Trump-vertrouelinge byt vas oor Britse spioenasie-aantygings

Trump-ondersteuners gaan nie die beskuldigings teen die VK los dat hulle vir voormalige president Barack Obama gespioeneer het nie.

Beskuldigings is na vore gebring deur Regter Andrew Napolitano asook deur die Withuis se woordvoerder, Sean Spicer. En nou het ‘n … Lees verder

Nuwe SA spioenasiebaas aangestel

Die Suid-Afrikaanse minister van staatsveiligheid David Mahlobo het Maandag aangekondig dat Arthur Fraser, ‘n bruin man, as nuwe direkteur-generaal en rekenpligtige beampte van sy departement aangestel is.

Fraser (foto), ‘n voormalige adjunk-direkteur-generaal in die voormalige Nasionale Intelligensie-agentskap, het Maandag ná … Lees verder

Het Valke Indiese tendernes van Gordhan oopgekrap?

In November 2003, toe Pravin Gordhan hoof van die Inkomstediens was, het Harry Chakala verskeie tenderooreenkomste met die Inkomstediens gehad om dokumente te skandeer as deel van ‘n moderniseringsproses.

Hy het reeds ‘n gedeelte van die werk afgehandel toe hy … Lees verder

Herrie oor minister vrou glo na SA smokkel

Die ministerie van Verdediging het berigte ontken dat die minister, Nosiviwe Mapisa-Nqakula ‘n jong vrou van Burundi met ‘n vervalste paspoort op ‘n staatsvliegtuig in die land ingesmokkel het.

Volgens die Sunday Times het die minister in Januarie 2014 haar … Lees verder

Staatsveiligheid slaan toe op buitelandse agente in parlement

Die Staatsveiligheidsagentskap het toegeslaan op buitelandse agente wat hulself voordoen as joernaliste asook nie-regeringsorgansiasies se verteenwoordigers in die parlement.

Die Sunday Times berig dat ‘n reeks vergaderings verlede week met intelligensiebeamptes gehou is om parlementêre personeel in te lig oor … Lees verder

Tribunaal raps Britte oor Marikana-onderskepping

‘n Tribunaal wat oor Britse instansies se bevoegdhede beslis, het bevind dat die Britse regering onregmatig opgetree het deur e-posse van die Regshulpsentrum rakende Marikana te onderskep.

Die regshulpsentrum het die onthulling as kommerwekkend beskryf. Die sentrum hanteer onder meer … Lees verder

Niël Barnard se outobiografie ontbloot NP-rugstekery

Die spioenbaas, Niël Barnard, se outobiografie Geheime Rewolusie – memoires van ‘n spioenbaas, wat pas by Tafelberg verskyn het, is ‘n teleurstellende boek en sal slegs aanklank vind by diegene wat nie toegang tot die internet of ander eietydse … Lees verder

Spioenasie-beskuldigings kan tot OB-skorsing lei

Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het gesê sy vermoed die motief vir die ondersoek na bewerings dat sy vir die CIA spioeneer, kan tot haar skorsing lei, het 702 se Eyewitness News berig.

“Ek dink die motief was om my te … Lees verder

Lokval deur Britse agente lei tot spioenasieskandaal

Die Sunday Independent het laat blyk dat ‘n lokval deur Britse agente aanleiding gegee het tot die lekkasie van spioenasie-inligting aan Al Jazeera.

‘n Aantal van intelligensie bronne sê ‘n agent wat besig was op ‘n geheime projek met die … Lees verder

SA-spioene glo inderhaas uit buiteland onttrek na lek

Die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) het ontken dat ‘n privaatvliegtuig gestuur is om ten minste vier senior intelligensie-agente uit hul poste in Afrika te ontruim nadat City Press Sondag berig het hul dekking is in gedrang.

“Die bewerings van ‘n onttrekking van … Lees verder

Wie het toegang tot SA se deurtastende spioenasie?

Die “grootste lekkasie van geheime dokumente in demokratiese Suid-Afrika se geskiedenis” deur Al Jazeera bevat glo ‘n dokument wat deel is van die Suid-Afrikaanse spoke se Handboek van tegniese intelligensiebeleid en -prosedures.

Dié dokument is ‘n aansoekvorm wat agente in … Lees verder

Groot moondhede het klein lande met terreurwaarskuwings oorlaai

Suid-Afrikaanse owerhede het glo ‘n terreuraanval in die land afgeweer in 2010 volgens intelligensieverslae wat deur die internasionale nuusagentskap Al Jazeera uitgelek is.

Volgens Sapa is die inligting glo vervat in twee voorleggings deur die Staatsveiligheidsagentskap (SSA).

Wat ook duidelik … Lees verder

Minister sê SA se soewereiniteit onaangetas na spioenasiedebakel

Die Minister van Staatsveiligheid, David Mahlobo het Suid-Afrikaners die versekering gegee dat die land se onafhanklikheid en soewereiniteit behoue gebly het.

In ‘n skokonthulling wat deur die nuusagentskap Al Jazeera gelek is, het Suid-Afrika se intelligensiediens hul agterdog met Israel … Lees verder

Pagad ontken bande met Iran

Pagad, People Against Gangsterism and Drugs, sal aanstons ‘n mediakonferensie in Kaapstad hou oor bewerings dat hy bande met Iran het.

Sekere intelligensie-agentskappe het dié organisasie sowel as skynbaar ander onverwante Suid-Afrikaanse organisasies genoem as fasiliteerders vir Iranse intelligensie-aktiwiteite.… Lees verder