Boris Johnson waarsku teen ‘Russe wat inmeng’ terwyl sy party stemme verloor

Die Britse minister van buitelandse sake, Boris Johnson hits kiesers aan teen Rusland met bewerings dat Russe waarskynlik sal inmeng in die komende Britse algemene verkiesing.

Hy het vrese uitgespreek dat die Russiese president die vertroue in “demokrasie” sal ondermyn.… Lees verder

Zambiese polisie vat opposisie-betogers vas

Zambiese polisie het 133 mense in hegtenis geneem wat betoog het teen die herverkiesing van pres. Edgar Lungu nadat sy hoofopponent, Hakainde Hichilema (foto bo), gesê het daar met die verkiesingsuitslae gekonkel is.

Reuters berig dat Lungu Maandag ‘n naelskraapse … Lees verder

Referendum oor grondwet wys Thailand se ‘bamboesdiplomasie’

Thailand se inwoners het begin stem in ’n referendum oor ’n nuwe grondwet wat deur die militêre junta opgestel is en die weg sal baan vir ’n algemene verkiesing in 2017, maar ook voorsiening maak vir toekomstige regerings om op … Lees verder

Comores stem

Kiesers in die Indiese Oseaan Comore-eilandgroep het Sondag gaan stem vir ’n president, met die huidige visepresident en ’n voormalige staatsgreep­leier wat die land vir sewe jaar regeer het as die gunstelinge.

Die tweede ronde presidentsverkiesings kom nadat visepresident Mohamed … Lees verder

Leon Lemmer: Verraad in Rhodesië/Zimbabwe en Suid-Afrika

Op 1 Maart is David Coltart se boek, The struggle continues: 50 years of tyranny in Zimbabwe (Auckland Park: Jacana, 2016, 647p, R380; Amazon Kindle $20,51) gepubliseer. Ek was verbaas om so ‘n lywige boek oor Rhodesië/Zimbabwe, gepubliseer deur ‘n … Lees verder

SAR hoop op vrede

Verkiesingsbeamptes het begin om die stemme te tel nadat kiesers in die Sentraal-Afrikaanse Republiek in verkiesings wat eers uitgestel is, vir die wetgewende liggaam en die president gestem het.

Die hoop is uitgespreek dat ’n einde aan die ergste sektariese … Lees verder

Benin se leier ontdek sy ‘respek vir grondwet’

Benin se pres. Thomas Boni Yayi sal die tuig na twee termyne neerlê “uit respek vir die grondwet” wat hom verhinder om hom in 2016 herverkiesbaar te stel.

“Elkeen het sy eie oortuigings. Myne is om my land se grondwet … Lees verder

VSA teen die toue in Sirië

By ‘n geskiedkundige byeenkoms op 30 Oktober 2015 in Wene, Oostenryk, het die wêreld se groot moondhede ooreengekom dat die staatlike integriteit van Sirië behoue sal bly.

Die besluite by die vergadering het die VSA se planne om Sirië te … Lees verder

Ivoorkus-verkiesing in die weegskaal oor ongeloofwaardige kandidaat

Vyf van die Ivoorkus se tien presidentskandidate het Woensdag gesê die land is nie gereed om geloofwaardige en deursigtige verkiesings op 15 Oktober te hou nie.

Hulle dreig nou om hulle aan die verkiesings te onttrek.

Opposisiegroepe sê Alassane Ouattara … Lees verder

Marine Le Pen kán Franse president word – Le Figaro

Ondanks die feit haar party gister tydens die tweede ronde van departementele verkiesings nie daarin kon slaag om een van Frankryk se 96 departemente  in te palm nie, meen ‘n invloedryke koerant dat Marine Le Pen wel president kan word. … Lees verder

Franse Nasionale Front lewer sterk vertoning

Frankryk se Nasionale Front, een van die magtigste regse politieke partye in Europa, het ‘n sterk vertoning teen pres. Francois Hollande se regerende sosialiste in die naweek se streeksverkiesings gelewer.

Die verkiesings word in 101 “departemente” gehou, wat portefeuljes soos … Lees verder

Namibië binnekort stembus toe

Namibiërs gaan op 28 November vanjaar stembus toe om vir lede van die Nasionale Vergadering en ’n nuwe president te stem.

Anders as in vorige jare, sal die verkiesings vanjaar net op een dag plaasvind en nie soos in die … Lees verder

Vyf bomme ruk Bagdad

‘n Digte swart rookkolom hang oor Bagdad nadat ten minste 100 mense die lewe gelaat het in ‘n gekoördineerde reeks van vyf motorbomontploffings wat die stad Dinsdag geruk het. Volgens hospitaalpersoneel en polisiebeamptes is honderde beseer.

‘n Reeks van vyf … Lees verder

Wêreldleiers wens Merkel geluk

Angela MerkelWêreldleiers het die Duitse kanselier, Angela Merkel, met haar verkiesingsoorwinnning gelukgewens maar sommige koerante meen vanmôre dat die lae stempersentasie en haar party se swakste vertoning sedert 1949 nie veel is om oor te kraai nie.

Die Amerikaanse president Barack … Lees verder