Phiyega geskors hangende ‘n ondersoek

President Jacob Zuma het aangekondig dat die Nasionale Polisiekommissaris, Riah Phiyega geskors is met volle vergoeding.

Haar skorsing is hangende ‘n raad van ondersoek wat haar geskiktheid om die pos te beklee sal bekyk.

‘n Aanbeveling van die Marikana Kommissie … Lees verder

Druk op Phiyega neem toe

Die Parlementêre portefeuljekomitee vir Polisie sê die Minister van Polisie, Nathi Nhleko, sal binne die volgende twee maande versoek word om verslag te doen oor hoe die aanbevelings van die Marikana-verslag ingestel sal word.

Die Marikana-verslag oor die skietery van … Lees verder

Zuma maak Marikana-verslag bekend

President Jacob Zuma het die verslag oor die gebeure van Augustus 2012 by Lonmin se Marikana-myn in ‘n regstreekse uitsending bekend gemaak.

Die Farlam Kommissie van Ondersoek het aanbeveel dat die geskiktheid van die polisiekommissaris, Riah Phiyega vir haar pos, … Lees verder

Phiyega moet getuig in heraanstellingsaak

Die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega sal na verwagting vandag in die Arbeidshof in Johannesburg getuig nadat die hof genader is om die fluitjieblaser, Kobus Roos te herontplooi.

Phiyega sal moet verduidelik waarom sy Roos nie in die misdaadintelligensie-eenheid wil aanstel … Lees verder

Dis nou volstoom vorentoe vir rassevoorkeure by SA Polisie, sê kommissaris

Die nasionale polisiekommissaris, Ria Phiyega, het haar vreugde uitgespreek oor die onlangse oorwinning in die hof oor die klaagster Renate Barnard en sê dat die hof die “noodsaak vir regstellende aksie” en rassevoorkeure bevestig het.

“Ons besef die belangrikheid van … Lees verder

Phiyega slaan politieke heksevure in Limpopo dood

Die liggaam van ‘n driejarige kind is gevind naby die onrusgeteisterde Rhelela buite Tzaneen in Limpopo. Die woedende gemeenskap het ‘n winkel aan die brand gesteek in Khubyana naby Rhelela.

‘n Plaaslike raadslid sê die kind se liggaam is gevind … Lees verder

Dwelmbendegevegte in die Wes-Kaap raak warm

Die dwelmbendegevegte in die Wes-Kaap raak warm. Genl. Riah Phiyega sal egter in haar pos as polisiehoof aanbly terwyl die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) klagte van regsverydeling teen haar ondersoek.

Die ondersoek spruit uit beweerde vriendskapsbande van lt.genl. Arno Lamoer, Wes-Kaapse … Lees verder

Mdluli nogmaals aangekla

Die Pretoriase hooggeregshof het Maandag ‘n besluit deur die NGV om kriminele klagte en dissiplinêre optrede teen misdaadintelligensiehoof Richard Mdluli terug te trek, ter syde gestel. Die hof het ook beslis dat die polisiekommisaris, Riah Phiyega stappe moet doen om … Lees verder

Misdaadintelligensiehoof steeds in sy pos

Waarnemende hoof van misdaadintelligensie Chris Ngcobo het nie sy pos verlaat nie, het die SAPD gesê.

“Hy is nog steeds in sy pos, hy het nie uit die posisie getree nie,” het ‘n woordvoerder lt.genl Solomon Makgale gesê.

City Press Lees verder

EFF betoog voor SAPD-hoofkantoor in Johannesburg

effprotesAgt lede van die EFF het ‘n kort betoging buite die Gauteng se SAPD-hoofkantoor in Johannesburg gehou.

Lede van die EFF se provinsiale opdragspan het struggle-liedjies gesing, insluitend “Siyaya” [Ons is op die pad vorentoe] en in ‘n sirkel Lees verder

Nuwe polisiekommissaris bedank paar uur na aanstelling

saps5Die nasionale polisiekommisaris, Riah Phiyega is skerp gekritiseer omdat sy nie die agtergrond van Bethuel Mondli Zuma nagegaan het voordat sy hom as provinsiale kommisaris van Gauteng aangestel het nie.

Phiyega moes sy aanstelling terugtrek ‘n paar uur nadat sy … Lees verder

Polisie het joernaliste ‘onwettig afgeluister’

Die polisie het ‘n ondersoek voltooi na misdaadintelligensiebeamptes wat aan die onwettige meeluistering van twee Sunday Times-joernaliste se telefone, asook die voormalige polisiehoof, Bheki Cele, deelgeneem het, berig die koerant.

DIe voormalige baasspioen in Kwazulu-Natal, maj.gen. Deena Moodley en die … Lees verder

Regering sal Marikana-slagting gedenk

Verskeie geleenthede om die Marikana-slagting te gedenk word beplan deur die regering, geaffekteerde gemeenskappe, mynmaatskappye en vakbonde, het die nasionale kommissaris van polisie Riah Phiyega gesê.

Ek vra dat ons ernstig bid vir die familie, Lees verder