praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Maandag, 08. Februarie 2010

Bygewerk op:05:46:41 PM GMT

Jy is hier: Menings Briewe My onregmatige en onwettige arrestasie - Uhuru Guru
Facebook Twitter Digg Delicious Stumbleupon Google Bookmarks RSS Feed 
KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS
Aantal kere gelees: 1036

My onregmatige en onwettige arrestasie - Uhuru Guru

E-pos Afdruk PDF

In antwoord op die vrae wat Anton Barnard rondom die vreemde inhegtenisname en aanhouding van die webmeester Uhuru Guru van South Africa Sucks gevra het, het ons die volgende brief van 2300 woorde van Bert Oosthuizen alias Uhuru Guru ontvang. Hoewel Oosthuizen verlede week nooit formeel aangekla is nie, het Beeld sy regte naam gepubliseer, asof hy reeds in die hof verskyn het en aangekla is. Hier volg sy brief:

Ek kan u verseker dat my arrestasie onregmatig én onwettig was. Ter verduideliking in pynlike detail:

 

Gedurende 1993 was ek werksaam as gekontrakteerde IT konsultant by 'n rekenaarfirma in Cresta, Johannesburg. Ek (ongetroud op daardie stadium) het 'n ruim meenthuis besit te Castle Hill in Ferndale / Windsor. Een van die tegnici wat saam met my gewerk het (jong blanke Afrikaanse man van 21) het by my loseer vir ongeveer 5 maande. Hy het egter nie 'n sent huur betaal in die HELE periode nie en ek het hom uiteindelik uitgegooi. 'n Week later het hy (by die kantoor waar ons werksaam was) my motorsleutels gegaps terwyl ek in 'n vergadering was, 'n hardeskyf (40Mb ek dink) geneem uit sy eie werkswinkel en dit in my meenthuis gaan plant om wraak te neem teen die feit dat ek hom uitgeskop het terug na sy ouers toe.

Hy het toe teruggekom en na die eienaar van die firma gegaan en hom meegedeel dat ek komponente gesteel het. Hy het toe die eienaar na my meenthuis geneem om hom te wys. Ek was salig onbewus hiervan terwyl ek besig was met my sake-voorlegging. Hulle kom toe beide terug, waarop die eienaar my gekonfronteer het. Ek het woedend gereageer en het onmiddelik en summier bedank. Tot vandag toe skuld hulle my baie duisende rande vir werk waarvoor ek nooit betaal is nie.

Etlike jare later vind ek uit dat daar 'n klag van diefstal en bedrog teen my is, sowel as 'n lasbrief van my arres. Ek was stomgeslaan en het my prokureur instruksie gegee om dit dadelik uit te sorteer. Hy het oproepe gemaak na die polisie. My prokureur het my later meegedeel dat dit 'n onbesonne en niksseggende klag was waaroor ek nie hoef te bekommer nie. Dit het geblyk dat die klag nie op die polisie databasis was nie.

Ek het dit daar gelaat en aangegaan met my lewe. Nou, sestien jaar later kom byt hierdie ding my en veroorsaak dat ek 'n nag in die selle moes deurbring met geharde misdadigers. Die Linden SAPS het alles in hul vermoe gedoen om te verseker dat ek nie dadelik mog hof toe gaan nie, ten spyte van die feit dat my advokaat gereel het met een van die senior aanklaers om wel my borgaansoek aan te hoor.

Indien die beskuldigde NIE voor 10h00 by die hof is nie, weier die hof om die saak aan te hoor. Die advokaat het skriftelike toestemming gekry hiervoor.

Die advokaat is terug na kaptein en het hom die brief van die staatsaanklear gewys. Sy het hom toe gevra om my te stuur, en hy het toegestem. In haar teenwoordigheid het hy twee polisielede opdrag gegee om my hof toe te neem. Dit was Woensdag ongeveer 1NM.

My prokureur was op daardie stadium by my en het my gegroet en gesê "ek sien jou oor 30 min by die hof". Kortliks na hy uitgestap het, het die een inspekteur die

dossier neergegooi en aan my gesê "ek kan jou nie hof toe neem nie, jy is nog nie aangekla nie." Ek was verbyster en het aan hom genoem dat ek reeds 16 jaar gelede "aangekla" is. Hy het egter aangedring hy moet my eers aankla. Toe vlieg hy op en sê "ek moet gou met die kaptein (Van der Linde) gaan praat, ek kom terug oor 5 minute.

Ek wag toe vir twee ure in die selle se aanhouding area. Teen 3NM het ek paniekbevange begin word en het toe die aanhoudingselle se bevelvoerder gevra of ek my "konstitusioneel gewaarborgde" oproep mag maak. Ek wou my prokureur bel om hom mee te deel wat aan die gang is. Dit was geweier. So 3:10 NM het 'n swart inspekeur na my toe gekom, my gevra of ek Oosthuizen is. Ek het bevestigend geantwoord. Toe vra hy my of ek my selfoon by my het (nee) en of ek geld aan my het (nee). Toe kyk hy na sy horlosie en se "eish, I'm not going to rush to get you to court now". Ek het by hom gepleit en aan hom genoem dat die SAP my deur afgeskop

het en dat my huis tans baie onveilig is, en dat my vrou en drie dogters se veiligheid op die spel is. Hy het my egter geïgnoreer en iets in 'n swart taal aan die sel-bevelvoerder gesê, wat my toe dadelik terug na die selle geneem het en toegesluit het.

Intussen het my prokureur en advokaat niksvermoedend by die Randburg hof gesit en wag vir my. My advokaat het etlike kere vir Kapt van der Linde gebel wat eers gesê het, hy sal terugbel, wat hy nie gedoen het nie. Toe my advokaat weer bel sê hy dat ek binnekort op pad is, dat ek geprosesseer word, aldus my regspan. Intussentyd sit ek in die selle…

Teen 3.15 NM was die hofpersoneel wie my saak sou aanhoor, weg. Hierna het my regspan teruggekeer na Linden SAP en my meegedeel dat ek die nag in die selle gaan deurbring.  Die volgende oggend om 8:30 is ek geboei aan 'n swart dwelmsmous en winkeldief, agter in 'n vangwa gelaai en hof toe geneem. Die bestuurder het geweldig gerem, hard petrol getrap en draaie gegooi met die voertuig. Die boeie was geweldig styf en het my seergemaak, en ek het gesukkel om asem te haal omdat die twee ander gevangenes vreeslik gestink het agter in die vangwa.

By die hof aangekom het die bestuurder ('n swart sersant) my in die hofselle ingebring en toe die boeie verwyder. Toe sê hy op Engels dat as die hof nie my saak aanhoor nie, dat ek dan nie na Linden teruggeneem word nie maar "Sun City" toe gaan. Ek was oorbluf oor sy stelling wat ek geen kop of stert van kon uitmaak nie. Wat het Sun City tog te doen met my saak? Ek dink toe vlugtig aan die crimen injuria saak van die ou wat Shane "Sies jou vark" se CD gespeel het en gearresteer is vir Crimen injuria teen Nelson Mandela, by Sun City.

Ek gesels toe met een van die ander gevangenes wat my laggend meedeel dat "Sun City" eintlik die bynaam vir Diepkloof gevangenis is. Ek was natuurlik toe uiters bekommerd dat dit nou miskien die plan met my is. Diepkloof is tans onder kwarantyn en niemand word toegelaat om hof toe te kom of enigsins die gevangenis te verlaat nie.

My regspan was op daardie stadium besig om te prober uitvind watter hof my saak gaan aanhoor. Na 'n vreeslike gesukkel sien hulle toe my naam op 'n bord met die woord "NOR" aangeteken langs dit. NOR beteken "Not On Roll". Hulle kry toe die senior aanklaer wie, nadat sy my dossier bestudeer het, besluit het om nie voort te gaan nie. Die resultaat is date k onmiddellik vrygelaat moes word.

'n Konstabel het my uit die selle kom haal en toe ek teen die trappe van die hof opstap het ek dit vreemd gevind dat dit doodstil is. Ek het verwag om in 'n vol hofsaal in te stap en in die aangeklaagdebank te gaan staan om te kan pleit en ook vir borg aansoek te doen.

Daar was egter nie 'n enkele siel in die hof nie, en ek het uitgestap in die gang in, heeltemaal oorbluf van wat aan die gang was. Nadat ek vir ongeveer 20 minute op en af gestap het op soek na my advokaat en prokureur, het ek hulle uiteindelik in die gange opgespoor. Ons is dadelik weg daar. Ek wil dit benadruk dat ek op GEEN stadium voor enigiemand verskyn het nie, geensins gepleit het of selfs enigiets op enige stadium met enige aanklaer of landdros te make gehad het nie. Die saak teen my was nie op enige stadium eers op die rol geplaas nie!

Die berig in Beeld, sowel as die feit dat my naam genoem het is feitelik verkeerd en grens aan kwaadwilligheid en laster.

Al my rekenaartoreusting is gekonfiskeer en ek kan tans gladnie my besigheid bedryf nie. Die lasbrief wat Woensdag oggend om 6:15VM op my gedien is toe my deur hardhandig en onnodiglik afgeskop is in tipiese Gestapo styl, is 'n lasbrief op sterkte van crimen injuria sowel as klagtes van ongespesifiseerde kuber-misdade. Ek is nie vir enigiets anders aangekla nie maar is deur 'n superintendent van georganiseerde misdaad gewaarsku dat afhangende van wat op my rekenaars ne bedieners gevind word, daar verdere klagtes teen my gelê gaan word. In die lig hiervan was ek dus huiwerig om publieke uitsprake te maak en was geadviseer om liefs niks te sê nie.

My skrywe hier is nou teenstrydig met my regsadvies en ek hoop nie dat ek myself verder benadeel hierdeur nie. Ek voel egter genoop om my kant te stel deur die kuber-ruim vrae wat nou die rondtes doen en veral die vals en bedrieglike wyse waarop Beeld die artikel gepubliseer het, wat soos u tereg opgemerk het, 'n duidelike agenda van mistasting en moedswillige verdraaiing toon. My integriteit word kwaai aangetas en ek kan nie langer die vrae ignoreer nie.

Ek is nie 'n krimineel, dief of bedrieër nie. Ek is voorts ook nie 'n kranksinnige Al Queda terroris of Boeremag styl bedreiging vir die staat nie, maar wel 'n dood-gewone rekenaarkonsultant vies vir hierdie vervallende kriminele land. Steeds steier ek onder die feit dat nie minder as 5 SAPS spesialis-eenhede, ondersteun deur polisiemanne van Fairland, Linden en Honeydew polisiestasies my deur kom afskop het asof my residensiele tuiste 'n swaar-verdedigde terroristebasis is. Die aanvanklike kontingent was ongeveer 18 na 20 polisimanne, meeste in siviele drag. Later het meer polisie opgedaag en ek sou raai dat daar ten minste dertig in totaal betrokke was hierby.

Dat sulke ongelooflike hupbronne ingespan word teen 'n onbelangrike, onbenullige nietige man soos ek is verbysterend, veral gesien in die lig van die ondenkbare wrede moorde, verkragtings en martelings van onskuldige blanke vrouens, mans en kinders wat nooit ondersoek word agv 'n kastige "tekort aan hulpbronne" nie. Die vrae wat aan my gestel is deur die twee blanke Afrikaanse veiligheids manne (een is nogal ook 'n Oosthuizen!) herinner aan die Sowjet-Unie en Oos Duitsland era se modus vivendi.

Hulle was geweldig geinterresseerd in my skakel met Dr Roodt, maar my regsverteenwoordiger het dadelik 'n stokkie voor hulle ongelooflike vrae gesteek.

Wat opmerklik was, was die belangstelling (deur AL die polisiemanne) veral in die boeke geskryf deur Dr Dan Roodt, wat hulle in my kantoor in die boekrak langs my lessenaar gevind is. Al die boeke is sorgvuldig gefotografeer en enige ander boeke wat te doen het met geskiedenis (bv ek het kopiee van David Irving se werke) sowel as 'n boek deur Richard Dawkins is versigtig gefotografeer. Ek het handleidings wat aan my gegee is gedurende my nasionale diensplig op die SWA grens in 1983, onder meer "mynbewustheid" en ander SAW materiaal, wat gemerk is "restricted". Hierdie SAW handleidings is gekonfiskeer en daar is aan my genoem dat ek in onwettige besit is daarvan.

Daar is ook afgekom op rekenaarspeletjies, MP3-musiek en dies meer, en toe voeg die ondersoekbeamptes by dat hulle my selfs vir besit van roofprogramme (piracy) sal aankla. Dat hulle instruksies gegee is om "throw the book at him" is duidelik en ek het geen twyfel dat alles polities geinspireer is nie.

Ergste van alles, die hele aanslag op my is geïnisieer deur Fred Rundle, met wie ek 'n lelike argument gehad het toe hy na aanleiding van Dan se Heilbron ontmoeting weereens 'n lelike aanval op Dan geloods het. Ek en hy was (hoewel ons vriende was) gereeld haaks oor sy ongeoorloofde en onnodige aanvalle op Dan. Rundle het die polisie gekontak en verklarings afgele wat my van kuber-misdade beskuldig het.

My vrou en kinders is ongelooflik getraumatiseerd maar dis vir my 'n riem onder die hart dat ek sulke fantastiese ondersteuning vanuit alle oorde en veral PRAAG ontvang het. Ek wil graag vir Dr Dan persoonlik bedank vir sy moeite en bewusmaking van my onregmatige arrestasie en ook aan u Anton, my dank betuig - die artikel waarop ek nou reageer is besonder goed geskryf en u is 100% korrek oor die afleidings wat u gemaak het. Ek is spyt ek het nie vroeer my mond oopgemaak om al die onsekerheid uit die weg te ruim nie maar u sal verstaan dat dit vir my 'n skrikwekkende en skokkende ervaring was.

Vir die eerste keer in my lewe (behalwe vir 'n verkeersoortreding ook in die '90's) is ek gearresteer, boeie aan my polse gevoel en was soos 'n gewone rampokker saam met drie swart misdadigers vir die nag toegesluit, in 'n stinkende sel om dit deur te bring op 'n harde, koue sement vloer met honde komberse.

Ek vrees egter dat dit nog net die begin is, en verwag om die slagoffer van verdere klopjagte en arrestasies te wees, aldus my regspan.

Beste wense,

Bert Oosthuizen




Verwante artikels:


KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS