Internasionale aspirante wat strewe na wêreldmag blaas aanhoudend op hulle ramshorings om die swartman teen die Afrikaner op te steek en om die Afrikaners onder mekaar te verdeel in hierdie land van geleenthede waar liberalisme die grootste vernietigende mag van ons tyd is.
Liberalisme is soos 'n dwelm; die liberalis is onbevoeg om teen sy prins met die bespotlike naam die Verenigde Nasies in New York op te staan. Soos Disraeli gesê het: "Dit gebeur selde dat 'n eerlike uitspraak deur regerings gemaak word waar alle mense helote is wat deur die liberale beleid van hul regerings verslaaf word. Daardie regerings regeer nie eens nie, maar beheer die regeringsmasjienerie en hulle is bloot medeslawe wat deur die onsigbare hand beheer word."
Dis waar, die massas glo alles, maar selde bars hulle verontwaardiging uit in waansin teen die Afrikaners. Of is dit opsetlik, juis omdat die Afrikaner saam met die res van die wereld verslaaf word?
| < Vorige | Volgende > |
|---|








