Twee Rooi Miere gedood in uitsettingsgeweld

‘n Uitsettingsoperasie buite Pretoria het dodelik geëindig toe duisende plakkers slaags geraak het met Rooi Miere. Minstens twee is dood en ses ernstig beseer.

Plakkers uit Suurman, buite Hammanskraal, het busse aan die brand gesteek asook vragmotors, en paaie met … Lees verder

Munisipaliteit woedend dat EFF grondbesetting stook

Die Mantsopa-plaaslike munisipaliteit in die ooste van die Vrystaat het uitgevaar teen die Ekonomiese Vryheidsvegters, nadat hulle inwoners aangemoedig het om grond onwettig te beset.

Dit volg nadat sowat 300 onwettige grondbesetters Dinsdag in die Marikana-informele woonbuurt by Ladybrand verwyder … Lees verder

Geweld in Ladybrand nadat Rooi Miere toeslaan

Geweld het in Ladybrand uitgebreek in die Oos-Vrystaat.

Die Manyatseng-lokasie in Ladybrand is in rep en roer nadat honderde huise, wat volgens die munisipaliteit onwettig opgerig is, deur die Rooi Miere afgebreek is.

Inwoners het hulle teen die uitsettings verset. … Lees verder

EFF dring daarop aan om soos Rooi Miere te lyk

Die EFF se hoofsweep, Floyd Shivambu het verklaar dat die party hom nie aan klereddragbepalings gaan steur nie.

Die parlementêre komitee het ‘n kleredragkode vir parlementslede bespreek. Die meeste opposisiepartye, waaronder die DA en IVP, asook die ANC stem egter … Lees verder