VSA vra dat SA politieke geweld in DRK keer

Die Verenigde State het Dinsdag ‘n beroep op Suid-Afrika gedoen om sy spesiale invloed in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) te gebruik om hierdie week se ontploffing van politieke geweld te keer en te sorg dat dit nie … Lees verder

Twee Noordwes-skole afgebrand in verkiesingsgeweld

Sewe klaskamers by Setilo Sekondêre Skool by Mareetsane naby Mahikeng in Noordwes is aan die brand gesteek deur oproeriges.

Die skool is in ligte laaie gelaat nadat verkiesingsgeweld in die gebied opgevlam het. Die Graad 11 en 12 klaskamers is … Lees verder

Polisie ontken skerppuntaksie teen oproeriges

‘n Groep oproeriges het van lewendige ammunisie gebruik gemaak terwyl hulle probeer het om in te breek in ‘n winkelsentrum in Mamelodi Dinsdag, het die polisie gesê.

Iemand het die slot van die geslote ingang na die sentrum afgeskiet, het … Lees verder

Politieke geweld verhewig na Sanco-leier se moord

Politieke binnegevegte is vermoedelik die oorsaak vir die moord op ‘n leier van die burgerregte-organisasie, Sanco in Madibeng naby Brits in Noordwes.

‘n ANC-sameroeper in die streek, Lawrence Maluleka sê Thabo Moroa is deur vier aanvallers by sy huis in … Lees verder

Verkiesingsgeweld dwing Durban tot stilstand

Vyf mense is in hegtenis geneem en verskyn binnekort in die hof op aanklagte van openbare geweld ná Maandag se wydverspreide oproerigheid in en om Durban.

Ontevrede betogers het paaie versper, sakeondernemings geplunder en minstens 30 voertuie aan die brand … Lees verder

Nog verkiesingsgeweld in Lichtenburg, Zeerust, Bosbokrand

tyres2Bykomende polisielede is by Lichtenburg in Noordwes ontplooi waar woedende inwoners in die jongste verkiesingsgeweld Bodibe se paaie na die gebied met brandende bande en boomstompe afgesper het.

Dit volg na gewelddadige betogings by Bloemhof en Zeerust in die provinsie … Lees verder