Oz aanvaar vlugtelinge om druk op China te plaas

Die Australiese hooggeregshof het ‘n tussentydse bevel gemaak dat die regering nie 153 asielsoekers na Sri Lanka mag terugstuur nie.

Baie van die vlugtelinge kom egter glo uit Indië.

Die saak sal môre weer in die hoogeregshof aangehoor word. Dié … Lees verder

Indringer-vrugtevliegplaag is terug

Die uitheemse indringer-vrugtevlieg het weer sy kop uitgesteek. Die Bactocera invadens het sy oorsprong in Sri Lanka.

Die plaag kom in ten minste vyf provinsies voor waaronder Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Kwa Zulu-Natal en die Noord-Kaap.

Die Departement van Landbou, Bosbou … Lees verder

Statebondberaad deur volksmoord-kwessie oorskadu

srilankaDie menseregte-organisasie, Amnestie Internasionaal, het ‘n beroep op Suid-Afrika gedoen om die beweerde menseregteskendings deur die regering van Sri Lanka te veroordeel. Suid-Afrika is sedert 1994 weer deel van die Statebond.

Sri Lanka het die Britse premier David Cameron intussen … Lees verder

Krieket: Engelse pootjie Sri Lanka

Die voorspellings is toe bewaarheid: Gister, op die Wanderers, was daar ‘n span vol kalmte, presiesheid en veglus wat gespeel het teen ‘n span vol onsekerheid en mog’t –troffe krieket. Die skok was dat dit die Engelse was wat alles … Lees verder

Proteas tree aan teen Sri-Lanka

Die Internasionale Krieketraad se Kampioenskapstoernooi – inderwaarheid ‘n mini-Wêreldbekertoernooi – begin vandag op Supersportpark in Verwoerdburg. Suid-Afrika speel gasheer vir die mannetjies van Sri Lanka.

Hierdie kan ‘n ordentlike vuurwerkwedstryd wees. Sri Lanka is gelaai met kragspelers en slinksheid, met … Lees verder