‘n Mexikaanse president uit die negentiende eeu, José de la Cruz Porfirio Díaz Mori, het op ‘n keer die beroemde woorde gespreek: “Arme Meksiko, so ver van God en so naby aan die Verenigde State!” Net so kan ‘n mens … Lees verder
Etiket: Rusland
Fransi Phillips: Die tekens van die tyd
As ek terugdink aan die laaste jare voordat ons getref is deur televisie, rekenaars en die internet, wat ook die laaste jare voor die Soweto-onluste was, dink ek terug aan piekniekmandjies by die inryteater, simfonieorkeste in die Pretoriase stadsaal, glaskaste … Lees verder
Karel Combrinck: Moord en maskerades
Daar kry die dol hond in die Withuis toe sy dag van glorie om drie vermeende installasies vir “chemiese oorlogvoering” in Sirië aan te val, met Frankryk en Engeland njaf-njaf agterna.
‘n Mens sou kon vra wat is nou eintlik … Lees verder
Karel Combrinck: Maddie lui die klokkie
Êrens op Youtube is daar ‘n toneeltjie van ‘n man wat aan sy worshondjie Maddie, opdrag gee om ‘n klokkie te lui vir ‘n lekkertjie of ‘n koekie: Maddie the 10 Week old Dachshund learning to ring a service bell!… Lees verder
Karel Combrinck: Ons lieg waarskynlik oor Rusland
Met haar stuitige verhaal oor “waarskynlike” Russiese betrokkenheid by die moordaanslag op die (Russiese? Britse? Russiese?) spioen Sergei Skripal en sy dogter, het mev Theresa May en haar verkeerdeveer-buitelandse minister, Boris Johnson, die wêreld nog ‘n tree verder geplaas op … Lees verder
Karel Combrinck: Brandoffer nommer 3
Ons is byna aan die einde van die jaar 2017, d.w.s pas ‘n eeu na die beëindiging van een van die mees afskuwekkende menseslagtings in die geskiedenis. Pas ‘n honderd jaar gelede het die mees beskaafde en ontwikkelde volke op … Lees verder
Oostenryk of Australië? Poetin sê VSA-leiers ken nie die verskil nie
Russiese president Vladimir Poetin het aan verslaggewers gesê ná sy besoek aan die BRICS-beraad wat in China gehou is dat die Amerikaanse leierskap ongekunsteld is. Hoewel hy die aantal Amerikaanse diplomate in Rusland kan beperk, sal hy dit nie doen … Lees verder
Amerikaanse lugmag adverteer vir genetiese materiaal van wit Russe
Die Amerikaanse lugmag het amptelik geadverteer vir monsters van ribonukleïensuur (RNA) en sinoviale vloeistof van wit Russe, volgens ‘n amptelike regeringswebwerf. Die rede hiervoor is nog nie gespesifiseer nie, maar die belangstelling in wit Russiese DNA is opmerklik.
Die Lugmag … Lees verder
Poetin vermy NAVO-lugruim op pad na G20
Die vliegtuig van die Russiese president, Vladimir Poetin, het ‘n lang ompad na die G20-beraad in Hamburg, Duitsland, geneem. Dit het bykans 500 km ekstra gevlieg om te verhoed dat die president oor die oostelike flank van NAVO vlieg.
Poetin … Lees verder
Amerikaanse energie losgelaat: Trump se besoek aan Pole
Die Amerikaanse president Donald Trump hoop om Rusland se verhouding met Europese aardgaskliënte uit te daag, sodat die VSA die oorheersende verskaffer van vloeibare aardgas, oftewel VAG, na die EU kan word. Maar dis baie duurder om Amerikaanse gas te … Lees verder
Hoofstroom Amerikaanse media raak al hoe meer onnosel oor die ‘Kremlin’
Die Verenigde State is in groot gevaar om deur die Russies-Ortodokse Kerk oorgeneem te word, volgens die tydskrif Time. Ten minste, dit is wat die beeld van die Withuis wat met die ikoniese katedraal in Moskou verweef is, op die … Lees verder
Boris Johnson waarsku teen ‘Russe wat inmeng’ terwyl sy party stemme verloor
Die Britse minister van buitelandse sake, Boris Johnson hits kiesers aan teen Rusland met bewerings dat Russe waarskynlik sal inmeng in die komende Britse algemene verkiesing.
Hy het vrese uitgespreek dat die Russiese president die vertroue in “demokrasie” sal ondermyn.… Lees verder
Wêreldwye kuberaanval
Naastenby 100 lande is geraak deur ‘n massiewe kuberaanval
(heel moontlik die grootste nóg). Dit is gedoen met behulp van
programmatuur genaamd “Eternal Blue” wat deur die Amerikaanse Nasionale Sekuriteitsagentskap (NSA) ontwikkel is, maar laas maand uitgelek is deur ‘n … Lees verder
Is die VSA ISIS se nuwe lugmag?
Soos Arthur Conan Doyle eenkeer geskryf het: “Wanneer jy die onmoontlike uitskakel, is al wat oorbly, maak nie saak hoe onwaarskynlik nie, die waarheid.” Die beroemde Britse skrywer en geneesheer, is bekend vir sy speurderkarakter Sherlock Holmes.
Maar niemand het … Lees verder