praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Donderdag, 11. Maart 2010

Bygewerk op:08:28:58 PM GMT

Jy is hier: Johann Wingard Is 'n volkstaat polities haalbaar?
Facebook Twitter Digg Delicious Stumbleupon Google Bookmarks RSS Feed 
KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS
Aantal kere gelees: 858

Is 'n volkstaat polities haalbaar?

E-pos Afdruk PDF

In die volkstaatdebat moet mens een oog voortdurend op die werklikheid hou sodat vals hoop en persepsies nie geskep word nie.  Ons moet dus realisties bly...

Net soos ander volke op aarde is die Afrikanervolk ten volle geregtig op territoriale selfbeskikking.  Hy sal sodanige eis egter slegs suksesvol kan handhaaf mits die nodige volkswil daartoe bestaan.

Ek  voorsien dat die aanhoudende demonisering van alle aspekte van apartheid, asook die Afrikaners se betrokkenheid daarby, enige vorm van selfbeskikking of die opeis van enige volkeregtelike regte deur Afrikaners vandag deur die populiste en liberalistiese media as ‘n terugkeer na apartheid bestempel sal word.

Vir die sakesektor is politieke stabiliteit vir ekonomiese groei verkieslik  bo die potensiële politieke spannings en onstabiliteit wat deur opwelling van volksnasionalisme teweeggebring kan word.  Vir die sakesektor en die mediamagnate is dit dus kritiek belangrik dat Afrikaners deur ‘n proses van de-etnifikasie moet gaan sodat daar in die toekoms van ‘n Afrikaanstalige gemeenskap en nie meer van Afrikaners gepraat sal word nie.  Daar is  weinig twyfel dat hierdie strategie aanleiding tot die 1994 magsoorgawe gelei het en nou volvoer word.

“Transformeer om te oorleef”-  is hul strategie en daardie plan word nou deur die media en sakelui as die enigste haalbare oorlewingsplan vir Afrikaners aangebied.

Die vraag is dus hoe invloedryke Afrikaners enige inisiatief vir enige vorm van territoriale outonomie sal steun - iets wat lynreg teen hul eie strategie is, as so ‘n inisiatief noodwendig die herrysing van Afrikaners se eie bewustheid mag ontlok en selfs ‘n moontlike migrasiestroom van Afrkaners na ‘n bepaalde gebied kan veroorsaak.

So iets kan moontlik op ‘n onstabiele menseverskuiwing binne die landsekonomie uitloop.  Die feit dat ‘n miljoen blankes reeds die land verlaat het beskou hulle as ‘n natuurlike ekonomiese proses waar individue beter ekonomiese geleenthede gaan soek het.

Sterk teenstand en heftige reaksies kan dus uit daardie oord verwag word aangesien Afrikanernasionalisme deur sowel die ANC as die Demokrsatiese Alliansie, asook die Afrikaanse sakesektor as ‘n gemeenskaplike vyand beskou word.  Die media, wat aan hierdie groepering behoort, sal dus elke truuk speel om ‘n herskikking van provinsiale grense deur verdagmakery en disinformasie te verongeluk.

Tydens gesprekke met politici word veral die volgende argumente deur hulle geopper:

-     Die belastingbasis vir tweedevlak en derdevlak ekonomiese herverdeling sal wesenlik verklein word met ‘n gebied buite beheer van die ANC.

-     Die oorkoepelende onuitgesproke beleid dat Engels die lingua franca van die hele land moet word, sal benadeel word.

-     ‘n Wit enklawe sal swart bemagtigting, veral t.o.v. amptenare wat Afrikaans nie magtig is nie, benadeel. (bv. Xhosa- en Zoeloepraters)

-     Nasiebou sal volgens hulle verydel word aangesien ander etniese groeperings op dieselfde regte mag aandring, ‘n proses wat op balkanisering van die land mag uitloop.

-     Territoriale selfbeskikking vir Afrikaners mag vertolk word dat daar na apartheid teruggekeer word en die mite perpetueer dat Afrikaners ‘n meerderwaardige groep in Afrika is.

-     Dit mag ook vertolk word dat ten spyte van SA se liberale grondwet, die ANC– regering misluk het omdat hy nie daarin geslaag het om sy wit minderheid op ander maniere te akkommodeer nie.

-     Met die uitsondering van die VF+, is al die opposissiepartye heftig gekant teen enige inisiatiewe wat as rasseskeiding vertolk kan word, aangesien sulke inisiatiewe hul groeipotensiaal by ander gemeenskappe sal beduiwel.

-     Swart aktiviste kan die regering oor hierdie hoogs emosionele saak selfs tot ‘n val bring, omdat die regering weer die aMaburu, “hul eertydse onderdrukkers,” as ‘n spesiale groep erken.

Die droom van territoriale selfbeskikking sal uit ‘n politieke oogpunt  bykans onhaalbaar wees, tensy ‘n radikale paradigmaverskuiwing by die populiste asook by die sakesektor ontstaan wat so ‘n proposisie vir hulle aanloklik sal maak.  Die kanse daarvoor is egter baie skraal.

Intussen moet daar aan ander strategieë gewerk word voordat die geldmagnate en die ANC se gemeenskaplike strategie, wat ten doel het om die volgende geslag Afrikaners heeltemal te de-etnifiseer, volvoer word.

Verskeie opsies is tans besikbaar vir Afrikaners om as enkelinge in die NSA voort te bestaan.

  • Word deel van die meerderheid:  Dit is een opsie wat deur die media, asook deur die liberale establishment en akademici verkondig word.  Daar word geargumenteer dat etniese verdelingslyne mettertyd gaan verdwyn en dat die smeltkroesproses van nasiebou net sowel nou reeds kan begin.  Gemeenskaplike belange soos onderwys, sport, taal en die ekonomie word hiervoor ingespan.  Dit verskaf die filosofiese begronding waarop rassisme tans as ‘n groter misdaad beskou word as verkragting, roof of moord.   Baie Afrikaners het reeds op hierdie opsie besluit en voed hul kinders as NSA-burgers op.
  • Emigrasie: Honderde duisende Afrkaners het reeds die emigrasie-opsie gekies, of berei hul kinders voor om dit te doen.  Sommige Afrikaners, veral op landbougebied, het die werklikheid van ‘n swart regering in Suid-Afrika aanvaar en het besluit om ‘n swart regering te kies onder wie hulle die voordeligste bestaan sal kan maak.  Een so ‘n land is Zambië, ‘n ander is Mosambiek waar honderde Afrikanerboere reeds hervestig het.
  • Om te veg vir eie grondgebied:  Dit is ‘n feit dat regerings slegs toegee aan druk om hul beleid te verander wanneer sodanige druk onhoudbaar word in terme van verlies aan lewens en bates.  Hierdie opsie beteken dat Afrikaners, soos die swart aktiviste voorheen, ondergronds sal moet gaan en hulself op ‘n lang, bloedige stryd voorberei. Geografiese afskeiding vind selde plaas sonder ‘n bloedige stryd.  Daarenteen is ‘n bloedige stryd ook nie ‘n waarborg vir sesessie nie, soos baie minderheidsvolke in Europa en elders kan getuig.
  • Die stigting van ‘n virtuele volkstaat:  ‘n Verteenwoordigende Afrikanerowerhyeid is tans waarskynlik die haalbaarste opsie en vereis dat Afrikaners hulself moet orden op politieke, opvoedkundige en kultuurgebiede.  Deur hul eie buiteparlementêre instellings sou hulle egter druk op die regering van die dag kan uitoefen.  Sodanige druk kan deur die howe asook met buitelandse verbintenisse op die regering toegepas word sodat Afrikaners se belange gerespekteer word.

Die AO se vermoë om druk uit te oefen sal in verhouding staan tot die hoeveelheid steun wat die struktuur onder Afrikaners geniet.  So ‘n geglobaliseerde volkstaat hou Afrikaners deur die kuberruimte in verbinding met mekaar.

Tegnologie --, handels – en werksgeleenthede kan op hierdie wyse vryelik uitgeruil en benut word.

Hierdie struktuur kan as voorloper dien om later geografiese selfbeskikking op ‘n kerngebied in te stel, selfs al is dit dan aanvanklik net  op derde vlak.

  • Die groeipuntvolkstaatgedagte. ‘n Bonsaiboompie lyk in elke opsig net soos sy groot boom eweknie, maar hy bly egter klein omdat sy voedingsbron beperk word.  Bonsai-volkstaatjies soos in Kleinfontein en Orania kan oral verrys en mettertyd selfs op ‘n federale basis met mekaar skakel om in mekaar se tegnologie, handel en skoolopvoedingstelsels te deel.  Afrikaners wat binne hierdie groeipunte woon bevind hulle sodoende in ‘n mini-volkstaat deurdat hul onmiddellike omgewing vir hulle as Afrikaans vertoon.  Maar soos wanneer ‘n Bonsaiboompie se potjie buite tussen kakiebosse geplaas word, is sulke groeipunte altyd deur ‘n groter vyandige omgewing omring.

Vraag is nou wat binne hierdie politieke werklikhede nog gedoen kan word om nogtans ons vryheid te verkry?

Volgens bostaande ontleding sal territoriale selfbeskikking met of sonder ‘n oorlog moeilik haalbaar wees binne Suid-Afrika se grense, maar groepsregte wat deur ‘n AO afgedwing word sal wel moontlik wees.  Maar waarheen sal ons vlug wanneer die finale aanslag teen blankedom eendag om ons losbars?  ‘n Afrikanertuisland is dus ‘n strategiese noodsaaklikheid vir ‘n volk om te oorleef.

Om nou buite die kassie te dink, wil ek ‘n scenario ontwikkel wat meer lewensvatbaar mag wees as ‘n langdurige stryd met ‘n vyandige plaaslike swart bevolking aan wie die land onherroeplik op ‘n skinkbord weggegee is.  Dit is bloot ‘n gedagte waaraan ek reeds vir geruime tyd soos aan ‘n taai stuk biltong kou.

Die toekomsbeeld is ‘n gebied buite Suid-Afrika van ongeveer 100 kilometer kuslyn by 200 kilometer die binneland in.  Die gebied is tropies en sub-tropies, met natuurlike mededingende ekonomiese voordele, waar ‘n landbougebaseerde ekonomie soos in verskeie Europese lande en Amerikaanse state gevestig kan word.  Die hooffokus kon val op biobrandstof en voedselproduksie en verwerking.  Daar sal ‘n uitvoerhawe wees om die voedsel en brandstof na internasionale markte uit te voer. Benewens pad en lugvervoer sal die gebied maklik per see vanaf enige Suid-Afrikaanse hawe of  vanaf Maputo bereik kan word.

In so ‘n gebied is twee seisoene per jaar die reël en met Suid-Afrikaanse tegnologie en kundigheid kan ‘n lewensvatbare ekonomie binne die bestek van vyf tot tien jaar reeds gevestig wees.

Die gebied kon buite Suid-Afrika se grense wees, glad nie onderhewig aan die benouende neo-apartheidswette van die ANC-regering nie.  Die projek sal in samewerking met die betrokke regering aangepak word en deur die yl plaaslike bevolking verwelkom word.  Die nuwe intrekkers sal as beleggers en nie as setlaars beskou word nie en sal as ‘n ekonomiese groeikern vir die hele land beskou word.  Die gebied is misdaadvry en vriendelik teenoor witmense.

Voordat die eerste intrekkers voet aan wal sit, sal die volgende ooreenkoms tussen die AO en die regering asook plaaslike tradisionele owerheid bereik moet word:

  • Beleggers sal die afgebakende gebied as hul nuwe vaderland mag beskou.
  • Hulle sal die alleenseggenskap vir oorkoepelende gebiedsontwikkeling en owerheidsgesag oor hul mense hê.  Bestaande inheemse inwoners sal hul demokratiese regte by hul tradisonele plaaslike owerheid soos tans, kan uitoefen.
  • Alle ontwikkelings sal aan internasionale omgewingsbewaringsvereistes moet voldoen.
  • Die gebied sal as Outonome Gebied alleenseggenskap hê oor kultuursake soos onderwys, gesondheidsdienste, sport en arbeidspraktyke, wat hulle self sal oprig en befonds.
  • Die gebied sal sy eie polisie - en ander sekuriteitsdienste op die been bring, befonds en bedryf, maar sal by die nasionale veiligheidstelsel ingeskakel bly.
  • Die nuutgestigte Gebeidsowerheid sal grond en eiendom op  99 jaar huurpag gratis aan nuwe intrekkers registreer.  Alle verbeterings sal beleggers se eiendom bly.
  • Belasting sal aan die nuut gestigte gebiedsowerheid betaal word om infrastruktuur en algemene dienste te lewer.
  • Geen inkomstebelasting sal vir die eerste vyf jaar aan die sentrale regering betaal word nie.
  • Beleggers sal aangemoedig word om hul Suid-Afrikaanse bates na die gebied te verskuif en geen invoerbelasting sal daarop gehef word nie.  Beleggers sal hul bates  weer  sonder enige beletsel die land mag uitneem.
  • Beleggers mag hul jaggewere behou nadat dit by die plaaslike owerheid geregistreer is.
  • Die hervestigingsprojek sal onder die reeds bestaande bilaterale ooreenkoms wat tussen die Suid-Afrikaanse regering en die betrokke land se regering bestaan, sorteer. In hierdie ooreenkoms word die onaantasbaarheid van beleggers se bates wedersyds gewaarborg.
  • Beleggers sal verantwoordelik wees om hulself te onderhou en sonder staatshulp hul eie huisvesting op te rig.
  • Hulle sal hul eie dorpe beplan stig en en finansier.
  • ‘n Nuwe  toerismebedryf sal aangemoedig word.
  • Hulle sal hul eie bank met of sonder die samewerking van ander banke kan oprig, en sal hul eie kredietstelsel kan bedryf.
  • En so meer

Nadat die breë ooreenkoms afgehandel is, sal die werwingsaksie vir beleggers van stapel gestuur word.  Die projek sal ekonomies en nie ideologies gedrewe wees nie – die ideologiese vrugte sal vanself groei.

Ek praat van ‘n gebied noord van Pemba in Mosambiek.

Is dit maar nog ‘n nuwe apartheidsdroom?




Verwante artikels:


KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS