Sydney Gregan: Is die afstigting van die Wes-Kaap werklik ‘n haalbare opsie?

Dr Corné Mulder van die VF Plus het onlangs in ‘n toespraak by die Kaapstadse Persklub gestel dat “ons” toekoms in ‘n onafhanklike Wes-Kaap lê. Meer bepaald dan dat daardie provinsie selfbeskikking deur middel van sesessie (afstigting) moet oorweeg en … Lees verder

Leon Lemmer: Plakkers verswelg die eens beloofde land

FA Venter* (1916-1997) was ‘n skrywer van onder meer historiese romans, soos die volgende vier oor die Groot Trek: Geknelde land (1960), Offerland (1963), Gelofteland (1966) en Bedoelde land (1968). Samevattend kan Suid-Afrika, ten minste in historiese Afrikanerperspektief, op Bybelse … Lees verder

Sydney Gregan: Dis tyd om af te skei

Die Afrikanervolk beleef tans ‘n hernieude aanslag op sy voortbestaan as selfstandige volk, dit wil sê as ‘n volk wat geregtig is om sy eie identiteit volkome uit te leef. Daardie identiteit sluit in sy eie waardes, kultuur, verering van … Lees verder

VF Plus raak multikulti, benoem Peter Marais

Die Vryheidsfront Plus, wat hom reeds sedert 1994 daarop roem dat hy ‘n party is wat Afrikanerselfbeskikking voorstaan, het hom nou volledig tot multikulturalisme verbind deur ‘n bruin politikus, mnr. Peter Marais, as sy “premierskandidaat” in die Wes-Kaap te benoem.… Lees verder

Kaapstad waarsku dat water kan opraak as verbruikers nie begin spaar nie

Kaapstad sê damvlakke in die Wes-Kaap is besig om drasties te daal, ondanks oproepe op die publiek om water spaarsaam te gebruik.

Die belangrikste damme in die provinsie is gemiddeld 33 persent vol, het ‘n woordvoerder vir die burgemeesterskomitee, Zara … Lees verder

Nog ‘n brand breek naby Wellington uit

Nog ‘n brand het in die Wes-Kaap in Bainskloofgebied naby Wellington uitgebreek.

Volgens die brandweerhoof van die Kaapse Wynlande, Ian Ross, het die brand weens ‘n sterk suidooste wind vinnig in die rigting van die Doolhof-gebied versprei.

Brandbestryders kon verhoed … Lees verder

Bring Afrikaans by Maties terug, sê PRAAG

Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG) het Vrydag sy standpunt oor die konseptaalbeleid van die Universiteit van Stellenbosch aan dié instelling oorgedra. Anders as die meeste Afrikaanse organisasies, asook die Gelyke Kanse-groep wat onlangs gestig is, wil PRAAG sien dat Stellenbosch weer … Lees verder

Xhosa-faksie kla oor ‘oormatige geweld’

Die Hooggeregshof in die Wes-Kaap sal Donderdag ‘n dringende aansoek deur betogers van die Xhosa-faksie aanhoor om die polisie te verbied om “oormatige geweld”, en onder meer traanrook en skokgranate teen betogers te gebruik.

Die Wes-Kaapse Hooggeregshof is gelaai met … Lees verder

Senior ANC-lid pleit vir boendoegereg voor sy eie vonnis

Ten minste een lid van die ANC se uitvoerende komitee in die Wes-Kaap is keelvol vir misdaad, alhoewel hyself met die gereg gebots het.

Andile Lili meen misdadigers moet “onmiddellik en gewelddadig” doodgemaak word in boendoeverhore.

Hy het die uitlating … Lees verder

Kaap van Storms: Wind sal teen Vrydag weer optel

Die stormsterkwinde wat bome ontwortel het, vier vragmotors omgewaai het en ‘n ekstra koue in Kaapstad sal na verwagting weer Vrydag optel.

‘n Weervoorspeller by die Kaapstadse weerkantoor Thabisile Ntleko het gesê winde bereik snelhede van tot 55 km/h, met … Lees verder

Heli-ongeluk eis twee

Die Burgerlugvaart-owerheid en die polisie ondersoek ‘n helikopter-ongeluk waarin twee mense in Bainskloof naby Wellington in die Boland dood is.

‘n Woordvoerder van Working on Fire, Linton Rensburg sê die slagoffers was besig om brande in die Wynland-omgewing te bestry … Lees verder