Jy is hier: Menings Briewe

Briewe

'n Ope uitnodiging tot gesprek aan FW de Klerk

E-pos Afdruk PDF

Dit was nog altyd vir my onverstaanbaar hoekom u aan ons Afrikanervolk gedoen het wat u gedoen het en wil hiermee u uitnooi om in gesprek te tree en aan ons te verduidelik sodat ons as volk ook kan verstaan.

Ons onbegrip lê by onvermoë om te verstaan wat het ons verkeerd gedoen of nie gedoen nie wat u genoop het om ons uit te lewer aan die swartmense in Afrika?

Hoe voel u in retrospek daaroor?

Hoe voel u oor ons land se wanordelike verval?

Hoe voel u oor ons mense wat so uitgemoor word?

Hoe voel u oor ons kinders wat in substandaardskole opgevoed word?

Hoe voel u oor ons voorvaders se arbeid en geskiedenis wat vernietig word en is?

Hoe voel u oor oor n kwart van ons Afrikaners wat nou gereduseer is tot 'n plakkerskampbestaan?

U is op die allerminste, dit aan ons verskuldig as u 'n eerbare man is soos ons gedink het u is - per slot van rekening betaal ons Afrikanervolk nog u  maandelikse pensioen aan u elke maand.

Laas Opdateer op Sondag, 25 Julie 2010 08:17

ANC wil rugby-inkomste beheer

E-pos Afdruk PDF

Ek wonder aan wie behoort die nuwe stadion in Kaapstad waar daar nou rugby gespeel gaan word. Is dit nie 'n manier van die ANC om ten volle beheer oor die inkomste te verkry nie en sodoende ook rugby stelselmatig in te skakel en te beheer deur 'n toekomstige kommunistiese regime nie? Les bes, moet die ANC se stadionne betaal word. Dit is tog immers wat nou met die Blou bulle en Leeus gebeur!

Ek sal graag wil hoor wat sê Herman daarvan.

ANC kelder kernkrag vir onafhanklike Kaap

E-pos Afdruk PDF
In die Spaanse hawestad Santander, lê 'n superswaar 400MW staaltenk van 300 miljoen Rand, spesifiek klaar gemaak vir Kaapstad se eerste korrelkernreaktor.

Minister Marthinus van Schalkwyk het nog die groenlig vir bogenoemde gegee.

Die 400MW reaktortenk was vir Koeberg bestem, as 'n eerste van vier tot agt identiese kragmodules, vir 'n totaal van 1600MW tot 3200MW.

Die getoetste heliumturbine vir Kaapstad was ook reeds bestel. Die kragaanleg sou geen tussenstoom gebruik nie, en uiters energie-efffektief wees.

Die modulêre kernkragreaktore sou Kaapstad en Tuinhuis se energie-afhanklikheid van Transvaal via Tswhane verbreek het.

Kaapstad en provinsie sou dus ekonomies onafhanklik en polities kompeterend parallel tot Pretoria kon funksioneer.

Toe dit ANC dit besef, het hulle sonder seromonie die wêreld se mees suksesvolle kernkragprojek summier gekelder.

Die DA wat die Kaapolonie regeer, het tot dusver nog geen openbare protes aangeteken nie.

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL