DRK staak nadat verkiesing uitgestel word

Die Kongolese hoofstad Kinshasa is Woensdag lamgelê deur ‘n staking uit protes teen president Joseph Kabila wat aan bewind sal bly ofskoon sy termyn teen die einde van Desember verstryk.

Die opposisie het die stakings aangevra nadat die president ‘n … Lees verder

Goudmynloononderhandelinge bereik dooiepunt

Loononderhandelinge in die goudsektor het gister ’n dooiepunt bereik nadat die vakbonde Amcu en die NUM die jongste loonaanbod van die hand gewys het, het OFM berig.

Die geskil is na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys. … Lees verder

Groot polisieteenwoordigheid na skietery by Medupi

Die polisie moes in groot getalle by die Marapong-lokasie in Ellisras (Lephalale) in Limpopo ontplooi word na ‘n skietvoorval.

Lede van die polisie se taktiese-reaksie-eenheid en ander polisiebeamptes patrolleer tans die gebied.

Twee konstruksiewerkers van Eskom se Medupi-kragstasie is gewond … Lees verder

Staat en vakbonde kom ooreen oor verhogings

Staatsdiensvakbonde en die regering het ‘n ooreenkoms bereik om salarisse met sewe persent te verhoog.

Reuters berig dat die ooreenkoms ‘n staking deur sowat 1,3 miljoen staatsamptenare afgeweer het.

Vakbonde wat by Cosatu ingelyf is, het aanvanklik ‘n verhoging van … Lees verder

Geweld breek weer by Medupi uit

Geweld het uitgebreek tussen die polisie en stakende konstruksiewerkers van die Medupi-kragaanleg op Ellisras (Lephalale) in Limpopo, het RSG berig.

Pantservoertuie en waterkanonne is ook ingebring. Dit volg nadat polisie en werkers slaags geraak het by hostelle in die Marapong-township … Lees verder

Polisie in groot getalle by Marikana ontplooi

marikana5Stakende mynwerkers in die platinumgordel in Noordwes het tot Woensdag om terug te keer werk toe.

Dinsdagaand is berigte van hernude oproer egter ontvang. Lonmin sê intussen dat die meeste van sy werkers aangedui het dat hulle Woensdag terug sal … Lees verder

Platinumpryse skiet die hoogte in

platinumAmcu se president Joseph Mathunjwa het lede aangemoedig om te verseker dat ‘n loonstaking by drie groot platinumprodusente, wat Donderdag begin, te alle tye vreedsaam verloop.

Amcu-lede by Anglo American Platinum, Impala Platinum en Lonmin, almal met myne rondom Rustenburg … Lees verder

Stakings by BMW vervreem EU

bmwDie vernietigende effek van stakings in onder meer die motorvervaardigingsektor, soos nou by BMW Suid-Afrika gesien, kan belangrike handelsvennote soos die Europese Unie (EU) al hoe verder van Suid-Afrika laat wegdryf, sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre … Lees verder

Petroljoggies staak

joggieDie metaalwerkersvakbond Numsa sê duisende van sy lede in die motorbedryf begin vandag staak. Dit sluit petroljoggies en vakbondlede by onderdelehandelaars, paneelkloppers en motorwerkswinkels in.

Motoriste is gewaarsku om seker te maak dat hulle brandstof het voordat petroljoggies Maandag ophou … Lees verder

ANC vra tugstappe teen City Power-stakers

citypowerDie ANC sê tugstappe moet teen stakende City Power-werknemers ingestel word.

Werkers staak sedert Woensdag oor n nuwe skofrooster en het meer as 10 woonbuurte vir die derde agtereenvolgende dag sonder elektrisiteit gelaat, het Eyewitness News berig.

Die kragonderbrekings Lees verder

Kabinet maan betogers, stakers tot kalmte

goudmynDie Kabinet het ‘n beroep op betogers sowel as stakers gedoen om hulself te weerhou van geweld. Die vakbond Amcu sê dat van sy lede by Sibanye se Beatrixgoudmyn in die Vrystaat aangeval is.

Dit het vrese opnuut laat ontstaan Lees verder

Goudstaking skop af

goldfieldsWerksaamhede word vanoggend ingekort by die Goldfields South Deepmyn op Westonaria suidwes van Johannesburg. Sowat 80 000 werkers wat tot die NUM behoort het die Kamer van Mynwese se verhoogde salarisaanbod van 6,5 persent verwerp en begin staak. Slegs kontrakwerkers … Lees verder

Petroljoggies staak nie

pompDie verwagte staking deur petroljoggies is opgeskort, het ’n amptenaar van die National Union of Metalworkers (Numsa) Maandag gesê.

‘n Amptelike stakingskennisgewing aan werkgewers is nog nie uitgereik nie, sê Castro Ngobese, ’n woordvoerder.

Werkgewers het hul “bereidheid om verder Lees verder