Vyf vermeende renosterstropers aangekeer

Vyf vermeende renosterstropers het Maandag in die KwaMsane Landdroshof in Kwazulu-Natal verskyn waarna hulle op R5 000 borgtog elk vrygelaat is, het News24 berig.

Die vyf mans is 13 Junie in hegtenis geneem na ‘n wenk dat renosterstropers op pad … Lees verder

Twee stropers doodgeskiet

Twee renosterstropers is doodgeskiet en ses is in hegtenis geneem, het RSG berig.

SanParke sê in die eerste voorval het veldwagters van Krokodilbrug op drie vermeende renosterstropers afgekom.

Hulle is agterna gesit en twee is noodlottig gewond, terwyl die derde … Lees verder

Veertien stropers oor die naweek vas

Dit was ‘n slegte naweek vir stropers. Veertien renosterstropers is in hegtenis geneem in die Kruger Nasionale Park het sedert die begin van die naweek, het SANParke gesê.

SANParke het drie hoogs suksesvolle operasies Vrydagoggend geloods wat gelei het tot … Lees verder

Vermeende stroper gewond na skietery

Vyf vermeende renosterstropers is vasgevat na ‘n skietery tussen die stropers en polisie in die Phinda-wildreservaat by Hluhluwe in KwaZulu-Natal uitgebreek het.

‘n Polisiewoordvoerder, Thulani Zwane sê hulle het op ‘n wenk gereageer dat daar moontlik stropers in die reservaat … Lees verder

Twee vermeende stropers doodgeskiet in Kruger

Twee vermeende renosterstropers is Donderdag in die Krugerwildtuin (KNP) doodgeskiet.

Die twee het gesterf in ‘n skietery met wildbewaarders by Krokodilbrug het Sanparke luidens ‘n verklaring gesê.

Die wildbewaarders het glo Donderdagoggend die drie stropers in die park gewaar.

‘n … Lees verder

Twee renosters in Natal gestroop

rhinopoachersTwee renosterkoeie is doodgemaak en van hulle horings gestroop by die Tala-privaatwildreservaat naby Pietermaritzburg, het RSG berig.

Die jongste voorval bring die getal renosters wat tot dusver vanjaar in Kwazulu-Natal gestroop is, op 41 te staan.

In dieselfde tydperk verlede … Lees verder

Nog twee renosters in Noordwes gestroop

Die Noordwes Parke en Toerismeraad sê nog twee renosters is in die provinsie gestroop, wat die totaal vir die jaar op tien te staan bring, het RSG berig.

Dit volg nadat die Lehurutshe-landdroshof naby Zeerust, gister tien jaar tronkstraf aan … Lees verder

Witte wat renosterstroper skiet voor vir moord

‘n Wit man wat aangekla word van poging tot moord op ‘n vermeende wildstroper, sal Maandag in die landdroshof op Malelane in Mpumalanga verskyn.

Die 31-jarige Richard Hume, die seun van die renoster- en buffelteler, John Hume, is op borgtog … Lees verder

Renosterstropery neem kritieke afmetings aan

renoster2Die Noord-Kaap blyk ‘n veilige toevlugsoord vir renosters te wees.

Die omgewingskenner, Werner Boeing van Bloemfontein Natuurbewaring sê geen renosters is die afgelope jaar in die Noord-Kaap gestroop nie.

Hy waarsku egter dat boere op hul hoede moet wees. Daar … Lees verder

Renosterstroper in KZN gevang

renoster‘n Vermeende renosterstroper is Sondag in hegtenis geneem, het owerhede van die Ezemvelo, die KwaZulu-Natalse natuurbewaring, gesê.

“Twee skote is laatmiddag in die Hluhluwe-iMfolozi-park gehoor,” het Musa Mntambo, woordvoerder van natuurbewaring, Maandag in ‘n verklaring gesê.

Veldwagters is gestuur om … Lees verder

Vier renosterstropers doodgeskiet

rhinopatrollVier vermeende renosterstropers is die afgelope naweek in die Krugerwildtuin doodgeskiet, het ’n woordvoerder vir Sanparke, Ike Phaahla, Maandag gesê.

Veldwagters het Saterdag op ses vermeende stropers in die wildtuin afgekom en ’n skietgeveg het uitgebreek.

“Drie verdagtes is doodgeskiet … Lees verder