Nog ‘n gebou stort ineen in Nigerië

Nooddienswerkers in Lagos in Nigerië soek steeds na moontlike oorlewendes onder die puin van ‘n vyf-verdiepinggebou wat ingetuimel het.

Die dodetal staan tans op minstens 18, maar vrese bestaan dat dit verder sal styg, het RSG berig.

Nooddienswerkers sê hulle … Lees verder

SA wag steeds vir kerkramp-oorskot

Suid-Afrikaners wag steeds dat die liggame van diegene wat in die kerkgebouramp in Lagos in Nigerië dood is, na Suid-Afrika teruggebring word.

Daar het glo 85 Suid-Afrikaners omgekom in die ramp by die Synagogue Church of All Nations toe ‘n … Lees verder

Nigerië sloer met kerkrampslagoffers se oorskot

Die Sinagogekerk van Alle Nasies het belowe dat die repatriasie van die liggame van Suid-Afrikaners wat verlede maand dood is toe ‘n gastehuis in Lagos ineengestort het, binnekort sal wees.

‘n Woordvoerder van die kerk, Bally Chuene, sê hulle was … Lees verder

Nigerië talm met uitkenning van rampslagoffers

Die Suid-Afrikaanse regering het berigte ontken dat gespanne betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nigerië ‘n probleem geskep het om die oorskot van slagoffers van ‘n kerkramp terug te bring.

Die troebel verhoudinge tussen die twee lande is glo die oorsaak van … Lees verder

TB Joshua wil ‘martelare’ in SA besoek

Die Nigeriese prediker, TB Joshua, het aangekondig dat hy binnekort na Suid-Afrika sal reis omdat hy die familielede van slagoffers en oorlewendes van die ramp by sy Sinagoge wil ontmoet. ‘n Gastehuis van die kerk in Lagos het inmekaargetuimel terwyl … Lees verder

Aantal slagoffers van kerk-ramp in Nigerië onbekend

Die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Maite Nkoana-Mashabane sê `n rampbestuurspan het gisteraand na Nigerië vertrek om te bepaal hoeveel Suid-Afrikaners dood is toe ‘n kerkgebou in Lagos ineengestort het.

Nigeriese amptenare sê 70 liggame is in die puin … Lees verder

Dodetal in Nigeriese kerkramp vermoedelik hoër

President Jacob Zuma het vroeër die sterftes bevestig van die 67 Suid-Afrikaners wat dood is in die ineenstorting van ‘n kerkgebou in Lagos, Nigerië, en sy meegevoel betuig met die gesinne.

Minstens vier Suid-Afrikaanse toergroepe het pastoor TB Joshua se … Lees verder

‘Profeet’ se gastehuis stort ineen

Amptenare van die Suid-Afrikaanse ambassade in Lagos in Nigerië fynkam hospitale in die hoofstad op soek na Suid-Afrikaners.

Hulle kan moontlik slagoffers wees van ‘n gastehuis wat by ‘n kerk, die Synagogue Church of All Nations, SCOAN ineengestort het. … Lees verder