Washington begin vuurmaak onder Kartoem

Pres. Barack Obama het Amerika se sanksies teen Soedan met nog ‘n jaar verleng en sê Kartoem se beleidsrigtings bly ‘n “buitengewone bedreiging” vir die nasionale veiligheid van Amerika.

Soedan is sedert 1997 onderworpe aan ‘n Amerikaanse handelsembargo vir steun … Lees verder

Geweeklaag omdat SA Internasionale Strafhof wil verlaat

Die sekretarisgeneraal van die Verenigde Nasies, Ban Ki-Moon het ‘n beroep op Suid-Afrika gedoen om sy onttrekking van die Internasionale Strafhof te heroorweeg voordat die besluit oor ‘n jaar in werking tree.

Die VN het bevestig dat Suid-Afrika tot dusver … Lees verder

Onrus teister Ethiopië

Die polisie in streek Oromiya in Ethiopië het traangas en waarskuwingskote Sondag geskiet om anti-regeringsbetogers uiteen te jaag.

‘n Stormloop wat daarna gevolg het, het volgens die opposisieparty ten minste 50 mense gedood.

Die regering het nie ‘n presiese aanduiding … Lees verder

Suid-Soedan: Oliekonflik woed

Minstens 150 soldate van Suid-Soedan is dood in hernude gevegte tussen die weermag en die voormalige rebelle wat lojaal aan visepresident Riek Machar is.

Hewige gevegte het Maandag in Suid-Soedan se hoofstad, Juba, gewoed ondanks internasionale beroepe tot kalmte nadat … Lees verder

Weste stap uit Uganda se presidentsinhuldiging oor al-Basjir

Amerikaanse, Europese en Kanadese verteenwoordigers het uit die inhuldiging van die Ugandese president, Yoweri Museveni in Kampala gestap.

Die Westerse lande het uit protes teen die teenwoordigheid van die Sudanese leier, Omar al-Basjir, die byeenkoms verlaat en omdat die Ugandese … Lees verder

GERD: Waterpolitiek raak warm

Soedan, Egipte en Ethiopië het ‘n ooreenkoms bereik oor die bou van die omstrede “Grand Ethiopian Renaissance Dam” (GERD).

Die projek het betrekkinge tussen Kaïro en Addis Abeba versuur, het AP berig.

Afvaardigings van Egipte, Ethiopië en Soedan het die … Lees verder

Al Basjir-besoek aan Indië is nuwe uitdaging aan ISS

Indië sal president Omar al-Basjir in hegtenis moet neem en uitlewer as hy Nieu-Delhi die week vir ’n beraad sou besoek, het die Internasionale Strafhof gesê.

Indië is nie ’n stigter-ondertekenaar van die Verdrag van Rome waardeur die hof tot … Lees verder

ANC sê Internasionale Strafhof is die pad byster

Die ANC se Nasionale Hoofraad het besluit dat die regering sy lidmaatskap van die Internasionale Strafhof moet onttrek omdat die hof die pad byster is.

Betrekkige tussen Suid-Afrika en die hof is op sy laagste vlak nadat die regering nie … Lees verder

SA heroorweeg deelname aan Internasionale Strafhof

Die ANC sal Suid-Afrika se voortgesette deelname aan die Internasionale Strafhof aanstaande maand by sy Algemene Vergadering bespreek, het RSG berig.

Die party sê hy is bekommerd oor wat hy die hof se arrogansie noem. Die regering is van minagting … Lees verder

NGV sal nie amptenare in al-Basjir-saak vervolg nie

Die Nasionale Vervolgingsgesag het verklaar dat hulle sal wag vir die regering se verdere appélproses oor die al-Basjir kwessie.

Die NGV gaan dus nie dadelik met strafregtelike vervolging begin nie, het Luvuyo Mfaku gesê.

Die Vervolgingsgesag sê daar kan eers … Lees verder

Zuma ontmoet Al-Basjir en Kabila in China

President Jacob Zuma is tans in China vir die herdenking van China se oorwinning oor Japan tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Afrikaleiers het die 70ste herdenking van die einde van die Tweede Wêreldoorlog bygewoon wat deur die meeste Westerse staatshoofde vermy … Lees verder

Suid-Soedan verwerp vredesooreenkoms

Suid-Soedan se regering het Dinsdag ’n vredesvoorstel veroordeel, het AFP berig.

Die regering is onder toenemende diplomatieke druk om die ooreenkoms te sluit nadat rebelle toegestem het om dit te doen en sodoende die burgeroorlog te beëindig.

“Ons is van … Lees verder

Al-Basjir skort doodsvonnisse op in vredespoging

Soedan se eerste visepresident, Bakri Hassan Saleh, het Maandag aangedui dat die vonnisse, insluitende die doodsvonnis van gewapende rebelle, opgeskort kan word.

Die aanbod is aanvanklik vir die duur van die samespre­kings vir nasionale versoe­ning geldig. Die samespre­kings is ’n … Lees verder