praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Vrydag, 12. Maart 2010

Bygewerk op:04:57:57 PM GMT

Jy is hier: Kunste Argitektuur
Facebook Twitter Digg Delicious Stumbleupon Google Bookmarks RSS Feed 
Aantal kere gelees: 4024

Argitektuur

Suid-Afrikaner wen wêreldargitektuurprys

E-pos Afdruk PDF

’n Suid-Afrikaanse argitek, Peter Rich van Johannesburg, het die prys vir die beste gebou ter wêreld ingepalm.

Hy is by die wêreldargitektuurfees-prysuitdeling in Barcelona, Spanje, vir die ontwerp van sy Mapungubwe-interpretasiesentrum in Limpopo vereer.

Sy wenstruktuur is digby die samevloeiing van die Limpopo- en die Sheshe-rivier in die Mapungubwe- Nasionale Park opgerig vir die artefakte van die gebied.

Rich het sy prys toegeskryf daaraan dat die beoordeelaars “keelvol vir glas en glimligte” is en daarom het sy “eg Afrika”-ontwerp gewen.

Meer as 1500 argitekte en kundiges het 15 finaliste uit 272 projekte van 67 lande gekies. ’n Paneel van vyf deskundiges waaronder ook 'n strukturele ingenieur, moes die algehele wenner aanwys.

Sühä Ozkan, ’n Turkse argitek en beoordelaar, het gesê Rich se ontwerp dra “’n beeld van kompleksiteit” na die buitewêreld uit. Die beoordeelaars het gevoel die gebou is sielkundig sowel as argitektonies besonder kragtig.

“Die gebou is tussen Julie en September voltooi en die sentrum sal seker volgende jaar vir die publiek oopgestel word,” het Rich gesê.

Die gebou smelt heeltemal by die landskap in. Klippe en gruis van die omgewing is op die koepeldakke ingemessel.

Die koepels is van klein kleiteëls wat in lae oor mekaar op ’n antieke Spaanse manier vasgemessel is.

Plaaslike swart vroue het die teëls op die bouperseel uit sand van die gebied gemaak en die gebou bevat net 5% sement.

“Ons het die koolstofvoetspoor met 80% verminder,” het Rich gesê.

 

Laas Opdateer op Donderdag, 12 November 2009 08:06

'n Reuse glaskopdoek vir Moslems?

E-pos Afdruk PDF
Image'n Groot Moslemkopdoek van glas, sê die argitekte self, gaan in die hart van Parys opgerig word en Parysenaars noem dit alreeds die Kopdoek.
Laas Opdateer op Maandag, 28 Julie 2008 06:45 Lees meer...