Skaal van veediefstal naby Gauteng neem drasties toe

‘n Boer van Vredefort in die Vrystaat het ‘n verlies van derduisende rande gely nadat sowat 31 van sy stoet boerbokke Maandagaand op sy plaas gesteel is.

Voorsitter van die Koepel Veediefstal-inligtingsentrum in Noordwes, Sarel van der Wat, sê dié … Lees verder

Wrede slagting van beeste skok eienaars

Nog niemand is in hegtenis geneem nie in verband met die wrede slagting van nege Bonsmara-beeste op ‘n plaas in die Potchefstroom-distrik in Noordwes.

Veiligheidskoördineerder van die plaaslike brandvereniging se Groep Ses, Sarel van der Wat, sê die eienaars, Marius … Lees verder

Drie swart veeboere van moord op veedief aangekla

Drie swart veeboere van Noordwes sal na verwagting volgende week in die landdroshof op Bafokeng aansoek doen om borgtog nadat hulle van die moord op ‘n jong man op ‘n plaas in dié distrik verdink word.

Polisiewoordvoerder, Pelonomi Makau, sê … Lees verder

Eienaars van gesteelde vee gesoek

Gesteelde vee ter waarde van bykans R170 000 is in die besit van twee swartes gevind.

Die twee vermeende veediewe sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Klerksdorp verskyn ivm diefstal.

‘n Polisiewoordvoerder in Noordwes, Pelonomi Makau, sê altesaam … Lees verder

Vermeende veediewe wat buit verkoop se saak uitgestel

Die saak teen vyf van die agt verdagtes wat Woensdag vir veediefstal in Phuthaditjhaba en Ficksburg in die hof verskyn het, is uitgestel.

Valke-woordvoerder S’fiso Nyakane sê Kgathatso Rankete, Tiisetso Sikhosana, Samuel Ntombela, Mokwakwa Witbooi en Maleka Lize sal weer … Lees verder

Veediefstal kos boere ten minste R1,5 miljard per jaar

Skaapboere in die Vrystaat ly verliese van sowat R1,5 miljard per jaar as gevolg van veediefstal.

Dit is volgens navorsing deur WA Lombard, ‘n student in landbou-ekonomie wat aan sy Meestersgraad aan die Universiteit van die Vrystaat werk.

Die ysingwekkende … Lees verder

Sewe swartes vas wat glo gesteelde beeste wou verkoop

Sewe swartes, wat van veediefstal verdink word, sal na verwagting aansoek doen om borgtog in die landdroshof op Ventersburg in die Vrystaat nadat hulle verlede maand in hegtenis geneem is toe hulle beweerde gesteelde beeste probeer verkwansel het.

Die verdagtes … Lees verder

Skaapboer ly ontsettende verliese

Die aanslag teen wit boere duur onverpoos voort.

‘n Skaapboer in die Steynsrus-omgewing in die Vrystaat het derduisende rande se skade gely toe veediewe in die jongste voorval in die gebied, 18 van sy skape gesteel en afgeslag het.

Stefan … Lees verder

Swart grondeienaar voor vir moord en aanranding

Nege swartes, insluitend ‘n swart boer, sy vrou en twee polisiebeamptes, verskyn na verwagting vandag in die Vryburg-landdroshof in verband met die moord op ‘n ander swarte en die aanranding van nog twee mense.

Noordwes-polisiewoordvoerder, Paul Ramaloko, sê Tigwinita Luwantu, … Lees verder

Polisieman, nog drie vas wat glo skape steel

Terwyl president Jacob Zuma die SANW dié naweek geloof het vir hul aandeel in landelike misdaadbekamping, is nog ‘n polisiebeampte en drie ander swartes in hegtenis geneem vir veediefstal, het die polisie in die Noord-Kaap gesê.

Priscilla Naidu, woordvoerder van … Lees verder

Zuma loof Weermag oor landelike veiligheid

President Jacob Zuma het lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat saam met die polisie gewerk het, geloof vir die “sukses” van die Landelike Veiligheidstrategie.

Dié strategie word tans landwyd by 117 polisiestasies geïmplementeer om veiligheid en sekuriteit in landelike … Lees verder

Twee swart boere vas vir veediefstal

Twee swart boere het Maandag in die Excelsior-landdroshof in Ladybrand, Vrystaat, in die hof verskyn op aanklag van veediefstal.

“Lazarus Thekiso (61) en Petrus Sithole (61) is Saterdagaand voor middernag in hegtenis geneem toe hulle met sewe skape betrap is … Lees verder

Hoofman verhuur erwe teen R100 aan plakkers ná geslaagde grondeis

Volgens berigte is ‘n hoofman by Carolina in die Oos-Transvaal besig om erwe teen R100 elk aan plakkers te verkoop nadat hy landbougrond deur middel van ‘n grondeis bekom het.

Die kaptein van die Mhlongo-stam, Reuben Ndlovu Dlangamandla, wat nou … Lees verder

Sewe vas vir veediefstal

veediefstalDie polisie in KwaZulu-Natal het minstens sewe verdagtes in hegtenis geneem wat in besit betrap is van vee wat vermoedelik op Vryheid in die noorde van die provinsie gesteel is.

Die verdagtes is tydens ‘n polisie-padblokkade aangekeer. ‘n Polisiewoordvoerder, Thulani … Lees verder