Jy is hier: Leef

Leef

Broodslaai

E-pos Afdruk PDF

Die Italianers noem dit Panzanella.

Rooster vier tot ses snye Italiaanse brood liggies vir vier tafelgenote en breek of skeur dan in stukkies.

Meng met een rooi soetrissie, 'n klein komkommer en 'n klein rooi ui, alles in skywe gesny. Sny 8 klein tamaties in kwarter en voeg by.

Skeur 'n paar basiliekruidblare oor die slaai en strooi 'n handvol swart olywe oor. Maak 'n slaaisous van 'n gekneusde toontjie knoffel, 2 eetlepels rooi wynasyn en en 5 eetlepels olyfolie en bedrup die heerlikheid.

Lekker smul!

 

Laas Opdateer op Dinsdag, 03 November 2009 16:53

Waatlemoen-en-papajaslaai

E-pos Afdruk PDF

Neem een klein waatlemoen, sny middeldeur, maak die helftes staan en sny die vleis uit en dan in blokkies of skep mooi balletjies uit. Skil, ontpit en sny 'n klein papaja in blokkies. Skep die waatlemoen en papaja terug in die waatlemoenbakkie.

Vir die slaaisous rasper 'n teelepel vars gemmer en meng dan met 3 eetlepels heuning, die sap van 'n halwe suurlemoen. Voeg brandrissie en sout na smaak by. Giet oor die slaai, verkoel en geniet saam met seekos.

Genoeg vir twee.

Laas Opdateer op Vrydag, 30 Oktober 2009 11:04

Bronkorsslaai

E-pos Afdruk PDF

Rooster 8 kleinerige tamaties en 8 repe spek teen 170 grade C vir 30 minute lank vir vier mense.  'n Handvol dennepitte kan droog gerooster word in 'n kleefvrye pan op die stoofplaat.

Rangskik bronkorsslaai op 'n bord en sny 'n klein rooi ui in dun skywe daaroor. Krummel 100g fetakaas daaroor en skep die geroosterde oondkos oor die slaai.

Bedruip met balsamiese asyn en olyfolie. Onthou die glasie koue Sauvignon Blanc...

Smaaklik!



Laas Opdateer op Woensdag, 28 Oktober 2009 09:43

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL