Bloemfontein se munisipale werkers staak

Die staking deur werknemers van die Mangaung-metro munisipaliteit gaan uitgebrei word nadat ‘n vergadering met die werkgewer Donderdag ‘n dooiepunt bereik het.

Honderde werkers, wat met die SA Munisipale Werkersunie (Samwu) geaffilieer is, het Dinsdag begin staak oor onder meer … Lees verder

Kolleges kom landwyd tot stilstand

Die Suid-Afrikaanse studentevereniging vir verdere onderwys en opleiding het vroeër gedreig dat bedrywighede Donderdag by alle TBOO-kolleges landwyd tot ‘n stilstand gedwing moet word.

Die Departement van Hoër Onderwys het ‘n beroep gedoen dat gesprekke met verteenwoordigers van kolleges vir … Lees verder

Eskom-staking kan krag knou

Elektrisiteitsvoorsiening kan onder druk kom wanneer vyftienduisend vakbondlede van die NUM vandag aansluit by ‘n onbeskermde staking.

Die vakbond sê hy het besluit om voort te gaan met volskaalse arbeidsoptrede om die werkgewer te dwing om aan werkers se salariseise … Lees verder

Brandstofstaking kan voornemende kiesers tuis hou

Dit is nie bekend hoe die brandstofstaking die Munisipale Verkiesing wat more op 3 Augustus plaasvind, sal raak nie. Voornemende kiesers sal dalk in Jan Tuisbly se karretjie moet ry.

Metrobus het pendelaars in Johannesburg gewaarsku dat sy busse nie … Lees verder

Petroltekort dreig as gevolg van staking

Vrese vir ‘n brandstoftekort het ontstaan nadat die petroleumwerkersvakbond CEPPHWAWU gister begin staak het. Die vakbond CEPPWAWU het belowe om vandag af kontrakteurs te verhoed om brandstof af te lewer in die petroleumbedryf.

Brandstofvervaardigers het verskeie maatskappye gekontrakteer om hulle … Lees verder

Wegbly-aksie in Zim misluk

Die meeste ondernemings en skole in Zimbabwe het Dinsdag normaalweg geopen, ondanks ‘n oproep tot ‘n landwye staking.

Pastoor Evan Mawarire, leier van die sukkelende #ThisFlag-beweging, is vroeër op aanklagte van aanhitsing van geweld en rusverstoring in hegtenis geneem.

Mawarire … Lees verder

Zimbabwe gaan weer staak

Nog ‘n Zimbabwiese geestelike het hom by die geledere aangesluit van diegene wat standpunt teen president Robert Mugabe se bewind inneem vanweë die verslegtende ekonomiese toestand.

In ‘n gelade preek Sondag wat agterna viraal versprei het, het Emmanuel Makandiwa, die … Lees verder

Zim-onrus in Angelsaksiese pers aangekondig

Groot dele van stedelike Zimbabwe het Woensdag soos ‘n oorlogsone gelyk nadat botsings tussen inwoners en die polisie tot geweld gelei het.

Die onrus is in al die Angelsaksiese koerante aangekondig en hul ontleders praat van ‘n “militêre coup” wat … Lees verder

Tuks-staking: Rektor ontvang meer as R3m per jaar

In ‘n stakingsbrief wat deur vakbonde aan die Universiteit Pretoria vrygestel is, word die vergoedingspakket van die huidige rektor, prof. Cheryl de la Rey, onder wie se leierskap die universiteit finaal verengels word, onthul. Sy ontvang altesaam meer as 3 … Lees verder

Werkers by UV sal voortgaan met staking

Stakende lede van Nehawu by die Universiteit van die Vrystaat (UV) het gesê hulle sal met hul optrede voortgaan totdat daar aan hulle eise voldoen word.

Die staking het vir ‘n tweede dag voortgeduur terwyl loononderhandelings gevoer is.

Nehawu se … Lees verder

Werkers by Delareyville-meul maak amok

Die N14-roete tussen Delareyville en Vryburg in Noordwes is weer oop vir verkeer nadat dit Dinsdagaand weens oproer moes sluit.

Polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê die situasie is vanoggend kalm nadat die pad Dinsdag omstreeks 19:00 gesluit is weens stakende werknemers … Lees verder

Nege beseer tydens vullis-staking

Nege mense is Woensdagmiddag beseer toe oproeriges van Pikitup gewelddadig geraak in Bertha Street in Braamfontein, Johannesburg.

Volgens ER24 se woordvoerder Russel Meiring, is paramedici na die toneel ontbied, en by aankoms nege pasiënte op die sypaadjie aangetref.

Hy het … Lees verder

Nog ‘n Nasionale Sleutelpunt sneuwel voor rooi gevaar

Die Parlement sal twee dae langer in sitting wees nadat lede van die vakbond, Nehawu, die raadsaal van die Nasionale Vergadering (NV) in Kaapstad is Dinsdagoggend binnegestorm het.

Die werkers staak nadat onderhandelings oor hul bonusse `n dooiepunt bereik het. … Lees verder

Ramaphosa weier om vrae oor Marikana te beantwoord

Adjunk-president Cyril Ramaphosa kon nie vrae oor Marikana in die parlement beantwoord nie, nadat ‘n dagvaarding teen hom uitgereik is oor sy aandeel in die slagting.

Gebeure in Marikana in Augustus 2012 het daartoe aanleding gegee dat die families van … Lees verder