praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Vrydag, 12. Maart 2010

Bygewerk op:04:57:57 PM GMT

Jy is hier: Herman Toerien Amerikaanse tea party – teeparty of politieke krag?
Facebook Twitter Digg Delicious Stumbleupon Google Bookmarks RSS Feed 
KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS
Aantal kere gelees: 263

Amerikaanse tea party – teeparty of politieke krag?

E-pos Afdruk PDF

Net so min as wat die Bostonse teeparty op 16 Desember 1773 ‘n werklike teeparty was, so min is die huidige Tea party-bewiging iets wat die wêreld kan ignoreer – al word ook hoe daarmee die spot gedryf.

‘n Onlangse peiling deur NBC News en die Walle Street Journal het 41 persent volwasse Amerikaners aangegdui dat hulle ‘n positiewe siening van die Tea party het, teenoor 35 persent wat ‘n positiewe siening van pres. Barack Obama se Demokratiese Party het. Die kritiese Washington Post meld dat steun hiervoor verlede jaar landswyd “ontplof” het.

Die VSA word gekenmerk deur ‘n de facto tweepartystelsel, waar die Republikeine en die Demokrate sake uitspook. Daar is tallose ander partye, maar hulle word gewoon fyngemaal tussen die twee grotes, en is veral op nasionale vlak kwalik relevant.

Amerikaners wend hulle dus tot ‘n groot mate tot lobbies. Dit is moontlik omdat Amerikaanse Kongreslede nie soos in Suid-Afrika tot koukusgerigte stemmery ingebind is nie. Van die lobbies funksioneer effektief soos politieke partye, het ‘n volledige beleid, genereer fondse en veldtogte, en besluit dan welke kandidate gesteun moet word, ongeag hul politieke party. Die saak, en nie die party nie, is wat saak maak.

Een van die grotes is die Christian Coalition of America met sowat 4 miljoen ingeskrewe lede. Dit het ‘n volledige beleidstelling op sy webtuiste.

Nou is daar die Tea party, wat as beweging beskryf word, en die “party” met ‘n klein letter geskryf word sodat dit nie met ‘n party verwar moet word nie.

Die Tea party is gebore uit veral wit middelklas Amerikaners se keelvolheid vir oplopende staatskuld, veral noudat pres. Obama hard werk om ‘n tipe sosialistiese (welsynstaat) gesondheidsorgstelsel in te voer.

Die Tea party word meer met die Demokratiese Party geassosieer, en het onlangs baie daartoe bygedra dat die Republikein,  Scott Brown, in wyle sen. Ted Kennedy se setel verkies te kry.

Tog sukkel die Amerikaanse media nog om ‘n begrip te vorm van wat die Tea party werklik beteken. Juis weens die tekens dat dit ‘n “conservative revolution” kan wees, was die hoofsaaklik liberale Amerikaanse pers stadig uit die blokke om werklik kennis te neem, al was die sentimente wat dit onderlê al ‘n ruk lank teenwoordig.

Een van die vroegste tekens dat die wêreld nie Obama se verkiesing tot president moes vertolk as ‘n besliste liberale stap deur die kiesers nie, was toe ‘n peiling kort na sy verkiesing gedui het dat die meeste Amerikaners sedert dit gemeet word, nou teen aborsies op aanvraag is. Tog het hulle kort tevore die stryd om aborsies op aanvraag tersyde gestel te kry, twintig jaar teruggesit deur Obama in te stem.

Kort hierna het Amerikaanse deelstate op ‘n streep, die “liberale Ooste” ingesluit op enkeles na huwelike van dieselfde geslag aan die ban gedoen. Dit het dikwels gevolg nadat referendums afgedwing is.

Op laas is Obama se gewildheid ook baie gou daarmee heen.

Is daar ‘n Suid-Afrikaanse analoog?

Die naaste onlangse weergawe is waarskynlik die Cope-euforie wat die beste opsie sou bied teenoor ‘n gegewe. Dit het sterk uit ‘n verkiesing getree al het erge krake reeds voor die verkiesing gewys, en terwyl dit duidelik was dat die party moeite sou hê om almal wat entoesiasties meegedoen het, beleidsgewys in te bind.

Soos met Cope, is dit onseker hoe die “party” gaan reageer op sy  eerste nasionale konvensie wat gister begin het. Gaan die uiteenlopende sigbare leiers, wat Sahrah Palin insluit, mekaar genoegsaam kan vind om die eenheid te bewaar? Vroeë berigte dui op grootskaalse ongelukkigheid en beskuldigings, maar die harde feit is dat die 600 kaartjies (ja, konvensiegangers moet stywe bedrae opdok) uitverkoop en is talle ander daarom weggewys moes word.

Of gaan hierdie “party” ook soos die Bostonse “tea party” in die see beland en daarna net as faktor in die geskiedenisboeke opgeteken wees?

Al is dit iets wat iewers in die toekoms gaan platval, verdien hierdie “konserwatiewe rewolusie” meer aandag in di e Suid-Afrikaanse media.




Verwante artikels:


KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS