Moslemlande veroordeel Nederlandse rel met Turkye

Verskeie Moslemlande sowel as Frankryk, het die Nederlandse owerhede veroordeel omdat ‘n Turkse minister gedeporteer is.

Die luidrugtige diplomatieke geskil tussen Nederland en Turkye hierdie naweek het aansienlike onrus veroorsaak.

Verskeie Moslemlande sowel as Frankryk, het die Nederlandse owerhede veroordeel … Lees verder

Twee terroriste in SA se visier

Twee vermeende terroriste is onlangs in en na Suid-Afrika in afsonderlike voorvalle vasgetrek, het die Valke Sondag gesê.

In die eerste voorval, is ‘n vermeende ekstremis, wat reis op ‘n paspoort van die Verenigde State van Amerika via Turkye, by … Lees verder

Toeriste onder slagoffers in Istanboel-skietery

Ten minste 16 buitelandse toeriste was onder die 39 mense wat in die vroeër ure van Sondag op Nuwejaarsdag in die gewilde Reina-nagklub in Istanboel, Turkye, deur ‘n gewapende aanvaller geklee in ‘n Kersvader-uitrusting, doodgeskiet is.

Die Turkse minister van … Lees verder

Rusland veroordeel sluipmoord op ambassadeur as terreurdaad

Rusland sê hulle beskou die sluipmoord op die land se ambassadeur in Turkye, Andrei Karlov, as ‘n terreurdaad.

Karlov is gisteraand by ‘n kunsgallery in die Turkse hoofstad Ankara doodgeskiet. Beeldmateriaal toon hoe ‘n gewapende man in ‘n pak klere … Lees verder

Twee bomontploffings ruk Istanboel

Die dodetal ná twee bomontplof­fings kort na mekaar naby die Istanboelse sokkerstadion het tot 38 gestyg, met 166 mense wat beseer is, het die Turkse minister van binnelandse sake, Suleyman Soylu, gister gesê.

Onder die slagoffers was minstens 30 polisiebeamptes.… Lees verder

Leon Lemmer: Die oorsprong van ‘misdade teen die mensdom’ en ‘volksmoord’

Ek het die eerste keer van die Oekraïne se gespletenheid tussen die Ooste en die Weste kennis geneem toe ek Anna Reid se boek, Borderland: A journey through the history of Ukraine (London: Phoenix, 1998, 258p), gelees het. Die Dnieper-rivier … Lees verder

Duitse regering gebruik amptelik ‘volksmoord’ vir Herero-slagting

Die Duitse regering se spesiale gesant vir onderhandelinge oor die 1904-1908 Duitse koloniale volksmoord in Namibië, Ruprecht Polenz, en sy Namibiese eweknie, Zed Ngavirue, het vanaf 5 tot 7 September in die Duitse hoofstad, Berlyn, vergader.

Dit is die vierde … Lees verder

ISIS kry skuld vir jongste aanslag in Turkye

Turkye se president, Recep Tayyip Erdogan, het die Islamitiese Staat-groep (ISIS) die skuld gegee vir die bomaanval op ’n buitelugviering van ’n troue in die suidooste van die land.

Minstens 50 mense is in die aanval dood en 94 beseer. … Lees verder

Turke laat gevangenes vry om plek te maak vir ideologiese vyande

Turkye het Woensdag nagenoeg 38 000 gevangenes ingevolge strafregtelike hervormings vrygelaat.

Turkse gevangenisse is onder kwaai druk sedert duisende mense ná verlede maand se mislukte staatsgreep aangekeer en aangehou is.

Die hervormings is Woensdag by wyse van twee dekrete aangekondig. … Lees verder

Duitsland waarsku Turkye oor visum-afpersing

Duitsland het Turkye se dreigement om nie sy woord gestand te doen oor die omstrede ooreenkoms met die Europese Unie (EU) nie, verwerp.

Turkye het onderneem om die vloei van migrante na die EU te stop. Nou eis Turkye visumvrye … Lees verder

SA studente uit Turkye teruggeroep

Die Vrystaatse provinsiale regering het 52 studente wat in Turkye studeer, teruggeroep.

Die besluit volg ná die mislukte staatsgreep in dié land wat gelei het tot die sluiting van universiteite.

Die groep studente uit die Vrystaat is in Meimaand na … Lees verder

Turkse staat verswak na spioene die trekpas kry

Die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan het ‘n noodtoestand van drie maande afgekondig na verlede week se mislukte militêre staatsgreep, maar kritici waarsku dat sulke maatreëls Turkye duur te staan kan kom.

Erdogan sê die maatreëls sal owerhede toelaat om … Lees verder

Griekse hof sal beslis oor Turkse offisiere

’n Griekse hof sal Donderdag uitspraak lewer oor die lot van agt Turkse militêre offisiere wat met ’n helikopter land uit gevlug het ná die mislukte staatsgreep in Turkye.

Die agt staan tereg op klagte dat hulle die land onwettig … Lees verder

Turkye se ‘staatsgreep’ lyk na Islamitiese suiweringsveldtog

Nagenoeg drieduisend vermeende militêre samesweerders is in Turkye in hegtenis geneem, ná ‘n mislukte staatsgreep Vrydagnag.

Duisende regters, staatsaanklaers, militêre leiers en soldate is gevange geneem en lasbriewe vir die ander se inhegtenisname is uitgereik.

Verskeie regsgeleerdes, onder wie tien … Lees verder