Minister ontken rol in horing-herrie

David Mahlobo, Suid-Afrika se minister van staatsveiligheid, het ontken dat hy betrokke is by onwettige renosterhoringhandel.

Mahlobo het intussen die kommissaris van polisie in Mpumalanga gevra om die “ongegronde en ­lasterlike” bewerings wat ‘n Al Jazeera dokumentêre rolprent gemaak het … Lees verder

Valke maak nie hond haaraf teen stropers nie

Die Valke in die Noord-Kaap se ondersoek na twee afsonderlike voorvalle waarin twee renosters onlangs op ‘n plaas naby Kimberley doodgeskiet is, het nog niks opgelewer nie.

‘n Witrenosterkoei se ontbinde karkas is gekry. Die koeikarkas wat op 7 April … Lees verder

Twee renosters in Noordwes doodgeskiet

Twee renosters is in die Mafikeng Private Natuurreservaat in Noordwes deur stropers doodgeskiet.

Die bestuurder van die reservaat, Louis Coetzee, sê die renosters is Woensdagoggend gekry.

Albei koeie se horings is ook verwyder. Coetzee sê ‘n .375-geweer is gebruik.

Hy … Lees verder

Twee renosterstropers, wildbewaarder doodgeskiet

Twee vermeende renosterstopers is deur bewaarders in die Nasionale Kruger-wildtuin doodgeskiet.

‘n Woordvoerder van die wildtuin sê toeriste het ‘n bewaarder daarop bedag gemaak dat ‘n man met ‘n swaar kaliber jaggeweer in die Napi-gebied naby Pretoriuskop rondloop.

Helikopters met … Lees verder

Boer van Brits oorleef bomaanval deur ‘genade’

Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord op ‘n familie van die Assen distrik naby Brits in Noordwes.

Die boer, Neels van Rensburg sê daar was ‘n bomaanval op sy huis, waarna wapens uit sy kluis gesteel is.… Lees verder

Duitsland genader na plaasmoordverdagtes borg kry

Boere van die Kalkrand-omgewing en die gemeenskap van Omamas in Namibië is woedend en geskok nadat die vyf swart verdagtes van die moord op die bejaarde Duitse burger, mnr. Reinhardt Schmidt, Vrydag borgtog van N$5 000 elk gekry het.

Die … Lees verder

Hakkejag lei daartoe dat stropers sit

Die mede-eienaar van ‘n wildplaas naby Bray by die Botswana-grens in Noordwes, het boere en hul werknemers, aook die polisie bedank wat vier vermeende renosterstropers vasgetrek het.

Tommie van Vuuren sê ‘n plaaswerker het twee weke gelede vier vreemde mans … Lees verder

Vrystaatse renosters deur hommeltuie beskerm

Terwyl plaasmoorde en -aanvalle voortwoed, kan renosters darem voortaan rustig slaap.

Die department van omgewingsake en natuurbewaring in die Vrystaat gaan die stryd teen renosterstropery met meer gevorderde tegnologie aanpak nadat ‘n toenemende getal renosters die afgelope maande aansienlik in … Lees verder

Twee renosters in Vrystaat geskiet

‘n Renostereienaar en talle helpers is warm op die spoor van drie stropers wat gisteraand twee renosters op die plaas Brakfontein tussen Wesselsbron en Bultfontein geskiet het.

Japie Pienaar sê die bul en koei is nie onthoring nie, maar wel … Lees verder

Harry se raadgewers skarrel om redes vir besoek op te dis

Prins Harry het dié week ’n hamburger as wegneemete by ’n eetplek op Mariental bestel.

Dit lyk asof sy Britse raadgewers skielik skarrel om redes vir sy besoek aan te dik, nadat hy in Namibië opgemerk is.

Sy toergroep het … Lees verder