Jy is hier: Menings Briewe SARU sal enigiets vir ANC doen

SARU sal enigiets vir ANC doen

E-pos Afdruk PDF

08:09:50 Die oorgretigheid van SARU om die Bok van die baadjie af te haal en die Protea nou prominensie te gee, bewys weereens die ANC-regering se beheptheid om die Afrikaner en wit rugbyondersteuners te vervreem van sport in plaas van om die groter prentjie raak te sien. SARU sal enigiets doen om die ANC te lek en tevrede te hou; dit wys ook op swak leierskap in SARU.

Gaan witmense maar gedwee dit ook aanvaar of opstaan teen die regering? Om dit te aanvaar, beteken dat jy die nuwe SA se misdaad, grondroof, onregverdige praktyke soos regstellende aksie, pleknaamsveranderings ook aanvaar - dis mos nou alles deel van die nuwe SA en jy moet jou versoen met die misdadiger en sy trawante.

Ek aanvaar dit nie, soos baie ander nuwe SA-realiteite.

blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: