklyn is hoog, amper in die klas van veel groter motors soos die Renault Scenic of VW  Touran. Sitplekke in ons toetsmotor het meer as genoeg systeun en rug steungebied en dit was ten volle verstelbaar vir reik en hoogte. Al die instrumente is net reg geplaas, alles voel net reg, nie te ver en nie nie te naby nie, nie onder iets weggesteek of agter iets anders gemonteer nie. Met skoon instrumente wat duidelik leesbaar is en met satellietkontroles vir die telefoon en radio op die stuurwiel lyk en voel die baba Benz baie spesiaal.

Padgedrag

Kyk ’n mens na die motor se hoogte en lengte dan lyk hy met die eerste oogopslag effens ongemaklik regop, maar die gewigsverspreiding en die gewigsverplasing van die motor is so te sê perfek. Hy voel en bestuur soos’n groot motor. Min padgeraas , min windgeraas en ’n goeie terugvoer deur die onderstel bied eintlik baie meer as wat ’n mens in ’n motor onder R300 000 verwag. Die stuurwiel se terugvoer is regtig besonders en die motor doen wat jy wil hê hy moet doen. Rondomsigbaarheid is uitstekend en omdat die motor se wiele ver op die hoeke gemonteer is, draai hy regtig kort. In regte Mercedes-tradisie is al die veiligheidskenmerke in die motor ingebou: daar is ABS-remme, EBD-remverspreiding, ASR-glybeheer, lugsakke vir alles en almal. Die verrigting van ons toetsmotor was nou nie dié van ’n Golf Gti nie, maar vir ’n klein motortjie met ’n 1,6-literenjin is dit glad nie sleg nie. Ons kon ’n maksimumsnelheid van 190 km/uur haal en die 100 km/uur-merk het in 11,5 sekondes gekom. Ons toetsmotor is ook toegerus met die 5-spoed outomatiese ratkas wat dinge so effens stadiger doen as die handratmodel. Brandstofverbruik was bietjie teleurstellend vir dié tipe voertuig: ons kon slegs 10,8 l/km behaal en dit was heeltemal te onekonomies na ons mening vir ’n 1,6-liter stadsmotortjie. Weereens, die outomatiese ratkas het die syfer erg beïnvloed, maar aan die ander kant outomaties of nie, hy behoort baie meer ekonomies te wees.

Gevolgtrekking

Sal ons die Mercedes-Benz A180 outomaties met ons eie geld koop? Kyk bietjie rond en vergelyk wat anders kan jy koop wat vir jou dieselfde praktiese benutting kan gee, die VW Golf 6 1,4 TSi Highline?  Ja, hy kos min of meer dieselfde, maar is nie outomaties nie en hy is die “Motor van die Jaar”,  maar hy is kleiner binne en duurder. Jy voel ook nie heeltemal so spesiaal in ’n VW soos in ’n Mercedes nie. Die Audi A3 1,4 Tsi ( R257 000) is nader aan die kol, maar selfs met sy uitstekende boukwaliteit voel nie soos ’n Mercedes nie en hy is nie outomaties nie. Die A-klas het genoeg teenwoordigheid om in enige geselskap tuis te wees; óf jy nou by die golfbaan, skool, kerk óf by die Westcliff is, hy voel en lyk net reg. Teen R239 000 plus R15000 vir die CVT outomatiese ratkas en R10 700 vir die Elegance-pakket kom die A180 CVT Elegance in op R264 000 en die prys sluit Mercedes se MobilioDrive 120-onderhoudsplan ook in.  Die Mercedes A180 is werklik soos dit behoort te wees: kompak, maar ruim, met uitstekende boukwaliteit en die gevoel van ’n groot motor. Die driepuntster op die neus en meer as genoeg aandklere om in enige  geseldkap in te pas, maak 'n wenner daarvan.

Laas Opdateer op Vrydag, 14 Mei 2010 09:36

Red Bull storm voort in Spanje!

E-pos Afdruk PDF

Die span van Red Bull Racing het die afgelope naweek voort gestorm ná nog ’n oorwinning op die F1-kalender. Ná vry oefening Saterdag het die twee Red Bulls van Sebastian Vettel en Mark Webber vir die soveelste keer in die 1st en 2 de plek weggespring.

Lewis Hamilton in sy Mclaren het reg agter Webber in die 2de plek gejaag toe een van sy bande gebars het en hom in die relings in geskiet het. Dit was twee rondtes voor die einde en skielik het Webber die vryheid van die baan gehad om die Spaanse F1-wedren te wen. Hamilton het met die ongeluk afgeskuif na die 7de plek op die bestuurderspunteleer. Sou hy 2de geëindig het, was die punteverskil tussen hom en die voorloper op die leer, Jenson Button, net 3 punte.

Ferrari se Fernando Alonso het 2de geëindig en die ander Red Bull met Vetel agter die stuur het kreupel-kreupel met enjinmoeilikheid 3de onder die geruite vlag deur gejaag. Die heer Schumacher het met sy nuwe motor die eerste keer dié seisoen onder die eerste vyf geëindig met ’n 4de plek. Button was 5de en Massa in die ander Ferrari 6de.

Die 2010 Spaanse Grand Prix sal as een van die verveligste wedrenne van die jaar onthou word. Daar het regtig niks opwindends gebeur nie en die twee Red Bulls raak so dominerend soos wat Ferrari so 'n paar seisoene gelede was. Die kroon van die hele seisoen wag volgende week in Monaco op die 16de Mei. Kom ons hoop die kort straatwedren bied soos elke tweede jaar meer opwinding en miskien kan Ferrari Mclaren in die komende wedrenk op die vervaardigerspunteleer verbysteek.

Die volledige bestuurderspunteleer lyk soos volg:

Posisie

Bestuurder

Herkoms

Span

Punte

1

Jenson Button

Groot Britanje

McLaren

70

2

Fernando Alonso

Spanje

Ferrari

67

3

Sebastian Vettel

Duitsland

Red Bull

60

4

Mark Webber

Australia

Red Bull

53

5

Nico Rosberg

Duitsland

Mercedes GP

50

6

Lewis Hamilton

Groot Britanje

McLaren

49

7

Felipe Massa

Brazilië

Ferrari

49

8

Robert Kubica

Poland

Renault

44

9

Michael Schumacher

Duitsland

Mercedes GP

22

10

Adrian Sutil

Duitsland

Force India

16

11

Vitantonio Liuzzi

Italië

Force India

8

12

Rubens Barrichello

Brazilë

Williams

7

13

Vitaly Petrov

Rusland

Renault

6

14

Jaime Alguersuari

Spanje

Toro Rosso

3

15

Nico Hulkenberg

Duitsland

Williams

1

Die spanne se punteleer lyk soos volg:

Posisie

Span

Punte

1

McLaren

119

2

Ferrari

116

3

Red Bull

113

4

Mercedes GP

72

5

Renault

50

6

Force India

24

7

Williams

8

8

Toro Rosso

3

Laas Opdateer op Dinsdag, 11 Mei 2010 09:36

Japannese middelgewigte!

E-pos Afdruk PDF

Met Suid-Afrika se ekonomiese klimaat is dit moeilik om te verstaan hoekom motors so duur is. Ons motormark is relatief klein in vergelyking met Brittanje of Brazilië s'n, maar ons het amper 1000 verskillende modelle om van te kies. Ongelooflik, sowaar! Sou jy dan in die bevoorregte posisie wees om ’n nuwe ryding te aanskaf is daar verskillende segmente waarna jy kan kyk. Dit hang allesvan jou behoeftes af. Sou jy ’n middelbestuurspos beklee en in die oostelike voorstede van Pretoria of die noordwestelike voorstede van Johannesburg woon met kinders in die laerskool en ’n huisverband van meer as een miljoen rand, sou jy waarskynlik in die Sportnutsvoertuigsegment na ’n ryding kyk.

 

Mitsubishi Outlander

Dit is nou ’n voertuig wat eerstens goed lyk by jou kantoor en al die kinders se skooltasse en goeters kan rondkarwei. Die een naweek in drie maande wat jy wel kan wegbreek, sou jy met gemak kon aanpak en dan nog elke oggend se verkeer tussen Pretoria en Johannesburg so gerieflik moontlik probeer maak voor jou vergaderings met oënskynlik belangrike mense. Ons het nie net een nie, maar twee van presies hierdie tipe voertuie onder hande gehad om uit te vind wat ligte sportnutsvoertuie so spesiaal maak.  Die kandidate is Nissan se X-Trail 2.0 dCi 4x4 TSE en Mitsubishi se Outlander  2.4 GLS 4x4 . Alhoewel die twee voertuie nie direk met mekaar meeding nie is die spesifikasies en pryse so na aan mekaar dat dit in werklikheid wel ’n realistiese keuse tussen die twee sal afgee.

Bakwerk

Nissan X-Trail

Beide die X-Trail en die Outlander is amper ’n baie hoë stasiewa- tipe voertuig met hope spasie vir passasiers en genoeg pakplek vir ’n hele weermag. Slim uittreklaaitjies onder die bagasiebakvloer en genoeg deur- en middelkonsolebêreplekkies om alles wat jy wil saam neem in te pak. Elegante doelgerigte lyne is teenwoordig. Die Outlander se neus wat amper soos ’n haai se snoet effe na onder kurwe het nogal uiteenlopende reaksie van “wow!” tot ”nie so lekker nie” uit gelok.  Die X-Trail het nou weer half ongemaklik voorgekom vir party mense, so asof hy half lomp of “top heavy” is soos ek gehoor het iemand dit uitdruk. Dit maak nou nie saak of jy van die Nissan of die Mitsubishi se lyne hou nie, die feit is dat beide stylvol genoeg is om langs enige primavoertuig by jou kantoor te parkeer. Beide lyk doelgerig genoeg om nie af te steek langs al die ander rygoed by die skool nie. Al twee lyk ook tuis in die verkeer sowel as op Mr. Jones se wildsplaas.

Binneruim

X-Trail se funksionele paneelbord

Die regte elegansie ervaar jy wanneer jy die deure oopmaak en inklim. Beide die voertuie is nie so hoog dat die inklimslag ongemaklik is nie. Die deure is lig en maak wyd oop en daar is regtig meer as genoeg beenspasie in albei se kajuite. Kopspasie in die Outlander het net vir ons ’n aks meer gevoel as in die X-Trail alhoewel die Nissan ’n hoër daklyn het; dit is waarskynlik omdat die Outlander se sitplekke laer gemonteer is. Die Mitsubishi verras met sy grootte. Hy lyk nie so groot nie, maar sit in hom dan voel hy fisies groter as in die X-Trail. Wat luukses aanbetref, is daar glad nie ’n tekort aan enige gemakstoerusting nie, alles is daar. Die Nissan se binneruim het net so effens meer spogerig gevoel as dié van die Outlander. Die Mitsubishi het wel leeroorgetrekte sitplekke gehad wat ontbreek het in die X-Trail, maar baie goeie kwaliteitmateriaal is gebruik om die Nissan uit te dos en dit was veral die voorste paneelbord en insetsels van die X-Trail wat gemaklik onder die hande was.  Standaardtoerusting wat ons beïndruk het, was die AFS (Adaptive Front Lighting ) wat standaard in die Outlander is . Dié stelsel neem die stuurrigting, padoppervlak en gewig wat deur die voertuig gedra word in ag om die ligte op die optimale hoogte te hou. Sodoende is die pad voor die motor altyd baie goed belig. Die stelsel het ook net soos in die Discovery kantliggies wat negentig grade na die kant toe skyn waarheen jy draai.  Baie handig en baie slim. Die Outlander beskik ook standaard oor ’n 710w Rockford Fosgate-klankstelsel met ongelooflike oudiogehalte.

X-Trail stoorplekkies

Outlander se klankstelsel


Agterste beenspasie in die OutlanderEnjins

Nissan se X-Trail 2.0 dCi TSE 4x4 word aangedryf deur ’n 2.0 liter turbo-aangejaagde dieselenjin wat 110 Kw  en ’n allemintige 320 Nm se wringkrag lewer. Die eenheid loop stil en glad en met ’n verbruik van 8,1l/100km is hy nog ekonomies ook. Die X-Trail beskik oor ’n 4x4-stelsel wat of self kan besluit wanneer om al vier wiele in te span of jy kan hom sluit sodat die motor die heeltyd met vier wiele trek. Dit word alles beheer met ’n baie elegante draaiknop net hier voor die rathefboom in die middelkonsole. Daar is ook (HDC) Hill Descent Control wat keer dat die voertuig vinniger as 6,5 km/u teen 'n skerp helling kan afgaan. Die (HSA) Hill Start Assist  werk ook outomaties as daar teen ’n helling weggetrek moet word. Die Outlander word aangedryf deur ’n 2,4 liter petrolenjin en lewer 125 Kw se krag en 226 Nm se wringkrag.  Die 4x4-modusse kan net soos dié van die X-Trail óf tweewielaandrywing óf vierwielaandrywing op 'n gereedheidsgrondslag óf vierwielaandrywing gesluit opdis. Alles natuurlik met die druk van ’n knoppie. Ons kon onderskeidelik ’n maksimumsnelheid van 190km/u vir die Outlander en 183km/u vir die X-Trail haal met ons padtoets, maar albei kan baie gemaklik so op 140km/u met die togbeheer aangeskakel alle bulte kafdraf. Verbruik in die Outlander was ’n respektabele 10l/100km wat nie sleg is vir so ‘n groot motor met vierwielaandrywing nie.

Gevolgtrekking

Teen R377 000 vir die X-Trail en R395 000 vir die Outlander is hierdie nie goedkoop voertuie nie, maar kyk wat sal jy vir ’n Honda CRV 2.4 Petrol Outomaties, R405 400 en R435 400 vir die diesel sal betaal. Hyundai se Santa Fe 4x4 diesel Outomaties kos R409 700 en Kia se Sorento 4x4 outo sal jou R369 995 vir die petrolviersilinder kos terwyl die V6-petrol jou R399 995 uit die sak sal jaag. Nou lyk beide die Nissan en die Mitsubishi glad nie sleg nie. Albei fabrikate is al oor en oor bewys as kwaliteitvoertuie tydens die Dakar-wedren. Kan ’n mens regtig anders as een van dié twee in hierdie segment?

Laas Opdateer op Donderdag, 22 April 2010 10:16

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL