praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Woensdag, 10. Maart 2010

Bygewerk op:02:57:57 PM GMT

Jy is hier: Kunste
Facebook Twitter Digg Delicious Stumbleupon Google Bookmarks RSS Feed 
Aantal kere gelees: 1337

Kunste

Van Gogh ontdek

E-pos Afdruk PDF

‘n Skildery wat herontdek is en wat glo deur Vincent Van Gogh geskilder is, word tans in ‘n museum in Nederland tentoongestel.

Deskundiges glo dat Le Blute-fin meul, ‘n kleurvolle skildery van mense by ‘n windmeul in Parys, in 1886 deur die Nederlandse kunstenaar geskilder is.

Ralph Keuning, direkteur van die Museum de Fundatie in Zwolle waar die kunswerk nou te siene is, het die skildery in 2007 herontdek en dit is later as ‘n egte Van Gogh-skildery verklaar.

Dirk Hannema, ‘n eksentrieke kunsversamelaar, het graag gespog dat hy sewe Vermeers, etlike van Goghs en 'n paar Rembrandts in sy versameling het.

Hy was ten minste, 25 jaar na sy dood, reg oor die van Gogh. Die veramelaar het die skildery in 1975 van 'n antieke handelaar in Parys gekoop wat nie veel waarde aan die werk geheg het nie. Hannema het egter geglo dit is die ware jakob en die skildery dadelik vir sestien keer die koopprys laat verseker.

Louis van Tilborgh, kurator van navorsing by die Van Gogh Museum in Amsterdam, sê die skildery is ongewoon vir die 19de eeuse impressionis omdat die figure groot in die landskap vertoon. Dit beeld die toneel van Parysenaars wat die houttrappe van die meul in die Montmartre-distrik klim, uit.

In ander opsigte is dit 'n tipiese van Gogh met helder kleure wat dik op die doek aangewend is. Die skilderdoek bevat 'n waarmerk van die winkel wat die kunstenaar dikwels besoek het, asook pigmente in die verf wat hy in ander werke aangewend het.

Suid-Afrikaner wen wêreldargitektuurprys

E-pos Afdruk PDF

’n Suid-Afrikaanse argitek, Peter Rich van Johannesburg, het die prys vir die beste gebou ter wêreld ingepalm.

Hy is by die wêreldargitektuurfees-prysuitdeling in Barcelona, Spanje, vir die ontwerp van sy Mapungubwe-interpretasiesentrum in Limpopo vereer.

Sy wenstruktuur is digby die samevloeiing van die Limpopo- en die Sheshe-rivier in die Mapungubwe- Nasionale Park opgerig vir die artefakte van die gebied.

Rich het sy prys toegeskryf daaraan dat die beoordeelaars “keelvol vir glas en glimligte” is en daarom het sy “eg Afrika”-ontwerp gewen.

Meer as 1500 argitekte en kundiges het 15 finaliste uit 272 projekte van 67 lande gekies. ’n Paneel van vyf deskundiges waaronder ook 'n strukturele ingenieur, moes die algehele wenner aanwys.

Sühä Ozkan, ’n Turkse argitek en beoordelaar, het gesê Rich se ontwerp dra “’n beeld van kompleksiteit” na die buitewêreld uit. Die beoordeelaars het gevoel die gebou is sielkundig sowel as argitektonies besonder kragtig.

“Die gebou is tussen Julie en September voltooi en die sentrum sal seker volgende jaar vir die publiek oopgestel word,” het Rich gesê.

Die gebou smelt heeltemal by die landskap in. Klippe en gruis van die omgewing is op die koepeldakke ingemessel.

Die koepels is van klein kleiteëls wat in lae oor mekaar op ’n antieke Spaanse manier vasgemessel is.

Plaaslike swart vroue het die teëls op die bouperseel uit sand van die gebied gemaak en die gebou bevat net 5% sement.

“Ons het die koolstofvoetspoor met 80% verminder,” het Rich gesê.

 

Laas Opdateer op Donderdag, 12 November 2009 08:06

Tango deel van wêrelderfenis

E-pos Afdruk PDF

Die Verenigde Nasies het die warmbloedige tangodans van Argentinië en Uruguay as deel van die wêreld se “ontasbare kulturele erfenis” verklaar, het diplomate van UNESCO Woensdag gesê.

Die VN se kulturele organisasie is besig met ‘n vergadering van 400 kenners in Abu Dhabi waar hulle gaan besluit oor ‘n lys van wêreldkuns en tradisies wat veilig bewaar moet word vir die mensdom.

Tango is ‘n tradisie van musiek en dans wat in werkersklas danssale in die Buenos Aires en Montevideo ontwikkel is.

Dit is regoor die wêreld bekend as ‘n simbool van sensuele romanse.

 

Laas Opdateer op Woensdag, 30 September 2009 11:36

Hitler-waterverwe opgeveil

E-pos Afdruk PDF

 

Image
Drie waterverfwerke deur Adolf Hitler word in September in Nuremberg in die suide van Duitsland opgeveil.

 

Die werke beeld tonele waar Nazi-oorlogmisdade jare later sou plaasvind, uit, berig ‘n plaaslike koerant.

Die stukke, wat onderskeidelik in 1910 en 1911 geverf is, is getiteld, "Zerschossene Muehle" (’n Beskadigde watermeule),"Weissenkirchen in der Wachau", (‘n Oostentykse dorpie) en "Haus mit Bruecke am Fluss" "Huis met ‘n brug oor ‘n rivier), het Nuernberger Nachrichten berig.

Die bod begin op R33 990, volgens die katalogus van Weidlerafslaers.

Hitler het as ‘n jong man daarvan gedroom om 'n skilder te word en hy het selfs vir 'n plek by die Weense Akademie vir Kuns aansoek gedoen.

Sy aansoek is afgekeur omdat sy tekeninge is nie goed genoeg was nie.

Hy is aangemoedig om argitektuur te studeer, maar hy het geweier om sy strewe om te skilder te laat vaar en poskaarte geteken wat hy aan toeriste verkoop het vir 'n inkomste.

Laas Opdateer op Maandag, 18 Januarie 2010 10:11

'n Beeld uit klip

E-pos Afdruk PDF
Image
Mfiti
Al het Zimbabwe nie meer hul eie geldeenheid nie, en is die tabakplase so te sê tot niet, het hulle darem nog 'n uitvoerproduk wat toeriste in die Kaap gaande het: Beelde uit klip. Die swaar klipskulpture word selfs op die internet bemark.

Elke beeld is uniek omdat elke harde klip waaruit dit gebeeld word, uniek is. Op die Mho-skaal waar diamante 10.0 meet en seepsteen 0.75, gebruik de beeldhouers serpentynsteen wat 3.2 meet asook harder klipsoorte wat tot 5.4 meet.

Die beeldhouers gebruik as werkgereedskap beitels van wolframkarbied en werk dan die beelde met 'n korundveil af voordat dit tot 'n spieëlgladde beeldhouwerk gepoleer word.

Hoofsaaklik kom die beeldhouers uit Malawi, maar die beelde word eerder met Zimbabwe verbind omdat verskeie stamme deels na die land gemigreer het. Desnietenstaande is daar ook Shona-beelde in klip. Ander stamme wat klipbeelde vervaardig is die Chewa, Kore-Kore en die Ajawo.

Die Shonabeeld is gewoonlik 'n persoonlike interpretasie eerder as figuratief en hout- en metaalwerk is meer algemeen.

Die Ajawo wat hoofsaaklik in Malawi en Tanzanië voorkom, het in die vyftigerjare van die vorige eeu na Zimababwe gemigreer om op tabakplase in die Guruvedistrik te werk. Ook is hulle op die spoorlyne in Noord-Rhodesië as arbeid ingespan. Die beeldhouers van Tengenenge gebruik dikwels soos die Chewa voëls, krokodille en visse in hul klipuitbeeldings. Klipmaskers is ook gewild.

Interessant is hulle geloof in die denkbeeldige Mfiti. Die beeld van die wese met sy oordrewe gesigsuitdrukking is gewild onder beeldhouers. Hy word ook soms as twee figure wat ineengestrengel asof in konflik of stoeiend is, uitgebeeld.

Die Mfiti ry glo in die nag op 'n hiëna en kom dan die kamer van 'n slapende man in waarna hy die kop afsny en daarmee sokker speel in die oggend.

Tentoonstellings is reeds met groot sukses by die Medi - Spa in Kaapstad gehou, asook die Erinvale en Lanzerac Hotelle. Daar is tans van die beelde te besigtig by Groot Constantia, Neethlingshof en die Radisson Hotel in Kaapstad.

Laas Opdateer op Woensdag, 29 Julie 2009 11:07

Bladsy 1 van 3