praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Vrydag, 12. Maart 2010

Bygewerk op:04:57:57 PM GMT

Jy is hier: Menings Kommentaar Diewe in uniform
Facebook Twitter Digg Delicious Stumbleupon Google Bookmarks RSS Feed 
KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS
Aantal kere gelees: 2777

Diewe in uniform

E-pos Afdruk PDF

07:34:32 Die nuus dat werknemers van die departement van korrektiewe dienste wat gewoonlik misdadigers in die tronk moet oppas, nou sommer in uniform diefstal pleeg, verbaas geensins nie.

Ook die polisie maak hulle aan dié soort gedrag skuldig en ongeveer 'n kwart van die sogenaamde geregsdienaars beskik oor misdaadrekords.

Maar dat die tronbewaarders helder oordag by 'n drankwinkel die voorraad wegdra sonder om te betaal, toon in watter volslae anargie Suid-Afrika reeds verval het as persone in staatsuniform self die reg oortree.

Die saak van sy edele regter Motata wat tans op 'n klag van dronkbestuur verhoor word, sluit hierby aan. Die min vertroue wat die publiek reeds in die strafregstelsel met sy polisie, howe en tronkbewaarders koester wat hetsy dronk, hetsy oneerlik is, word daagliks deur sulke insidente verder afgebreek.

Tydens die verwoesting wat die orkaan Katrina in New Orleans gesaai het, het volslae chaos ook uitgebreek met die hoofsaaklik swart inwoners van die stad wat die winkels begin plunder het. Swart polisiemanne het self aan die plundery begin deelneem, sodat een van die gewone diewe opgemerk het: "Dit moet wettig wees, die polisie doen dit dan ook."

As diefstal deur die hoeders van die reg in uniform gepleeg word, moet dit seker wettig wees... Afrikaners wat meen dat dinge nie langer so kan aangaan nie, het heeltemal reg. Iets sal gedoen moet word om die verval te stuit.




Verwante artikels:


KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS