Kroonstad se waterkrisis Vrydag bespreek

Die munisipale bestuurder van die Moqhaka-munispaliteit en verskeie rolspelers vergader Vrydag om die waterkrisis in Kroonstad te bespreek.

Die woordvoerder van dié munispaliteit, Khojane Madiba, het aan OFM gesê hulle sal dan kommentaar op die kwessie lewer.

Die Bloemhoekdam, wat … Lees verder

Ryk sakeman van Johannesburg in hof oor gesteelde koperkabels

‘n Johannesburgse sakeman, wat in ‘n huis van R10m in die spogwoonbuurt Atholl woon, het gister in die Roodepoortse Landdroshof verskyn op aanklag van gesteelde koperkabels. Hy word saam met vier medepligtiges aangekla.

Na bewering het die sakeman gesteelde koperkabels … Lees verder

Oranje Meisieskool moet swembadwater gebruik weens watertekort

Honderde meisies van Oranje Meisieskool het begin om die skool se swembad te benut vir water weens die erge watertekort in Bloemfontein.

Die Mangaung Metroraad sê egter die grootskaalse wateronderbrekings in die stad se noordelike voorstede sal eersdaags iets van … Lees verder

Noordwes-premier hits swartes teen boere aan oor watertekort

Die premier van Noordwes, Thandi Modise, het die watertekorte wat deur swak munisipale bestuur veroorsaak word, aan “sabotasie deur wit rassiste” toegeskryf.

‘n Boer wat na bewering ‘n waterklep laat sluit het, is te blameer vir die probleme met die … Lees verder

Watertekort is ANC liegstorie, sê Zille

Die ANC het gereël dat daar glo watertekorte in Mitchells Plain sou wees voor ’n minister se besoek aan die voorstad, het die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, Donderdag gesê.

Die minister van koöperatiewe regering en tradisionele sake, Sicelo Shiceka, het … Lees verder