Ebola-grense weer oopgestel

Die Ivoorkus het sy westelike grens met Liberië en Guinee heropen twee jaar nadat dit in Augustus 2014 gesluit is om die verspreiding van die Ebola-virus te verkom.

Die virus het die lewens van duisende mense in Wes-Afrika geëis.

Ongeveer … Lees verder

WHO hou noodvergadering oor Zika

Reuters berig dat die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) Dinsdag aangekondig het dat sy nood­komitee oor Zika vandag sal ver­gader.

Die vergadering sal gehou word om die uitbreking se ewolusie en neurologiese defekte wat met die muskiet-oordraagbare virus gepaard gaan, te bespreek.

Die … Lees verder

‘Agterdeur’-virus op Praag: opgelos?

Nuwe boodskap: Ons het nou die tema van die blad geherinstalleer, wat lyk asof dit van die “agterdeur” ontslae geraak het. Indien u nog probleme ervaar om ‘n bladsy op ‘n mobiele toestel te open of na ‘n gemorsadvertensie herlei Lees verder

Ebola terug in Nigerië, Londen

Die departement van gemeenskapmedisyne van die Universiteit van Calabar in die Cross River-staat van Nigerië ondersoek die jongste geval van Ebola in die land.

Tien mense word in kwarantyn gehou nadat hulle in die suidelike Nigeriese stad Calabar in kontak … Lees verder

Tien sterftes in Nigerië dalk ebola

Vrese dat ebola weer in Wes-Afrika kan uitbreek is verhoog nadat die virus in die suide van Nigerië klaarblyklik tot sterftes gelei het.

Dié nuwe gevalle kom ‘n jaar nadat die land vry van die virus verklaar is.

Tien mense … Lees verder

Swart studente weet nie van Vigs

Wat is MIV/Vigs? Swart studente en personeel in hoër onderwysinstellings beweer hulle weet nie van die virus nie.

Hierdie openbaring blyk uit ‘n studie oor MIV/TB gedrag. Die bevindings is voorgelê by die Suid-Afrikaanse Vigs-konferensie by die Internasionale Konferensiesentrum in … Lees verder

Ebola steek weer kop uit

Sowat 100 dae nadat die laaste geval van Ebola in Sierra Leone aangemeld is, is ’n nege maande oue seun van die Kailahun-distrik aan die virus dood.

Die distrik is geleë aan die grens tussen Guinee en Liberië wat ook … Lees verder

Berigte oor ebola-slagoffer in Durban misleidend

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê berigte dat ‘n ebola-slagoffer in Durban aangemeld is, is misleidend.

Volgens die Instituut is die man se simptome nié dié van ebola nie, hy is voorts nooit daarvoor getoets nie en is ook … Lees verder

Cyril en TAC tel die VIGS-strydbyl op

Adjunk-president Cyril Ramaphosa sê die land het wegbeweeg van die ontkenning van VIGS.

Ramaphosa sê groot vordering in die stryd teen die pandemie gemaak.

Hy het gepraat by die bekendstelling van die 21ste internasionale VIGS-konferensie, wat na 16 jaar weer … Lees verder

AU stuur gesondheidspersoneel na ebola-gebiede

Die voorsitter van die Afrika-Unie Kommissie, Nkosazana Dlamini-Zuma, sê verskeie lidlande het onderneem om gesondheidspersoneel na ebola-geteisterde gebiede te stuur.

Afrika-lande gaan meer as ‘n duisend gesondheidswerkers na Liberië, Sierra Leone en Guinee stuur wat die ergste deur die ebola-virus … Lees verder

Ebola in die beton-oerwoud

‘n Dokter wat onlangs na New York teruggekeer het is positief vir ebola getoets.

Hy het met sy terugkeer in die VSA deur die doeanepos se siektebeheer geen koors getoon nie.

Die dokter, Craig Spencer, wat ebola-pasiënte in Guinee behandel … Lees verder

Kommer oor ebola laai op

Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê Suid-Afrikaanse mediese deskundiges is na lande gestuur wat deur ebola geteister word.

Motsoaledi het die portefeuljekomitee belas met gesondheid oor die departement se jaarverslag ingelig.

Die Departement het ‘n ongekwalifiseerde ouditverslag vir die … Lees verder

Ebola: Botswana sluit grense terwyl Kubane instroom

Die Afrika-Unie het sy kommer uitgespreek nadat Botswana nie reismaatreëls teen burgers van lande wat deur die ebolavirus getref is, wou ophef nie.

Die Unie sê die weiering om reisbeperkings op alle burgers van die betrokke lande te lig, het … Lees verder

Geleentheidsvenster om ebola te stuit krimp

Met die oog op bekamping van die wêreldwye dodelike ebola-virussiekte, het Nasionale Hawe-owerheid van Suid-Afrika verklaar dat hulle veiligheidsmaatreëls verskerp het.

Dié stap is geneem om personeellede by agt hawens te beskerm teen die virus wat deur inkomende vaartuie en … Lees verder