praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Saterdag, 13. Maart 2010

Bygewerk op:04:57:57 PM GMT

Jy is hier: Leef Mode en skoonheid
Facebook Twitter Digg Delicious Stumbleupon Google Bookmarks RSS Feed 
Aantal kere gelees: 751

Mode en skoonheid

Klere praat elke taal

E-pos Afdruk PDF

 

Politici is is al van ouds af sensitief oor wat hulle dra omdat hulle deur 'n ondeurdagte keuse dalk onwetend 'n boodskap uitstuur aan kiesers wat bots met wat hulle eintlik wil voorhou. Die teendeel kan ook waar wees: Klere word spesiaal gekies om 'n boodskap te uit te stuur wat moeilik in woorde oorgedra kan word.

Een só 'n voorbeeld was Keir Hardie, eerste Arbeiderspartyparlementslid wat in 1892 'n skokgolf deur die Britse Parlement gestuur het, deur op te daag met 'n tweedpet en 'n werkmanspak.

Vanity Fair het die feit dat Hardie in gebreke gebly het om 'n pluiskuil te dra, betreur omdat hy "die fondamente van parlementêre gesag in gevaar gestel het en ontelbare paragrawe in die koerante" daaroor veroorsaak het. Kennelik het Vanity Fair nie kon droom dat daar vandag in die Britse pers 'n geveg woed oor Sarah Brown, die Arbeiderspremier se vrou, se duur ontwerperskleresmaak nie. Die wiel draai...

Hier tuis het ons dieselfde parlementêre omwenteling gadegeslaan en dis asof die sirkus van skril patrone, yslike sonbrille en potsierlike kopbedekkings 'n voorbode was vir riool wat tans in die riviere lek en amptenare wat nooit die gevolge van enige swak besluit hoef te trotseer nie.

Die draers van die nuwe Suid-Afrikaanse parlementêre modes het weliswaar geen skoktaktiek in gedagte gehad nie, alhoewel 'n paar modebewuste ontleders dalk geskrik het. Net 'n geloof dat onbeperkte fondse wat in 'n klerekas gestort word, gesag sal afdwing. Dit was eerder die beweegrede vir die kleurkakofonie wat sedert 1994 losgebars het.

Uitspattigheid bly egter die absolute nee-nee van die Amerikaanse politieke establishment, waaruit Afrika tans so mildelik ideologies put. Obama mag miskien sy baadjie hier en daar meer uittrek as sy voorganger, maar dit bly nog steeds 'n sobere hemp en das wat hy ten toon stel.

Sy vrou, alhoewel sy graag met peperduur ontwerpersware spog, is dalk nie ewe stemmig nie en het al die oë laat rek met 'n paar bont skeppings. Nietemin is die reguit haardos ononderhandelbaar en mevrou Obama streel graag 'n los, weelderige sliert om haar haarmiddelbehandeling in die openbare oog te hou. Daarmee bevestig sy natuurlik herhaaldelik haar verwantskap aan die ryk, swart Amerikaanse middelklas, 'n pure wit skepping, byna soos verbete Engelse clichés die ANC-magshebbers onderskei.

Obama se kinders is weliswaar in wandelende advertensieborde vir die VSA se politiek verander en in Italië vroeër vanjaar het sy oudste dogter in 'n stel hempies met 'n vredesteken vir die kameras geparadeer, in die hoop dat haar "onskuld" die boodskap sal legitimeer.

Terwyl klerekodes 'n kulturele omwenteling in China veroorsaak het - van lang imperiale gewade tot Maoïstiese pakke tot Westerse styl pakke vir mans - het vroueklere 'n eienaardige wending geneem. Vrouepolitici het aanvanklik, aan die begin van die 20ste eeu, soos skoolkinders aangetrek.

Die gedagte van die "tsjeongsam" of "kipao" was om onderdanigheid, maar ook terselftertyd 'n verbintenis tot opvoeding, uit te druk.

Voor die Tweede Wêreldoorlog is Chinese politici se kleding vermilitariseer en manlike en vroulike style het daarna gekonvergeer. Vandag is die klem op 'n uiterste soberheid en geen Chinese amptenaar van enige statuur sal dit waag om af te wyk van die norm van 'n donker pak nie.

Byna soos die vroue met mag in die Amerikaanse politieke landskap. Gravitas is die wagwoord en blykbaar word dit die beste deur 'n donker broekpak vergestalt want 'n modeskrywer van die New York Times het in een week 6 uit 16 van hulle getel in die Senaat.

Nanci Pelosi, met die figuur van 'n model, kry dikwels volpunte vir haar uitrustings. Statig sonder om vervelig te wees, sê modekenners. Net reg met 'n speelse bykomstigheid soos pêrels uit Tahiti. En die een goue reël van smaakvolle kleding oortree sy nooit: Sy is altyd in net een kleur uitgerus vir belangrike geleenthede, sy dit donkerpers, grys, rooi of swart.

Bestellings vir pêrels uit Tahiti het glo deur die dak geskiet nadat sy daarmee gesien is.

Alhoewel haar klere van duursame, duur stowwe gemaak word, is die snitte sober en kan die gewone vrou op straat iets soortgelyks in styl bekostig. Die Demokrate kan hulle sterre dank vir speaker Pelosi wat waarskynlik 'n groot rol speel om vroulike kiesers op die wa te hou.

Hillary Clinton moet egter die Demokraat met die meeste oormaaksessies in die boek wees. Vandat sy die kalklig getref het as presidentsvrou, verander sy klere en hare. Tans lyk dit asof sy iets gevind het waarvan sy hou en ook die eenkleurresep ontdek het.

Nog 'n eenkleuraanhanger is die aanvallige Anna Bligh van Australië. Die premier van Queensland sit nooit 'n modevoet verkeerd nie, al is dit in skrilpienk.

Condoleezza Rice, vorige Amerikaanse sekretaris van buitelandse sake, is deur die Washington Post gekapittel nadat sy dit buite gewaag met lang swart stewels en 'n kort swart romp. Haar reputasie van 'n godvresende werkesel het nooit weer daarna herstel nie.

Maar die mees onlangse groot modestelling kom van niemand minder nie as die nou herverkose Duitse Kanselier.

Bild am Sonntag het Angela Merkel en haar eggenoot Joachim Sauer op 'n visvangvakansie kort voor die verkiesing afgeneem. Kandidaat Merkel wou 'n bietjie van haar alledaagse doen en late aan Duitsland wys.

Andreas Fritzenkötter, die vorige media-adviseur vir Helmut Kohl, is baie krities oor Merkel se besluit. "Hierdie foto's gee 'n baie, baie direkte blik op haar lewe en dis soos 'n klap in jou gesig."

Merkel se besluit om haar lewe vir die pers oop te gooi was 'n waagstuk te oordeel aan die foto's. Die magtigste ekonomie in Europa word deur 'n lokomotief in 'n vaal sweetpakbroek getrek. Suid-Afrika se parlementêre modesirkus kan gaan kers opsteek by doodgewone nederigheid.

Laas Opdateer op Donderdag, 01 Oktober 2009 16:15

Withuis verander klerestyl

E-pos Afdruk PDF

Image
Obama, die president sonder baadjie
President Barack Obama is afgeneem in die Ovaalkantoor sonder sy pak se baadjie aan. Maar daar was 'n logiese verduideliking daarvoor: Obama wat nie van koue hou nie het die lugreëling se termostaat warmer gestel.

"Hy is van Hawaii afkomstig, reg?" het Obama se senior adviseur David Axelrod gesê. "Hy hou van die hitte. Mens kan orgideë daar binne groei."

Onder Bush se bewind was stiptelikheid belangrik. Vergaderings het vroeg begin – die voormalige president het eenkeer die minister van buitelandse sake, Colin Powell uit die Kabinetskamer gesluit toe Powell 'n paar minute laat was – en betyds geëindig. In die Obama-Withuis begin vergaderings op die regte tyd en eindig dikwels laat.

"Ek sal nooit vergeet nie, ek het een Saterdagoggend werk toe gegaan en is ingeroep Ovaalkantoor toe omdat hy ongelukkig was oor iets," het Dan Bartlett, 'n adviseur vir Bush gesê. "Ek het kakieklere aangehad en 'n hemp waarvan die kraag nie toegeknoop was nie, ek moes by die deur staan en is vir 15 minute uitgevreet en is nie toegelaat om oor die drumpel te tree nie."

Obama het ook 'n meer ontspanne gevoel in sy openbare verskynings. David Gergen, 'n adviseur vir beide Republikeinse en Demokratiese presidente, het gesê dat Obama 'n soort van "Aloha Zen" uitstraal, 'n soort van gemaklike kalmte, wat Gergen gesê het 'n man weerspieël wat "gemakliker is, en nie so vol van homself nie".

Franse modekoning sterf

E-pos Afdruk PDF
Yves Saint-Laurent, een van die mees suksesvolle mode-ontwerpers van die 20ste eeu, is laas nag in die ouderdom van 71
Yves Saint-Laurent
Yves Saint-Laurent
oorlede.
Laas Opdateer op Dinsdag, 03 Junie 2008 09:59 Lees meer...