praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Vrydag, 12. Maart 2010

Bygewerk op:04:57:57 PM GMT

Jy is hier: Menings Kommentaar Merkel moet Rusland tem
Facebook Twitter Digg Delicious Stumbleupon Google Bookmarks RSS Feed 
KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS
Aantal kere gelees: 2837

Merkel moet Rusland tem

E-pos Afdruk PDF

Volgens James Sherr, direkteur by die Royal Institute of International Affairs in Londen en Ruslandkenner, sal Rusland luister na wat Duitsland sê. Die verhouding tussen die twee lande het baie verander sedert die laaste verkiesing in Duitsland.

Vóór Angela Merkel kanselier geword het in 2005 was Poetin en haar voorloper Schroeder besonder naby aan mekaar, veral in buitelandse aangeleenthede soos die inval in Irak in 2003 wat albei veroordeel het. Maar Schroeder se goeie betrekkinge met die Kremlin was geen uitsondering nie. Ook die konserwatiewe Helmut Kohl het goed oor die weg gekom met Mikhail Gorbatsjof and Boris Jeltsin.

Merkel het Duitsland se verhouding met Rusland aansienlik gekompliseer. Sy het byvoorbeeld die VSA ondersteun oor die kwessie van Kosowo teen die wil van Rusland. Maar tans is sy in 'n moeilike posisie. Omdat Duitsland afhanklik is van Russiese energie, probeer Merkel haar bes om nie ingesleep te raak by die Kaukasus as bemiddelaar nie. Sy besef Duitsland kan nie bekostig om troepe na Georgië te stuur nie. Merkel se koalisievennote is reeds sterk gekant daarteen dat Duitse troepe vir sogenaamde internasionale vredesmissies aangewend word en 'n verkiesing lê om die draai.

Merkel het Sarkozy voorts ondersteun om nie aan Georgië en die Oekraïene tydsbepalings neer te lê vir toetrede tot NAVO nie. Volgens Duitse diplomate is Merkel ook hoogs skepties oor Mikheil Saakashwili se leierskapseienskappe en sy vrees dat hy vir 'n onbenullige rede sal vra dat NAVO ingryp indien Georgië deel word van die Alliansie.

Maar sy verteenwoordig ook die pro-Amerikaanse stem in Duitsland en haar volgelinge sal met gespanne aandag vir skerp veroordelings teen Rusland wag.



Verwante artikels:


KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS