Olifante se toekoms lyk donker

’n Meerderheid van twee derdes van Cites se lidlande het by die 17de Vergadering (COP17) van die Konvensie op Internasio­nale Handel in Bedreigde Spesies (Cites) in Johannesburg besluit om ivoorhandel finaal die nekslag toe te dien.

Hulle het ‘n raamwerk … Lees verder

Krugerpark-bewaarder vasgetrek vir stropery

Twee mans wat getaak was met anti-stroperbedrywighede in die Kruger Nasionale Park het Donderdag in die Bosbokrand-landdroshof op aanklagte van renosterstropery verskyn, het SANParke gesê.

Die veldwagter en ‘n veeartstegnikus in dieregesondheiddirektoraat van die landbou en bosbou departement in Skukuza … Lees verder

Valke maak nie hond haaraf teen stropers nie

Die Valke in die Noord-Kaap se ondersoek na twee afsonderlike voorvalle waarin twee renosters onlangs op ‘n plaas naby Kimberley doodgeskiet is, het nog niks opgelewer nie.

‘n Witrenosterkoei se ontbinde karkas is gekry. Die koeikarkas wat op 7 April … Lees verder

Valke soek stropers wat witrenoster skiet

Die Valke in die Noord-Kaap ondersoek ‘n voorval waarin ‘n witrenoster by Kimberley doodgeskiet is.

Woordvoerder, Philani Nkwalase, sê die witrenosterkoei is in die regterskouer geskiet. Volgens hom is haar ontbinde karkas verlede Vrydagoggend op ‘n plaas buite die stad … Lees verder

Twee renosters in Noordwes doodgeskiet

Twee renosters is in die Mafikeng Private Natuurreservaat in Noordwes deur stropers doodgeskiet.

Die bestuurder van die reservaat, Louis Coetzee, sê die renosters is Woensdagoggend gekry.

Albei koeie se horings is ook verwyder. Coetzee sê ‘n .375-geweer is gebruik.

Hy … Lees verder

Stropers in Namibië voer skrikbewind

Die eienaar van Emanya Lodge tussen die Etosha Nasionale Park en Oshivelo, sê sy “wil weghardloop” uit moedeloosheid omdat stropers ’n skrikbewind voer en dit lyk of die polisie nie veel daaraan gaan doen nie.

Dertien van haar 18 swartwitpense … Lees verder

Twee renosterstropers, wildbewaarder doodgeskiet

Twee vermeende renosterstopers is deur bewaarders in die Nasionale Kruger-wildtuin doodgeskiet.

‘n Woordvoerder van die wildtuin sê toeriste het ‘n bewaarder daarop bedag gemaak dat ‘n man met ‘n swaar kaliber jaggeweer in die Napi-gebied naby Pretoriuskop rondloop.

Helikopters met … Lees verder

Nog 22 olifante in Zim vergiftig

Minstens 22 meer olifante is dood nadat hulle deur vermeende wilddiewe naby Zimbabwe se grootste wildreservaat vergiftig is, het AFP berig.

“Ons het Maandag 22 olifantkarkasse in die Sinamatela-gebied ontdek en tot dusver het ons 35 olifanttande gevind,” het Caroline … Lees verder

Hakkejag lei daartoe dat stropers sit

Die mede-eienaar van ‘n wildplaas naby Bray by die Botswana-grens in Noordwes, het boere en hul werknemers, aook die polisie bedank wat vier vermeende renosterstropers vasgetrek het.

Tommie van Vuuren sê ‘n plaaswerker het twee weke gelede vier vreemde mans … Lees verder

Twee renosters in Vrystaat geskiet

‘n Renostereienaar en talle helpers is warm op die spoor van drie stropers wat gisteraand twee renosters op die plaas Brakfontein tussen Wesselsbron en Bultfontein geskiet het.

Japie Pienaar sê die bul en koei is nie onthoring nie, maar wel … Lees verder

Groep wil handel in renosterhoring gewettig hê

‘n Groep Suid-Afrikaanse renostertelers het die regering hof toe geneem om die plaaslike verbod op renosterhoringverkope opgehef te kry, het voorsitter van die groep Donderdag gesê.

Wettiging van horinghandel sal help om die bedreigde spesies te red, het die Private Lees verder