Verkeerschaos by OR Tambo na taxi’s paaie versper

Motoriste in Gauteng in die omgewing van OR Tambo-lughawe, is gewaarsku dat vertragings voorkom na die Internasionale Lughawe aan die Oos-rand waar meter-taxibestuurders paaie versper het uit protes teen die Uber-vervoerstelsel.

‘n Gedeelte van die N24 na die lughawe word … Lees verder

Verkeer in en om Pretoria staan botstil weens steenkoolvervoerprotes

Die N1 Noord en ander groot snelweë wat lei na Pretoria is geblokkeer deur ‘n protes van vragmotorbestuurders.

Volgens ‘n verslag deur EWN, is die Steenkoolvervoer Forum besig met ‘n “ry-stadig” protesaksie nadat president Jacob Zuma gesê het die regering … Lees verder

Die nie-amptelike doodsure op SA paaie

As jy tuiskom tussen 18:00 en 02:00 per motor oor ‘n naweek, tel jouself onder die gelukkiges.

Daardie tyd van die nag is die nie-amptelike “doodsure” op Suid-Afrika se paaie, volgens verkeersbeamptes.

Dronkbestuur, spoed en ‘n gebrek aan toesig is … Lees verder

Oproermakers sluit Goue Hoofweg

Die verkeersvloei op die Goue-hoofweg verby Lenasia is Maandagoggend weens oproer erg ontwrig.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie (JMPD), het padgebruikers gemaan om alternatiewe roetes te gebruik omdat die situasie gevaarlik is.

“In dié stadium kan ons … Lees verder

Bodem 2: ‘Noem my Harpoen’

vlamtoring´n vervolgverhaal deur Gustav Venter

Lees eers Bodem 1: ‘n Vuurtoring vol skel oranje vlamme

Die toring van vuur word dof en in die lig daarvan, vir ’n oomblik, kan die rollende bolle swart, olierige rook gesien word.

Daan-Dirk maak … Lees verder

Bodem 1: ‘n Vuurtoring vol skel oranje vlamme

vlamtoring‘n vervolgverhaal deur Gustav Venter

Later die aand, met die gloed van ‘n deel van die Oos-Rand wat in vlamme agter hulle staan, is die snelweg voor hulle vol stilstaande motors en die briekligte is soos die rye skubbe van … Lees verder

Gauteng in 2050 so digbevolk soos Bangladesj

squattersInternasionale navorsers het bevind dat Gauteng teen 2050 byna so dig bevolk as Bangladesj sal wees.

Die suid-Asiatiese land is een van die digsbevolkte lande ter wêreld.

Jonathan Moyer van die Joseph Korbel Skool vir Internasionale Studies het ‘n seminaar … Lees verder