Twee Rooi Miere gedood in uitsettingsgeweld

‘n Uitsettingsoperasie buite Pretoria het dodelik geëindig toe duisende plakkers slaags geraak het met Rooi Miere. Minstens twee is dood en ses ernstig beseer.

Plakkers uit Suurman, buite Hammanskraal, het busse aan die brand gesteek asook vragmotors, en paaie met … Lees verder

Geweld in Ladybrand nadat Rooi Miere toeslaan

Geweld het in Ladybrand uitgebreek in die Oos-Vrystaat.

Die Manyatseng-lokasie in Ladybrand is in rep en roer nadat honderde huise, wat volgens die munisipaliteit onwettig opgerig is, deur die Rooi Miere afgebreek is.

Inwoners het hulle teen die uitsettings verset. … Lees verder

Plaasuitsettingsbrandpunte deur ANC ondersoek

Plaasuitsettings is ’n menseregtekwessie, sê die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming Gugile Nkwinti en hy gaan ‘n ondersoekspan ontplooi na “brandpunte”.

Nkwinti het gereageer op berigte oor plaasuitsettings in die Wes-Kaap. Hy het aangekondig dat die span die stand … Lees verder

Ramaphosa, Fransman sit keel op oor uitsettings

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het die voorsitter van die ANC in die Wes-Kaap ondersteun oor sy teenkanting teen die uitsetting van plaaswerkers.

Ramaphosa en die voorsitter Marius Fransman, het Sondag plaasgemeenskappe besoek tydens ‘n deur-tot-deur veldtog op Mbekweni in die Paarl.… Lees verder