Wat kom ná Bob in Zim?

‘n Zimbabwiese regerende party-amptenaar het aan The Associated Press gesê dat die onlangse afgedankte vise-president, Emmerson Mnangagwa, binne 48 uur na president Robert Mugabe as die land se leier sal oorneem.

Lovemore Matuke sê Mnangagwa, wat die land uit gevlug … Lees verder

Venezuela se referendum afgestel

Wetgewers in Venezuela is woedend oor ‘n besluit deur die verkiesingsowerhede om voorbereidings vir ‘n referendum te staak en sê daar is ‘n “aftakeling van grondwetlike orde” aan die orde van die dag.

Die aankondiging is tydens ‘n noodsitting oor … Lees verder

Egiptiese polisie skiet twee van Moslembroederskap

Egiptiese polisie het twee lede van die Moslembroederskap doogeskiet.

Een was die senior leier van die onwettige Islamitiese groep, het ‘n woordvoerder van die ministerie van binnelandse sake Dinsdag bekend gemaak.

Volgens die ministerie was Mohamed Kamal die hoof van … Lees verder

Turke laat gevangenes vry om plek te maak vir ideologiese vyande

Turkye het Woensdag nagenoeg 38 000 gevangenes ingevolge strafregtelike hervormings vrygelaat.

Turkse gevangenisse is onder kwaai druk sedert duisende mense ná verlede maand se mislukte staatsgreep aangekeer en aangehou is.

Die hervormings is Woensdag by wyse van twee dekrete aangekondig. … Lees verder

Duitsland waarsku Turkye oor visum-afpersing

Duitsland het Turkye se dreigement om nie sy woord gestand te doen oor die omstrede ooreenkoms met die Europese Unie (EU) nie, verwerp.

Turkye het onderneem om die vloei van migrante na die EU te stop. Nou eis Turkye visumvrye … Lees verder

Nigeriese joernalis vas vir staatsgreepplanne

Koerantuitgewers in Nigerië eis dat die land se geheime diens ’n joernalis vrylaat wat daarvan beskuldig word dat hy ’n olie-militant is, het AP berig.

Nigerië is dié land in die wêreld vir oliediefstal.

Agente van die departement van staatsveiligheid … Lees verder

SA studente uit Turkye teruggeroep

Die Vrystaatse provinsiale regering het 52 studente wat in Turkye studeer, teruggeroep.

Die besluit volg ná die mislukte staatsgreep in dié land wat gelei het tot die sluiting van universiteite.

Die groep studente uit die Vrystaat is in Meimaand na … Lees verder

Turkse staat verswak na spioene die trekpas kry

Die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan het ‘n noodtoestand van drie maande afgekondig na verlede week se mislukte militêre staatsgreep, maar kritici waarsku dat sulke maatreëls Turkye duur te staan kan kom.

Erdogan sê die maatreëls sal owerhede toelaat om … Lees verder

Griekse hof sal beslis oor Turkse offisiere

’n Griekse hof sal Donderdag uitspraak lewer oor die lot van agt Turkse militêre offisiere wat met ’n helikopter land uit gevlug het ná die mislukte staatsgreep in Turkye.

Die agt staan tereg op klagte dat hulle die land onwettig … Lees verder

Brasilië hou opmars om president te beskerm

Ondersteuners van die beleërde pres. Dilma Rousseff het Woensdag van oor die hele Brasilië opgemars om te protesteer teen wat hulle as ’n “staatsgreep” beskou wat daarop gemik is om haar tot ’n val te bring.

Die linkse leier kan … Lees verder

Staatsgreeppoging in Burkina Fasso dalk ontlont

Daar is luidens berigte aanduidings dat ‘n ooreenkoms in Burkina Faso bereik is en dat die mag weer aan die burgery oorhandig gaan word na ‘n staatsgreep.

Leiers van Benin en Senegal het blykbaar daarin geslaag om die politieke krisis … Lees verder

Suid-Soedan verwerp vredesooreenkoms

Suid-Soedan se regering het Dinsdag ’n vredesvoorstel veroordeel, het AFP berig.

Die regering is onder toenemende diplomatieke druk om die ooreenkoms te sluit nadat rebelle toegestem het om dit te doen en sodoende die burgeroorlog te beëindig.

“Ons is van … Lees verder

Grondwetkrisis dreig in Guinee-Bissau

Spanning, aangevuur deur klaarblyklike oor­vleuelende pligte in Guinee Bissau se semi-presidentstelsel, is sedert verkiesings verlede jaar tussen pres. Jose Mario Vaz en die eerste minister, Domingos Simoes Pereira, aan die oplaai.

Dié land lê suid van Senegal in Wes-Afrika.

Die … Lees verder

Patoloë na Lesotho om sluipmoord te ondersoek

Die kantoor van adjunk-president Cyril Ramaphosa sê twee Suid-Afrikaanse patoloë gaan na Lesotho gestuur word om die omstandighede te ondersoek rondom die dood van die voormalige weermagbevelvoerder, luitenent-generaal Maaparankoe Mahao.

Ondersoekbeamptes van Zimbabwe en Namibië sal ook deel wees van … Lees verder