Wegholveldbrand rig groot skade aan by Zastron

‘n Wegholveldbrand het Maandag duisende hektaar weidinggrond in die Zastron-distrik verwoes asook die bekende Aasvoëlberg-buitelugsentrum vernietig, het OFM berig.

Voorsitter van die Zastron Brandbeskermingsvereniging, Steyn van Ronge, sê ‘n brand wat vermoedelik deur lede van ‘n inisiasieskool in die gebied … Lees verder

Brand by Dewetsdorp onder beheer

‘n Hewige veldbrand, wat Woensdag naby Dewetsdorp in die Vrystaat gewoed het, het nie ver versprei nie danksy ‘n vorige veldbrand.

Johann Breytenbach, voorsitter van die Dewetsdorp-brandvereniging sê ‘n stuk grond wat reeds uitgebrand het, het verhoed dat die brand … Lees verder

Deel van N5 onbegaanbaar na wegholveldbrand

Die polisie in die Vrystaat het motoriste Donderdag gewaarsku om die N5-roete tussen Kestell en Harrismith te vermy weens ‘n wegholveldbrand wat buite beheer woed.

Polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, sê drie motors was reeds in ‘n botsing betrokke weens swak sig … Lees verder

Kettingbotsing by Villiers na veldbrand

Digte rook weens veldbrande het Woensdag naby Villiers tot ‘n kettingbotsing gelei toe vragmotors, ’n minibus-taxi en motors gebots het en van die voertuie vlamgevat het.

Tussen Warden en Villiers het ‘n veldbrand sowat 10 km buite Villiers digte rookwolke … Lees verder