Waterpolisie ontplooi in ergste Kaapse droogte in ‘n eeu

George in die Tuinroete is die jongste dorp in die Wes-Kaap om waterbeperkings in te stel, te midde van ‘n waterkrisis wat dreig in die provinsie en waterpolisie wat ontplooi word.

Die plaaslike munisipaliteit het bekend gemaak dat die waterbeperkings … Lees verder

Babelse verwarring oor Vrystaatse beurtwater

Vrystaters moet hulself gereed maak vir beurtwater wat enige tyd dié week ingestel kan word.

Die LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer en die voorsitter van die provinsiale gesamentlike bedryfskomitee oor droogte, Butana Komphela, het gister aan OFM-nuus gesê beurtwater … Lees verder

Vrystaat tot rampgebied verklaar met waternood

Die ­Vrystaat is dié week tot rampgebied verklaar weens ‘n knellende droogte. Talle Vrystaatse dorpe is tans byna sonder water gelaat, ook weens wanbestuur.

Munisipaliteite, wat boonop skoon drinkwater met rou riool besoedel, is genood­saak om waterbeperkings af te kondig.… Lees verder

Waterbeperkings in Bloemfontein afgekondig

‘n Kritieke waterskaarste weens klimaatsverandering en min reën staar die Mangaung-metro in die gesig.

Volgens die munisipale woordvoerder, Qondile Khedama, is die tekort aan water besig om ‘n algemene probleem in stede te raak.

Waterbeperkings is Vrydag op ‘n raadsvergadering … Lees verder

Waterbeperkings vir Noord-Durban

Watervlakke in damme wat die eThekwini munisipaliteit bedien, is op kritieke lae vlakke.

Die munisipale woordvoerder, Thabo Mofekeng het ‘n beroep op inwoners gedoen om water te spaar.

Die watervlak in die Hazelmere-dam het drasties afgeneem, wat dié stappe noodsaak. … Lees verder