Die groep van 36 Nederlandse toeriste wat kort ná hul aankoms by die Johannesburgse lughawe in hul toerbus gekaap en beroof is, het gister na hul land teruggekeer, waarskynlik ontnugter deur die wettelose toestande in Suid-Afrika. Met die internasionale publisiteit … Lees verder
Etiket: rooftog
Is R20 miljoen of R200 miljoen by die lughawe gesteel?
Dinsdag het gewapende mans geklee as polisiebeamptes meer as R20 miljoen in buitelandse valuta van die vraggebied gesteel. Sommige berigte sê dit is R200 miljoen. Teenstrydige berigte bestaan oor hoeveel geld presies geroof is en bewerings is nog onbevestig.
Die … Lees verder
Speelgoedpistool in rooftog op klerewinkel gebruik
‘n Speelgoed- en ‘n gaspistool is in ‘n rooftog by ‘n klerewinkel in Thaba Nchu buite Bloemfontein gebruik.
‘n Polisiewoordvoerder, Martin Xuma, sê drie mans het die winkel omstreeks 08:30 binnegestorm. Hulle het mense wat in die winkel was beveel … Lees verder
PAP-eters geskiet, beroof
Lede van die Pan-Afrika Parlement eis beter veiligheidmaatreëls nadat `n vroue-parlementslid van Senegal Donderdag geskiet is tydens ‘n rooftog by die OR Tambo-lughawe.
Sy is na haar aankoms op die lughawe in Kempton Park in die heup geskiet.
Volgens bronne … Lees verder
Plaasaanvallers by Memel vasgetrek
Vier swartes is in hegtenis geneem na ‘n mislukte plaasaanval op ‘n egpaar by Memel in die Vrystaat. Die Maritz-egpaar kon daarin slaag om hulself te bevry en het dadelik hulp ontbied. Hulle is ongedeerd.
Konst. Peter Kareli, woordvoerder van … Lees verder
Swart rowers steel 40 tablette by skool te Hammanskraal
Terwyl die Gautengse onderwysdepartement spog met sy loodsprojek om elektroniese tablette in skole te gebruik, het ses swart rowers reeds op een van die eerste skole met sulke tablette toegeslaan en 40 van hulle gesteel.
Die Steve Biko Secondary School … Lees verder
Jong vrou sterf in koeëlreën
‘n Jong wit vrou van Heidelberg het gesterf toe sy en haar verloofde hulle gisteraand omstreeks 21:00 in gewapende rowers vasgeloop het.
Die twee het haar aanstaande se werkplek besoek.
Chantelle Jacobs het gesterf en haar verloofde Marius Jansen van … Lees verder
Internasionale konsertpianis beroof, beseer
Die geroemde en begaafde Afrikanerpianis Ben Schoeman, wenner verskeie internasionale klavierkompetisies, moes van sy konserte afstel nadat sy regterhand beseer is toe hy beroof is.
Schoeman moes sy konserte wat in Februarie en Maart in Durban, Stellenbosch en Johannesburg gehou … Lees verder
Twee vas vir moord op oud-skoolhoof
Die polisie twee swartes in hegtenis geneem ná die moord van ‘n 71-jarige afgetrede skoolhoof, wat doodgeskiet is tydens ‘n rooftog by sy huis Zeerust oor die naweek, het Beeld berig.
Sollie Botha en sy vrou,… Lees verder
Guptas ontken rooftog
Die Gupta-familie het ontken dat daar ‘n rooftog by een van hul huise in Johannesburg was.
Die polisie het Donderdag gesê ‘n huishulp is Donderdag by ‘n huis van die Guptas in Houghton in hegtenis geneem, berig Eyewitness News.… Lees verder
Metropolisieman in rooftog geskiet
‘n Metropolisiebeampte is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hy deur rowers by ʼn winkelsentrum in Johannesburg geskiet is.
‘n Woordvoerder vir Johannesburg se metropolisie, Edna Mamonyane, het gesê die beampte en sy kollegas het gaan ondersoek instel … Lees verder
CDP geskok oor aanval op Portugese mediakontingent
“Ons is geskok en met afgryse vervul met die nuus dat ‘n Portugese mediaspan in hul vier ster gastehuis naby Fourways beroof is,” sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) en waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie … Lees verder
Man lieg oor rooftog
‘n Indiër en sy 18-jarige seun het op ‘n aanklag van meineed voor die hof verskyn nadat hulle gelieg het oor ‘n rooftog.
Raj Veerna, 40, en sy seun, Shanil, het Donderdag voor die landroshof in Oos-Londen verskyn.
“Hulle is … Lees verder
Berig op PRAAG ‘vals’ volgens Beeld
Die berig op praag.co.za dat Fifa se kommunikasiesentrum in Braamfontein, Johannesburg, beroof is, is volgens Beeld vals.
Delia Fischer, Fifa-woordvoerder in Suid-Afrika, het Sondag gesê die wêreldsokkerbeheerliggaam het geen sentrum in Braamfontein nie.
Volgens kapt. Bheki Mavundla, polisiewoordvoerder, is ’n … Lees verder