Suidelike halfrond in rugby-eindstryd na bedenklike beslissing

Al vier spanne in vanjaar se halfeindronde van die wêreldrugbytoernooi in Engeland is van onder die ewenaar.

Hulle sal volgende naweek teen mekaar meeding om te bepaal wie ‘n week later in die eindstryd gaan speel.

Die Suidelike Halfrond het … Lees verder

Amerika kry welverdiende rugbyloesing

Suid-Afrika is met 16 punte bo-aan groep C van die Rugby Wêreldbekertoernooi wat in Brittanje gehou word.

Daarmee is die Bokke se plek in die kwarteindronde in Londen verseker.

Die Springbokke het Amerika Woensdag ‘n pakslae gegee van 64-0 en … Lees verder

Springbokkaptein tree uit

Die Springbokkaptein, Jean de Villiers het sy uittrede uit internasionale rugby aangekondig nadat hy sy kakebeen beseer het.

Hy keer vandag na Suid-Afrika terug en sal waarskynlik ‘n operasie aan sy kaak moet ondergaan.

Suid-Afrika het hul sokkies opgetrek in … Lees verder

Té simplisties om net Heyneke Meyer te verkwalik

Saterdagmiddag se treurmare in Brighton gaan ongetwyfeld vir weke nog die hoofpunt van bespreking onder rugbygeesdriftiges in Suid-Afrika wees. Die eens magtige Bok word soesji, afgeslag deur die Japannese.

Veral een akteur in die Japannese tragedie staan vierkantig in die … Lees verder

Klag teen KSA by Internasionale Krieketraad oor ras

‘n Amptelike klag gaan glo binnekort by die Internasionale Krieketraad téén Krieket Suid-Afrika ingedien word, het RSG berig.

Dit volg nadat voorskrifte oor die rassesamestelling na bewering deur die Protea-bestuur neergelê is in die wêreldbekerhalfeindstryd teen Nieu-Seeland.

Die KSA hoof, … Lees verder

‘Uitbarsting van rassisme’ tydens wêreldbekersokker ná Neymar-besering

Nadat ‘n swart speler van Colombië die jong Brasiliese sokkerster, Neymar (volle name Neymar da Silva Santos Júnior) beseer het, het ‘n “uitbarsting van rassisme” gevolg en het die Colombiaan etlike doodsdreigemente ontvang.

Brasiliërs op Twitter vaar uit teen die … Lees verder

Zuma geboe ná Bafana-neerlaag teen Brasilië

Jacob Zuma by die ENB-stadion in Desember 2013
Jacob Zuma by die ENB-stadion in Desember 2013

President Jacob Zuma is gisteraand weereens geboe toe hy op die sokkerveld van die ENB-stadium stap na afloop van die wedstryd tussen die SA span en Brasilië.

Zuma is uitgejou en geboe … Lees verder

Gatgrawery

Die regering maak steeds groot gewag van wat hy die opwelling van nasietrots gedurende die wêreldbekersokkertoernooi noem, en klop homself hiervoor op die skouer.

Tim du Plessis, redakteur van Beeld, het egter in ‘n radioprogram die skep van die sokkereuforie … Lees verder

Euforie het ‘n prys

Die bedrae wat tot dusver bekend gemaak is oor hoeveel Suid-Afrikaanse staatsdepartemente en staatsinstellings aan die aankoop van kaartjies vir die Wêreldsokkerbeker spandeer het, beloop reeds sowat R60 miljoen. Dit sluit nie die bedrae wat munisipaliteite, soos die R15 miljoen … Lees verder

Oranje deur na tweede rondte

Die Nederlandse sokkerspan, bekend as Oranje, het die eerste span in vanjaar se wêreldbekertoernooi geword wat van ‘n plek in die tweede rondte verseker is.

Die Nederlanders het reeds twee van hul drie wedstryde suksesvol agter die blad na die … Lees verder

Afrikaners moet begin sokker speel

Ek is nou nie ‘n groot kenner van sokker nie, omdat ek dié spel heel vervelig vind al van kleintyd af. Daar was byvoorbeeld ‘n hele paar van die 2010-toernooi se wedstryde wat geen doele opgelewer het nie, of gelykop … Lees verder

Fifa in die spervuur

Kort voor die aanbreek van die Fifa-toernooi in Suid-Afrika, en te midde van die euforie wat heers, speel ‘n heel ander wêreld hom ook af.

Al hoe meer berigte en briewe sien die lig waarin Fifa as ‘n soort hartelose … Lees verder

FIFA lag stormloop af

FIFA is glad nie bekommerd dat ‘n herhaling van gister se stormloop deur ‘n skare swartes tydens ‘n opwarmingswedstryd tussen Nigerië en Noord-Korea by die Makhulongstadion naby Johannesburg mag plaasvind nie. Vyftien mense is in die stormloop beseer.

Die wedstryd … Lees verder

Cosas dreig om 2010 te kaap

Die Congress of SA Students (Cosas) in Gauteng het gedreig om die komende Wêreldbeker-sokkertoernooi te ontwrig as die regering nie gratis opvoeding beskikbaar stel nie.

“Ons eis dat die regering gratis opvoeding sal bied, anders sal daar geen Wêreldbeker-toernooi in … Lees verder