Wêreldbank sê armoede in SA kan toeneem

Vir die eerste keer sedert 1994 is armoede in Suid-Afrika aan die toeneem, het die Wêreldbank gesê.

Volgens die Wêreldbank het ekonomiese aktiwiteit in Sub-Sahara-Afrika in 2015 afgeneem, met BBP-groei van gemiddeld 3 persent, af van 4.5 persent in 2014.… Lees verder

Wêreldbank weier om Hitachi-tender te ondersoek

Die Wêreldbank het Dinsdag verklaar dat daar geen verdere ondersoek sal wees na die omstrede­ Hitachi-tender nie.

Die Japannese maatskappy Hitachi Power Europe het glo geld aan Chancellor House betaal in ruil vir politieke invloed in die toekenning van staatskontrakte.… Lees verder

Pik Botha se seun vaar uit teen BRICS

Dr Roelof Botha meen BRICS se anti-Amerikaanse ingesteldheid kan Suid-Afrika suur bekom. Botha, Pik Botha se seun, het in ‘n meningstuk in Netwerk24 gesê die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds in onvervangbaar wat “vryemarkbeginsels, private eiendomsreg, vryheid van spraak … Lees verder

IMF dreig Zim oor skuld

Die Internasionale Monetêre Fonds het Zimbabwe dringend versoek om samesprekings met sy krediteure te voer om sy voorslepende skuldagterstand te probeer uitwis.

Die IMF is in die land om toe te sien dat die land sy ooreengekome ekonomiese hervormings uitgevoer … Lees verder

Vliegongeluk skep ‘n probleem vir pro-BRICS Brasilië

Brasilië se presidensiële verkiesing wat in Oktober plaasvind, sou vir die huidige president Dilma Rousseff ‘n maklike oefening gewees het, totdat ‘n vliegongeluk Rousseff se lustelose teenstander, ekonoom en voormalige goewerneur van Pernambuco, Eduardo Campos se dood veroorsaak het.

Op … Lees verder

Wêreldbank loof SA se kinderstaatstoelaes

papgeldDie Wêreldbank het Suid-Afrika geloof vir sy kinderstaatstoelaes wat glo die maatskaplike band tussen mense en die staat ondersteun.

Die toelaes word allerweë beskou as ‘n geboorteversneller wat jong swart meisies tot vroeë moederskap oorreed.

Dit is ook al gekritiseer … Lees verder

Wêreldbankpresident verwys na ‘energie-apartheid’

Die president van die Wêreldbank, Jim Jong Kim, het gister gesê dat “elekrisiteit van die mense van Afrika weerhou word” wat op globale “energie-apartheid” neerkom.

Die totale energie-verbruik van die miljard mense in Afrika is gelykstaande aan dít wat België … Lees verder

Agang gaan glo korrupsie uitskakel

Die leier van Agang SA en voormalige amptenaar van die Wêreldbank, Mamphela Ramphele, sê haar party se visie is om die Grondwet te beskerm deur korrupsie uit te skakel.

Sy het deelgeneem aan ‘n bespreking saam met die voormalige leier … Lees verder

Zim-verkiesing deur duisende waarnemers toegesak

zimsadcMinstens 20 000 plaaslike en buitelandse verkiesingswaarnemers sal vandag in verskeie gebiede in Zimbabwe ontplooi word in aanloop tot Woensdag se verkiesing.

Die land het meer as ses-komma-vier-miljoen geregistreerde kiesers, wat na verwagting hul kruisies sal trek om die beleërde … Lees verder

Wêreldbank se geld raak op

Die Wêreldbank, wat gewoonlik steun aan arm lande verleen, moes soveel kontant uitdeel ná die globale finansiële krisis dat dit ‘n tekort vir nuwe projekte oor die volgende 12 maande ondervind.

“Teen die middel van aanstaande jaar gaan ons ernstige … Lees verder