Jy is hier: Tuis

praag.co.za | Aktueel, aktief, Afrikaans |

Nege renosterstropers vas

E-pos Afdruk PDF
Nege mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo die afgelope paar weke renosters in Limpopo gestroop het, het die polisie Woensdag gesê.

In die mees onlangse voorval is vier verdagtes in hegtenis geneem terwyl hulle glo op pad was om renosters by 'n wildreservaat naby Lephalale te skiet, het lt. Kol. Ronel Otto gesê.

Die mans is Dinsdag by 'n padversperring naby Vaalwater vasgekeer.

Dié vier mans, drie van Zimbabwe en een van Mosambiek, sal Donderdag in die landdroshof verskyn.

Vyf mans is drie weke terug, in 'n aparte voorval, in hegtenis geneem nadat hulle renosters op 'n wildreservaat wou stroop.

Die mans, almal van Zimbabwe, het reeds in die hof verskyn.

Hulle saak is tot Augustus uitgestel.

Volgens Otto is daar 'n moontlikheid dat dié mans ook betrokke was by voorvalle van huisrowery.

Markinor-peiling

E-pos Afdruk PDF
Die geskiedenis leer dat peilings soms baie akkuraat kan wees, en soms redelik uit die kol kan wees. Om peilings in Suid-Afrika te doen is gewoonlik moeilik, veral omdat 'n party soos die IVP se steunbasis gekonsentreerd en moeilik bereikbaar diep in die landelike gebiede is. Formules om hiervoor te kompenseer blyk dikwels ontoereikend te wees.

Tog dien peilings 'n waardevolle doel. Dit gee veral aan politieke partye 'n aanduiding van of hulle besig is om tot die harte van mense te spreek.

In die jongste Iposos-Markinor-peiling kan die volgende afgelei word:

Die ANC het steeds ongeveer 2-derdes steun, maar slegs ongeveer 2 persent blankes steun die party.

Die DA se steun staan op ongeveer 13 persent waar dit in April 2009 nog sowat 16 % stemme getrek het, en meer as die helfte van sy steun is wit.

Die Vryheidsfront + se steun staan nou op 0,3 na dit in die April 2009-verkiesing nog bykans een persent stemme getrek het.

Cope se steun het oor dieselfde tydperk met ongeveer die helfte na sowat 3 en 'n half persent afgeneem.

Op die makro-skaal is daar dus 'n baie stabiele steunbasis waar verkiesings effektief die karakter van 'n etniese sensus aanneem.

Weens die post-1994-karakter van die verkiesings, is dit ongelukkig so dat 'n baie groot deel van die ideologiese stryd hom afspeel in die geledere van partye wat skaars meer, en dikwels minder as een persent van die stemme trek. Hierdie partye – weens die klein persentasies, presteer ook dikwels tydens verkiesings veel beter en soms ook swakker as wat die peilings aandui. Hiervoor is talle redes, soos dat dié partye, soos die VF +, tot verhouding baie verkiesingskundigheid het, en dat die talle blapse wat die regering deurlopend maak, 'n groot impak op die kleiner partye kan hê, al maak dit min indruk op die ANC se persentasie steun. As een druppel uit 'n emmer vol water gehaal word, maak dit immers min verskil, maar gaan voeg daardie druppel by 'n ander druppel, dan verdubbel die oorspronklike druppel.

Dat die ACDP bietjie steun bygekry het kan aan die demografiese aard van die peiling toegeskryf word, maar dit kan ook wees dat die party steun herwin het wat dit aan Cope se kits-opkoms afgestaan het. Die steun bly egter in die orde van een persent.

Die VF Plus se posisie kan dalk die kulminasie van baie faktore wees, soos dat baie van sy ondersteuners nou ter wille van werksgeleenthede in diaspore is, dat die leiding die steun nie raakgetref het nie en vele ander. Dit kan egter ook moontlik teruggevoer word na die besluit van die leier, dr. Pieter Mulder, om as adjunk-minister te dien. 'n Interessante parallel is die ChristenUnie in Nederland wat na die voorlaaste verkiesing as kleinste party tot die regerende koalisie toegetree het. Die CU is die koalisie in as groeiende party, 'n party met 'n reputasie van besonder goeie en skoon administrasie, en 'n dinamiese leier wat al deur joernaliste as die parlementariër van die jaar aangewys is.

Dit het opsigtelik waarde tot die regering van Nederland toegevoeg.

Dit het egter ook die ChristenUnie in so 'n mate gebind dat dit nie meer soveel aksent kon plaas op dit wat vir die ondersteuners belangrik is nie. Die stryd teen aborsies is noodgedwonge op die agtergrond geplaas omdat die tweede grootste koalisievennoot, die Partij van de Arbeid, niks daarmee te make wou hê nie. Dieselfde lot het die destydse grootste party, die Christen-Demokratiese Appèl, getref.

Dit is ongetwyfeld so dat die kommersiële landboubedryf die insigte van dr. Mulder nodig gehad het in die see van onkunde en moedswilligheid binne die ANC. Dit het egter ook daartoe gelei dat hy self, as partyleier, nie so sigbaar was in die veroordeling van plaasmoorde nie. Sy party het wel erklarings uitgereik, maar dit maak in die teikengemeenskap minder indruk as dit nie van die partyleier kom nie.

Hiervoor is gekompenseer met 'n meer aktiewe rol oor plekname, maar dit weeg blykbaar nie op nie.

Geen oorlewendes in Pakistanse lugramp

E-pos Afdruk PDF
Al 152 passasiers en bemanningslede wat aan boord die vliegtuig was wat Woensdag naby Islamabad, Pakistan se hoofstad, neergestort het, is dood, het 'n beampte gesê. 

Twee Amerikaners was onder die slagoffers, het 'n woordvoerder van die Amerikaanse ambassade gesê. Hy het geen verdere besonderhede gehad nie.

"Daar is geen oorlewendes nie. Ons glo almal is dood. Ons is besig om die oorskot van die lyke uit die wrak te haal," het Imtiaz Elahi gesê.

PRAAG verwerp Tutu se boikot teen Israel

E-pos Afdruk PDF

Dan RoodtDr. Dan Roodt, leier van PRAAG, het vanuit Jerusalem emiritus aartsbiskop Tutu se oproep om 'n internasionale boikot van Israelse produkte verwerp en sy heftige teenkanting daarteen uitgespreek.

Roodt, wat as reisende ambassadeur vir Afrikanerbelange tans in Israel verkeer, het gesê: "Tutu is skynheilig, want terwyl hy Palestynse selfbeskikking ondersteun, word Afrikanerselfbeskikking en Afrikanerregte in Suid-Afrika vertrap en daaroor swyg hy in alle tale."

Volgens PRAAG was "ekonomiese sanksies teen die vorige Afrikanerregering wat deur Tutu en die Statebondsleiers bepleit is, slegs die voorspel tot die stukturele volksmoord wat daar tans teen die Afrikanervolk gepleeg word". Roodt het Tutu getipeer as "'n pro-Arabiese, anti-Semitiese propagandis wat die vernietiging van Israel en die Joodse volk in die oog het".

Roodt meen dat sowel Tutu as die Anglikaanse kerk 'n sleutelrol gespeel het in die proses om die Afrikanervolk van sy soewereiniteit en vryheid te ontneem en hy wil dieselfde strategie nou teen Israel herhaal.

Hy het 'n beroep op Afrikaners gedoen om Israel sigbaar in sy huidige oorlewingstryd te onderskraag, terwyl hy insgelyks die Joodse gemeenskap in Johannesburg gevra het om die Afrikaner se stryd om die herstel van sy regte en soewereiniteit in Suid-Afrika op tasbare wyse te ondersteun.

"Sedert die tyd van Paul Kruger, het die Afrikanervolk nog altyd in harmonie en broederskap met Jode saamgeleef en gedurende die twintigste eeu was Israel een van ons getrouste bondgenote. Ons wil ons solidariteit en vriendskap met Israel bevestig, asook die reg van Jode op hul voortreflike en vooruitstrewende volkstaat."

Roodt het gister 'n besoek aan die oustad van Jerusalem, waaronder die Tuingraf en die Klaagmuur, gebring. Sy besoek geniet wye mediadekking in die Heilige Land en benewens 'n onderhoud met die Israelse staatsradio in spitstyd en 'n Russiestalige TV-kanaal wat in die land en in Europa uitsaai, is personderhoude steeds aan die gang. Hy sal vandag in Tel Aviv verdere TV-onderhoude voer.

Laas Opdateer op Donderdag, 29 Julie 2010 13:05

Die Nuwe Suid-Afrika

E-pos Afdruk PDF

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL