Gordhan kondig minimumloon aan terwyl werkloosheid styg

Die Tesourie het sy steun gegee aan ‘n voorstel dat ‘n nasionale minimumsalaris op R3 500 rand per maand vasgestel word.

Suid-Afrika se werkloosheidsyfer het vir die derde kwartaal van 2016 geklim tot 27,1%, het Statistiek Suid-Afrika vroeër bekend gemaak, … Lees verder

ANC slaan Gordhan- en bankvure dood

Die ANC-vroueliga het die “skielike belangstelling” uit verskeie oorde bevraagteken om die minister van Finansies, Pravin Gordhan te beskerm.

“As jy ‘n lid van die ANC is en tot verantwoording geroep word, moet jy net gaan en rekenskap gee, soos … Lees verder

Reserwebank kap terug oor nasionalisering

Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago sê die bank vind dit moeilik om politieke risiko in die land te voorspel, maar het gewaarsku dat die nasionalisering van die Reserwebank baie ernstige gevolge vir die land sal hê.

Sy opmerking … Lees verder

Reserwebank hou repokoers maar haal skouers op oor Guptas

Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê die bank het nie die besluit van die handelsbanke om die maatskappy Oakbay Investments se bankrekenings te sluit beïnvloed nie.

Hy het dié opmerking gemaak tydens die aangekondiging dat die repokoers onveranderd … Lees verder

Rand vertoon stewiger na rentekoersverhoging

Die rand het dadelik stewigers vertoon toe die Reserwebank Donderdagmiddag rentekoerse verhoog het, maar verbruikers gaan sukkel met hoër skuldafbetalings.

Die Reserwebank het Donderdag die rentekoers met 50 basispunte verhoog nadat inflasie van 6,8 persent in die vooruitsig gestel is.… Lees verder

Rentekoersverhogings verwag

Die Reserwebank sal na verwagting vanmiddag ‘n verhoging in die rentekoers aankondig ná die bank se monetêre beleidskomitee-vergadering, het RSG berig.

Volgens ekonome sal die bank ook grootskaalse afwaartse aanpassings in die groei-beramings vir die Bruto Binnelandse Produk bekend maak. … Lees verder

Verhoging in repokoers ondeurdag sê ekonoom

Die Monetêre Beleidskomitee se besluit om die repokoers met ’n verdere 25 basispunte te verhoog was ondeurdag.
Dit is volgens ekonomiese ontleder en akademikus, André Mellet.

Mellet meen die aanpassing is vreemd in die lig daarvan dat die president van … Lees verder

BFLF-lede bestorm Madonsela se kantoor oor ‘gesteelde miljarde’

‘n Groep onder leiding van ‘n voormalige EFF-lid, wat bekendstaan as “Black First Land First” eis dat die Openbare Beskermer ‘n ondersoek bespoedig oor 26 miljard rand wat voor 1994 na bewering by die Reserwebank gesteel is.

Die groep het … Lees verder

Suid-Afrika verkoop meer as 13 ton goud aan Iran, oortree VN-sanksies

Volgens ‘n berig in die plaaslike Times-koerant, het Suid-Afrika meer as 13 ton goud aan Iran verkoop, iets wat op ‘n oortreding van VN-sanksies teen die land sou neerkom.

Die sentrale bank van Iran het verlede week aangekondig dat “‘n … Lees verder

Repokoers onveranderd maar Eskom bly kopseer

Die Reserwebank het besluit om die repo-koers onveranderd te laat op 5,75 persent.

Die Bank het egter sy kommer uitgespreek oor Eskom se versoek vir ‘n 25 persent tariefverhoging.

Die president van die bank, Lesetja Kganyago sê so ‘n skerp … Lees verder

Repokoers onveranderd maar inflasie wink

Alhoewel Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, gistermiddag in Pretoria aangekondig het dat die bank sy repokoers onveranderd laat op 5,75%, kan die daling in die waarde van die rand en `n waarskynlike opwaartse neiging in inflasie, die Reserwebank dwing … Lees verder

Aankondigings oor repokoers, PPI en brandstofprys verwag

Die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee sal vanmiddag sy besluit oor die repokoers bekend maak. Dit is die koers waarteen die Reserwebank geld aan handelsbanke uitleen. Die koers is tans op 5,75 persent.

Die meerderheid ekonome verwag dat die repokoers onveranderd … Lees verder

Reserwebank sal glo repokoers neutraal hou

Ekonome verwag dat die Reserwebank se Monitêre Beleidskomitee die repokoers onveranderd op 5,75 persent sal laat, het RSG berig.

Die komitee sal dit vanmiddag by sy eerste vergadering vir die jaar bekendmaak. Daar word oor ‘n wye front verwag dat … Lees verder

Reserwebank se swart uitnemendheid gevier

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank voorsien nie die risiko van ‘n verdere afgradering vir Afrika se mees ontwikkelde ekonomie nie het die nuwe Reserwebankgoewerneur Lesetja Kganyago gesê.

Kganyago het die stelling vroeër gemaak na aanleiding van die vrystelling van die bank se … Lees verder