Vrystaat oorhandig ses luukse sedans aan tradisionele leiers

Premier Ace Magashule van die Vrystaat het ses splinternuwe Mercedes-Benzes aan tradisionele leiers in sy provinsie oorhandig.

Volgens DA-lid van die Nasionale Raad van Provinsies Roy Jankielsohn, kon die R3,2 miljoen wat bestee is aan die motors ​​slagoffers van droogte … Lees verder

Onderbesteding en growwe wanbestuur in onderwys

Noordwes Departement van Openbare Werke het met die bou van nuwe skole en klaskamer gesloer en veroorsaak dat die onderwysdepartement op sy onderwysinfrastruktuurtoelae onderbestee het.

Ander redes wat aangevoer is vir die vertraging van projekte, is dat twee groot projekte … Lees verder

Minister: Khoi en San kan uitsien na grond van voor 1913

Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het gesê grond is vir Khoi-San-grondeise in die Wes-Kaap beskikbaar.

Nkwinti het die naweek in Qwa-Qwa gesê soortgelyke eise sal ook in die Oos-Kaap toegestaan word.

Daar is glo geen spertyd vir … Lees verder

Skoor sal binnekort oor D-rekening verslag doen

Die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, Skoor, in Noordwes sal aanstons bevindinge oor ‘n ondersoek na die mynrekening in die provinsie, bekend as die D-rekening, bekend maak.

Honderde miljoene rand is deur vier mynmaatskappye vir gemeenskapsontwikkeling inbetaal in die D-rekening.… Lees verder

‘n Stamowerheid vir Afrikaners?

Tydens die gewraakte dinee met Zuma in Libertas, het die Suid-Afrikaanse president ‘n nogal veelseggende opmerking gemaak. “Dis jammer Afrikaners beskik nie oor hoofmanne of konings nie, dan sou dit maklik gewees het om gereeld met hulle te vergader en … Lees verder