EFF steek glo treine aan die brand

Volgens omstanders was EFF-ondersteuners daarvoor verantwoordelik dat treinwaens aan die brand gesteek is.

Die polisie het vroeër bevestig dat die standbeeld van Paul Kruger op Kerkplein beskadig is en verskeie winkels in Pretoria se middestad geplunder is tydens Woensdag se … Lees verder

Beloning uitgereik na treinverwoesting in Kaapstad

Pendelaars in Kaapstad kan vanoggend lang vertragings verwag nadat treinwaens die naweek by die Kaapstad-stasie aan die brand gesteek is.

Die skade beloop miljoene rand.

Volgens Metrorail se woordvoerder in die Wes-Kaap, Riana Scott, word vyf peronne geraak.

Metrorail in … Lees verder

Treine, N2 deur oproeriges ontwrig

Metrorail gaan vanoggend voort met ‘n afgeskaalde treindiens aan die Oosrand nadat treindienste in Springs, Nigel en Daveyton vroeër opgeskort is weens intimidasie en vandalisme.

Dit volg te midde van toenemende voorvalle waar pendelaars treindrywers en wagte intimideer.

Treinwaens is … Lees verder

Revolusie: 2 treine in Pretoria óók verbrand

Terwyl onrus en onluste op kampusse uitkring, met berigte dat die administrasiegebou van die Noordwes-universiteit se Mafikengkampus afgebrand is, is twee treine by die Pretoriastasie insgelyks aan die brand gesteek.

Metrorail het bevestig dat twee treine verbrand is, met ‘n … Lees verder

Prasa ‘stel teleur’ sê OB

Die openbare beskermer sê die voormalige hoof uitvoerende beampte van Prasa se onlangse optrede en uitsprake oor haar verslag het haar verras en teleurgestel.

Thuli Madonsela het haar verslag oor die spooragentskap vroeër vandeesweek vrygestel waarin Lucky Montana keer op … Lees verder

PRASA-hoof en ingenieur geskors

Die minister van Vervoer, Dipuo Peters sê sy verwag die week ‘n volledige verslag van die raad van die Passasierspooragentskap, PRASA.

Dit volg nadat die bestuurshoof, Lucky Montana se kontrak beëindig is en die hoofingenieur, Daniel Mthimkhulu geskors is.

Mthimkulu … Lees verder

Prasa sê mediaberigte is misleidend

Die Passasierspooragentskap van SA (Prasa) sê mediaverslae oor sy Spaansvervaardigde Afro 4000-diesellokomotiewe is verkeerd en misleidend.

Prasa se hoofuitvoerende beampte Mosenngwa Mofi aan verslaggewers in Pretoria gesê dat die gaping tussen die minimum kontakdraad en die dak van die lokomotiewe … Lees verder

Kommer oor Prasa-ingenieur se kwalifikasies neem toe

Die Passasier-spooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) sê hy is baie tevrede met sy hoofingenieur, dr. Daniel Mtimkulu, al is hy nie amptelik as ingenieur geregistreer nie.

Netwerk24 het gister onthul dat Mtimkulu nie by die Ingenieursraad van Suid-Afrika geregistreer is nie.… Lees verder

Prasa ontken dat nuwe treine te hoog is

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het berigte ontken dat 13 nuwe lokomotiewe wat vanaf Spanje ingevoer word, te hoog is vir plaaslike spoortoestande, het RSG berig.

Prasa het gereageer op Sondagkoerantberigte dat die diesellokomotiewe ten bedrae van 600 miljoen rand, … Lees verder

Elf Durbanse treinwaens uitgebrand

Durbanse pendelaars het elf treinwaens vernietig omdat die treine nie betyds opgedaag het nie.

Die waens is by die Reunion-stasie naby Isipingo by Durban deur oproerige pendelaars aan die brand gesteek.

‘n Woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste sê niemand is … Lees verder

Nuwe lokomotiewe in ontvangs geneem

Die minister van vervoer, Dipuo Peters het die tweede besending van vier lokomotiewe, wat deur Suid-Afrikaanse ingenieurs ontwerp en in Spanje gebou is, by die Kaapstadse hawe in ontvangs geneem.

Altesaam 70 lokomotiewe sal in die volgende paar jaar in … Lees verder