Zuma bekommerd oor sy veiligheid

Media 24 berig dat president Jacob Zuma nou deur die polisie se spesialis taakmag-eenheid én swaar gewapende weermagsoldate opgepas gan word.

Dit is glo ‘n aanduiding dat daar kommer heers oor sy veiligheid.

Rapport het berig dat die nuwe veiligheidspersoneel … Lees verder

Turkye se ‘staatsgreep’ lyk na Islamitiese suiweringsveldtog

Nagenoeg drieduisend vermeende militêre samesweerders is in Turkye in hegtenis geneem, ná ‘n mislukte staatsgreep Vrydagnag.

Duisende regters, staatsaanklaers, militêre leiers en soldate is gevange geneem en lasbriewe vir die ander se inhegtenisname is uitgereik.

Verskeie regsgeleerdes, onder wie tien … Lees verder

Heksejag teen Wouter Basson kos belastingbetaler miljoene

Die raad op gesondheidberoepe sal voortgaan met sy heksejag teen die biologiese oorlogvoeringskenner, Wouter Basson, ten spyte daarvan dat dit die belastingbetaler al R15 miljoen uit die sak gejaag het.

Basson poog tans om die voorsitter van die Tugkomitee, Professor … Lees verder

Stropers in Namibië voer skrikbewind

Die eienaar van Emanya Lodge tussen die Etosha Nasionale Park en Oshivelo, sê sy “wil weghardloop” uit moedeloosheid omdat stropers ’n skrikbewind voer en dit lyk of die polisie nie veel daaraan gaan doen nie.

Dertien van haar 18 swartwitpense … Lees verder

Forensiese ondersoek na soldaat by Lohatla se dood

Forensiese uitslae sal bepaal onder watter omstandighede ‘n Suid-Afrikaanse soldaat, wat tydens die Amani Africa II-oefening by Lohatla in die Noord-Kaap doodgeskiet is, die lewe gelaat het.

Sersant Sello Modisane, van 21 SA Infanteriebataljon (SAI), is gedood tydens ‘n lokval … Lees verder

Mugabe lyk oud en afgeleef

Zimbabwiese diktator, Robert Mugabe, 91, het na bewering Dinsdag tydens dié land se Weermagdag-vieringe besonder moeg en afgeleef gelyk, het News Day berig.

Volgens dié berig het hy gesukkel om te stap tot by die podium waar hy sy toespraak … Lees verder

Prins vra dat diensplig terugkom

Brittanje se prins Harry het versoek dat diensplig weer in dié land ingestel word, het Reuters berig.

Hy sê sy militêre loopbaan het hom en die soldate onder sy bevel gehelp om op die regte pad te bly.

Die 30-jarige … Lees verder

Zuma-familie ontken dat hulle in weermag-helikopters reis

Die presidensie het Sondag ontken dat pres. Jacob Zuma se familie van weermag-helikopters gebruik maak om tussen Durban en Nkandla in KwaZulu-Natal te reis.

“Die presidensie verwerp die bewerings wat vandag in die City Press gemaak is,” het Mac Maharaj, … Lees verder

Kommer dat weermag nie uitslag in Lesotho aanvaar nie

Dit is nie seker of adj.pres. Cyril Ramaphosa se pogings om stabiliteit in Lesotho te bewerkstellig, suksesvol sal wees nie.

Rama­phosa is deur die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap aangewys om as hooffasiliteerder op te tree wat tot die verkiesing gelei het.

Terwyl … Lees verder

Zuma loof Weermag oor landelike veiligheid

President Jacob Zuma het lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat saam met die polisie gewerk het, geloof vir die “sukses” van die Landelike Veiligheidstrategie.

Dié strategie word tans landwyd by 117 polisiestasies geïmplementeer om veiligheid en sekuriteit in landelike … Lees verder

Zille verdedig geheime SAID-eenheid

Die Presidensie het ten sterkste beswaar gemaak teen bewerings van die DA-leier, Helen Zille oor die president se verbintenis met die inkomstediens.

Zille het president Jacob Zuma verbind met die skorsings van amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

Volgens die Presidensie … Lees verder

Spuende generaal wat wittes haat kos SANW halfmiljoen

Die hooggeregshof in Kimberley het beslis dat swart weermaglede adjudant-offisier At Malan onregmatig in hegtenis geneem en aangerand het omdat hy sy werk gedoen het.

Hy is deur die weermaglede aangerand en daarna weer deur ‘n swart vroue brigadier-generaal wat … Lees verder

SANW in ‘kritieke verval’

Suid-Afrika se gewapende magte is volgens ‘n militêre strategie-oorsig in kritieke verval wat minstens ‘n dekade nodig sal hê om omgekeer te word.

Volgens Reuters kan die agteruitgang in die land se verdedigingsvermoë ‘n invloed hê op alles van grensveiligheid … Lees verder

DA-lid belaster voormalige dienspligtiges in Naarpers se Prawda

delport_manfred_600deur Manfred Delport

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Boetman is vanoggend die bliksem in. Dis Boetman se eie skuld, want hy behoort teen dié tyd beter te weet as om die Afrikaanse weergawe van Prawda, … Lees verder