Zuma se 2017 staatsrede: Universiteite, grond, myne, water

President Jacob Zuma het is sy staatsrede gesê die regering sal kyk na die verhoging van die R122 000 huishoudelike inkomste drempel vir studente om Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) beurse te bekom.

Zuma het ook gesê dit sou “moeilik, … Lees verder

Flou Staatsrede verder deur opposisiesirkus ontsier

President Jacob Zuma se Staatsrede het Donderdag die verwagte sirkus opgelewer.

Zuma het beleggers en plaaslike sakelui probeer paai, maar omstrede kwessies vermy.

Cope-leier, Mosiua Lekota, was die eerste om die vergadering te verlaat. Hy is gevolg deur die EFF, … Lees verder

Staatsrede sal niks nuuts oplewer nie

Suid-Afrikaners kan niks nuuts te wagte wees wat vanaand se Staatsrede betref nie, meen ontleders.

President Jacob Zuma se 2016 Staatsrede kom te midde van verskeie politieke- en ekonomiese kwessies wat deur die DA en EFF voorgehou word as redes … Lees verder

Grondgryp teen wittes tref Zim opnuut

‘n Nuwe vlaag van grondgryp teen wittes in Zimbabwe dreig. Daar is hernieude druk om wit Zimbabwiërs gewelddadig van hul grond te vervreem, het Sapa berig.

Ten minste 20 wit grondeienaars is die afgelope weke aangesê om hul plase te … Lees verder

Wie het Zuma probeer vergiftig?

President Jacob Zuma se kantoor het ‘n Sunday Times-berig dat sy vrou Nompumelelo Ntuli-Zuma hom vergiftig het, as skinderpraatjies afgemaak.

Mac Maharaj, die presidensiële woordvoerder, sê die berig is gebaseer op totale spekulasie en skinderpraatjies en hy sal nie kommentaar … Lees verder

Sanef wil hof toe oor selfoonseine in parlement

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum, Sanef, wil ‘n regshulpfondsop die been bring om hofsake te maak teen die skending van joernaliste se reg om ondermeer oor parlementêre gebeure te berig.

Dit volg nadat selfoonseine in die Parlement ontwrig is voor President … Lees verder

President lewer moeë Staatsrede

In ‘n Staatsrede wat verskeur is deur opposisielede, het president Jacob Zuma min op detail gefokus en byna hoegenaamd nie op die Nasionale Ontwikkelingsplan nie, die regering se groei bloudruk.

Zuma het benadruk dat die skep van werkgeleenthede vinniger ekonomiese … Lees verder

Zuma is perdfris sê Mantashe

Die Parlement, Nasionale Sleutelpunt

President Zuma sal Dinsdag in die Nasionale Vergadering sy staatsrede lewer, het Gwede Mantashe, ANC-sekretaris-generaal, gesê.

Daar was onlangs bespiegelinge oor die president se gesondheid, maar Mantashe het die versekering gegee dat hy op die been is tydens ’n inligtingsessie … Lees verder